Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jitte Wessel, November 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
Brandstof kersgeskenk ???? November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Skerp! November 2026 Rona du Plessis -12 hours ago
Tax free savings account November 2026 Geert -14 hours ago
Groot G... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Ja Geert, my broer hulle bly… November 2026 Groot G -1 day ago

Stout grappe

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Ek verwys na Dassie se draad op die ander forum.   Dit het my laat dink.

Ek en Dassie het "soort van" die stout grappie draad begin.   Dassie is bietjie afwesig sovêr die jaar maar ek pos nog gereeld my stout grappie.    As ek dit nie doen nie, word ek eintlik daaraan herinner.laugh

Ek wil dit graag duidelik stel dat ek nie stout grappe ken nie.   Ek is nie baie goed met grappe onthou nie.   My stout grappies gaan soek ek op Mrs Google.   Daar kom sekeres op wat ek nie sal droom om hier te plaas nie.   Ek probeer dus altyd om 'n stout grappie te kies wat aanvaarbaar behoort te wees en ek voel (redelik) vrymoedig om dit te plaas.   Maar wat vir een ou aanvaarbaar is, is dalk nie vir 'n ander nie.   Dit is ook makliker om so 'n grappie hier te vertel, teenoor wanneer jy dit fisies moet doen tussen 'n groep mense (soos Len tereg aanhaal op daardie draad).

Gelukkig plaas nog mense stout grappies op die draad maar die groot verskil is, ek is 'n vroumens.  Ons word mos makliker "ge-brand" oor sulke dinge as mans.    Ek wil beslis nie oorkom as "platvloers of goedkoop" nie want dit is nie wat ek is nie.   

Ek sal nogal daarvan hou om ander se eerlike opinies hieroor te hoor.   Al is dit op die anonieme skakel.wink

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 28/09/2018 - 14:59

Koos is in Texas USA, nou weet julle mos in Texas is alles in die oortreffende trap, as iets groot is is dit daar MOEWIES GROOT.

So stap Koos daar by die local Hyper in, die ding beslaan so 12 rugby velde, daar verkoop hulle van motors tot rot gif, TLB's en Cat's.

Kry hy die bestuurder en vertel hom hy soek werk as verkoopsman, bestuurder kyk hom so vra hom nou waar kom hy vandaan wtse ondervinding het hy. Koos reken nee wat hy het in boksburg by die Friendly Grocer gewerk. Lang storie kort bestuurder sit hom toe op 'n proef tyd. 

Hy sit doer bo in sy kantoor waar hy oor die hele winkel kan kyk, siet hy toe die man met sy cowboy hoed en boots, Koos stap nader en hul begin praat. Die bestuurder hou nou fyn dop, sien hulle stap na die "fishing Tackle" toe, rukkie later na die bote toe, en van daar na die woonwaens en kamp toerusting.

Die man is so paar uur later daar uit met 'n USD 1.5mil rekening.

Bestuurder is baie opgewonde vra toe hoe kry hy so groot sale uit vistokke uit.

Verduidelik Koos; die man het nog nooit vis gevang nie so ek verkoop toe aan hom die volle toerusting. Vertel hom toe hy moet nie van die kant af vang nie, maar gebruik jou groot kragboot en gaan vang daar diep. Die man het nie 'n boot nie, so ek verkoop toe maar aan hom 'n boot.

Vertel hom toe hy moenie dink hy gaan sommer in een dag visvang nie hy moet ten minste so twee dae gaan neem jou woonwa en kamp daar. Die man het niks kamp toerusting nie.

Verkoop toe maar aan hom so 16m woonwa plus alle nodige kamp goed.

toe hulle buite kom met die boot die woonwa en alles sien Koos die ou ry so 15 maande oie Chrysler, nee man jy kan nie die mooi goed met daai stokou motor sleep nie, verkoop toe aan hom 'n 4x4 Dodge RAM bakkie.

Bliksem se die manager en dit alles begin met 'n vistok, vra Koos wat meen jy visstok? die ou het 'n pakkie tampons gesoek vir sy vrou, toe stel ek voor aangesien sy naweek tog nou gespoil is hoekom gaan vang hy nie maar vis nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus