Ek kan onthou wat my eerste LP was wat ek besit het. Om die waarheid te sê ek het dit nog steeds.
Met die dat daar nou so lekker oor die 80's se musiek gesels word op die ander draad het gaan krap in my versameling en kom toe agter dat ek die hele reeks tot en met #60 het.
Dit is nou wel nie almal die oorspronklike kunstenaars nie.
Hier is n foto van my eerste LP...

Ek dink daar is nog 'n paar…
Ek dink daar is nog 'n paar van hulle tuis. Het nog 'n klompie van ander ook. Kan dit speel op my platespeler wat ek aan die rekenaar kan koppel
Lekke memories
Funny face i need you wow Deon klomp puik songs die plate was n era in my lewe vol memories![]()
Musiek het mos die vermoë om…
Musiek het mos die vermoë om jou terug te neem na die tyd toe jy nog jonk was. Ek sit van dag lekker en krap in my versameling van musiek . van die liedjies wat ek kan onthou waarna my suster hulle geluister het tot dit waarmee ons die "GARAGE PARTIES" laat lewe het.
Die een lietjie wat jou daai meise van lank terug se naam weer laat onthou....
Sien nou op die cover van …
Sien nou op die cover van #30.... R1.99 Dit was in 1976....
David Grasham
Ek wonder of David Grasham nog lewe hy het mos baie musiek op plate gesit waar Deon daar is nou maar net n song of twee as jy hom hoor dan is of daar b fliek voor jou afspeel
Ek kan nie onthou watter was…
Ek kan nie onthou watter was my eerste een nie. Maar ek het drie gehad wat ek aanmekaar gespeel het. Van Elvis Presley, die Beatles en Connie Frances. Ek dink amper Elvis s'n was die eerste.
Ai Antie, ek was [is] ook 'n…
Ai Antie, ek was [is] ook 'n groot connie Francis fan.
Ek het ook 'n paar honderd LPs en dan baie 7 singles, ook nog 'n hele klomp 45's
Nog in puik toestand en toe ons begin toer die hele spul vir my seun gegee, saam met my B & O [Bang & Oelofson] Hi Fi stereo set, kompleet met sy speakers en klank versterker.
Soos Stoffel het ek ook koneksies gekry om die plate speler deur 'n rekenaar te speel, ook 'n program wat die plate 'skoonmaak" van enige krapies of ander steurings. Het destyds begin om al daai 'vinyls" op CD te sit, my seun sou aangaan daarmee.
Ai dit was darem top klas musiek daai tyd!?
Oud..... Dalk ja.. maar…
Oud..... Dalk ja.. maar het tog sulke goeie musiek gehad dat dit vandag nog treffers is...
Raai raai.... jy gaan ook daar kom...![]()
My eerste
Segekok ek kan onthou soos gister toe ek my eerste lang speel plate gekoop het .Daai jare was ek nog "Appie" en het R13.85 n week verdien .Met my eerste pay cheque het ek Boland ghitare van Jan Brits en Chris Oberholster gekoop en oom Jansie se trap orrel . Het ook n baie van daai ou Springbok Lp 's gekoop die geld was te min om die oorspronklike kunstenaars te koop maar moet se van daai Springbok se session sangers het hulle self goed gekwyt van hul taak . Nou sit ek hier met n sak vol Kasset Tapes en nerens is daar n kasset speler nie . Ek reken een van die dae is die CD spelers ook iets van die verlede jy kan nou musiek in mp3/4 formaat op n stokkie sit en sommer n dag se musiek op hulle laai . Wie onthou nog daai ou 8 track kassette ? Die goed was so groot daar was nie plek in die "cubby hole " vir jou sigarette nie lol. Ai goeie ou tye
Dassie ons het een van…
Dassie ons het een van daardie 8 track tapes in die kar gehad. Later n "Adaptor" gekry om 4 track tapes deur hom te kon speel.
My eerste kar, n "VOLLA 1953" was 6v en moes ek n contrapsie kry wat die krag na 12v toe moes vat vir die radio en die tape..
Ek onthou daai adaptors
Segekok ek onthou van daai adaptors wat jy die 4 track in die 8 track indruk . Ja die ou Volla's wat net 6V was met hulle flou hoof ligte en battery onder die agter sitplek . So baie van hulle het gebrand as gevolg van die agter sitplek se springs het op die pole beland as n dik ou op die sit plek gesit het .lol . Of daai befame petrol pypie wat uit die carburettor gekom het en petrol oor die distibutor gespuit het .Shame het eendag reg op die Marine Parade ons main straat op die strand gesien hoe n man se Kombi lekker uit brand asgevolg van daai petrol pypie
Saam met daai Adaptor vir…
Saam met daai Adaptor vir die tapes het jy natuurlik ook n BIG PEN saam gery om die tape weer terug te rol ![]()
Segekok LMGA
Jinne ja ek het skoon van daai Bic pen storie vergeet jy moes gedurig die "tape" opwen
Daai 8 track tapes
My oorlede pa baie van daai 8 trucks gehad n lied wat hy baie oor en oor en oor gespeel het was die groep The kings - Lolla ja memories
Luister
Toe ek nog nasionale diensplig gedoen het het ek altyd n geleenthied saam met n ou wat net 1 tape gehad het Simon en Gafoefel jinne mense om al die pad van Voortrekker Hoogte tot in Durban na hulle te luister en dan nog weer die terug tog was rerig nie iets om na uit te sien nie







Ek het ook 'n klomp van daai…
Ek het ook 'n klomp van daai Springbok plate gehad, van No.1 tot ek weet nie waar nie. Het hulle amper deur gespeel.