Forum Onderwerpe
Algemene Inligting
Resensies
In die.................
.............jaar toet (1983) toe ons nog Pretorianers was het ons ook met ons drie spruite gereeld by Scottburgh gekamp. Destyds was dit baie lekker, maar natuurlik, geensins geskik vir 'n gradering vandag nie.
Kan ons 'n bietjie terugvoer kry van mense wat onlangs daar gekamp het ?






Dit is ook al 4 jaar gelede…
Dit is ook al 4 jaar gelede wat ons hier gekamp het in 2014, en my vroulief probeer alewig my arm draai dat ons weer die pad aandurf see toe vir 'n langnaweek of week kamp by Scottburgh!
'n Lekker groot kampeer oord! Ons het natuurlik heel voor gestaan om so naby moontlik aan die see te wees, en die wind het ons lekker gepla, maar ons kon dit hanteer vir die 3 dae. As ek langer gaan kamp dan sal ek moontlik dit oorweeg om bietjie meer agtertoe te staan.
Ongelukkig is dit te lank terug om al die besonderhede van die park te onthou, maar ek kan onthou dat dit baie lekker was en ons weer wil teruggaan. Dalk is daar iemand anders wat meer onlangs hier gaan kamp opslaan het wat meer detail kan gee. Kyk gerus na my forum draad oor ons paar daggies, skakel bo aan.