Ek het hulle op fb gesien en 'n e-pos gestuur.
Hulle het vir my gesê hulle is in Klekrsoord Oos van Rosslyn.
Vat 'n kans vandag en ry deur soontoe.
Ontmoet toe die dame Leandi Cilliers, baie gawe mens. Gesels toe om 'n blink seil vir die Exclusive te maak, sy was beïndruk met wat ek wil hê. Het toe na hulle produkte gekyk en ontdek toe 'n materiaal wat dof blink is maar baie lig. Wag nou vir prys.
Dit wil voorkom of sy bereid is om te luister na wat haar kliënte wil hê.
Wil nog vir haar vra om…
Wil nog vir haar vra om aantesluit want sy sê hulle is ook kampers.
Ek het 'n advertensie blok…
Ek het 'n advertensie blok spesiaal vir hulle beskikbaar hier onder ![]()
Dankie Willem
Dankie vir die inligting Willem dis lekke om te hoor mense luister
All Out Gear - Silver seil
Ek was vandag weer daar by All Out Gear gewees om te kyk na die silver seil toets stukke wat in die son geplaas is. Nou weet ek nie of ek dit hier moet plaas en of ek dit op my "Wilsur se Exclusive se Silver Seil" draad moet plaas. Sal dit later op my draad plaas as ek besluit het wat ek gaan gebruik.
Sy het so 4 stukke in die son geplaas vir die toes. Die eerste een is die SA Shade produk wat my 2de keuse is. Die 2de een is die Rip-Stop een wat vir my te gewigtig is. Dan is daar die 3de een waarvan ek die meeste hou want hy is volgens my ligter as SA Shade se produk. Die laaste een is ook dun maar is baie blink en ek glo hy sal die meeste hitte verskil maak maar sl die eerste een wees wat gaan skilver.
Hier is die 4 toets stukke, die naaste een is SA Shade se produk, Dan is dit die Rip-Stop materiaal een, dan is dit die een waarvan ek hou wat ook die ligste een is, die laaste een is baie blink en ook dun maar ek glo hy sal bie gou begin skilver.

Hier is die eerste een met sy agterkant (dit is my 2de keuse tans)


Dan is dit die Rip-stop een.

Hier is die een wat volgens my die ligste is en volgens Leani ook heelwat goedkoper is.


All Out Gear
Dan is daar 'n verrassing wat eers Januarie 2019 die lig gaan sien, ek is baie opgewonde met wat gaan kom.
Deel 'n bietjie, Willem, of…
Deel 'n bietjie, Willem, of mag jy nie nou al sê nie?
of mag jy nie nou al sê nie?…
of mag jy nie nou al sê nie?
Ongelukkig mag ek dit nie nou uitlaat nie, ek was die eerste wat nie deel is van dit nie om 'n glimps van dit te sien.
Nou is ons almal vrek…
Nou is ons almal vrek nuuskurig, en ek gaan nou wag met die blink seil. Gelukkig is die bestaande een nog goed vir hele kaar kampe.
Willem werk jy vir All Out…
Willem werk jy vir All Out Gear?
Willem werk jy vir All Out…
Willem werk jy vir All Out Gear?
Wens ek het ![]()
Die silwerseile werk
Was so pas in die Kruger by Skukuza en dit was baie warm.
Die verskil in die temperatuur van die tentdak sonder die silwerseil was baie.
'n Interessante toepassing van die silwerseil was een persoon wat so een oor sy Pajero se dak getrek het wanneer hy dit parkeer het. Die opsit was maklik en vinnig.
Ek is nou opsoek na so 'n seil met vakuum proppe vir vassit teen die kante.
Die voertuie met relings op die dakke is geskik vir so 'n seil.
Die silwer seil maak beslis …
Die silwer seil maak beslis 'n groot verskil, en as dit reen terwyl jy moet op pak, bly alles droog, behalwe die grondseil.
Hierdie plek se naam is…
Hierdie plek se naam is darem baie naby aan Romeo Pretorius se besigheid wat onder andere ook silver seile verkoop..... kan verwarrend wees
Ja GG, maar toe sy die naam…
Ja GG, maar toe sy die naam gesoek het het sy nie eers van Romeo geweet nie, eers later het hy haar gekontak en glo gal afgegaan. Maar ja dit kan verwarrend wees.
Nou vang ek, GG, of Groot G,…
Nou vang ek, GG, of Groot G, kan dit dalk Groot Gees wees.
Jipppeeeee, ek is nie die enigste spook hier nie. 😱😱😱😱☺☺☺
Anton, wil jy nie asb. jou…
Anton, wil jy nie asb. jou terugvoering oor die blink seile ook hier gee nie, dan is ek nie die enigste een wat terugvoering doen nie.
Willem, ek sal eers moet wag…
Willem, ek sal eers moet wag vir my nuwe Silwer flysheet wat hulle gaan opsit. So een of 2 keer daarmee kamp, kyk na die kwalitiet van werkmanskap en of hulle werklik anbeveelbaar is ens. Dan sal ek kom terugvoering gee.
All Out Gear, ek hoop julle lees hier. Julle beter 'n goeie job doen met my tent ![]()





Dankie Willem. Dit is goed…
Dankie Willem. Dit is goed om te weet. Het jy 'n epos vir hulle?
reggekom - epos gekry