6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verblyfplanne Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -45 minutes ago
URC Springbok rugby Geert -1 hour ago
Sabie River Café Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Thumbs up Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -3 hours ago
Skinder??? Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -4 hours ago
Wessel daar was 'n paar… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago

To drop or not to drop??

Submitted by Frikadel on
Forums

Goeie more almal,

Ek het toe Saterdag daai beautiful ou lady gaan haal, die Rapier lyk pragtig!!

Net een vragie, haar neus loop bietjie hoog agter die Hilux, hy sak bitter min met haar vettie lyf.

Moet ek n drop plate opsit of nie, die meeste van die karavaan se gewigtige toebehore is aan die voorkant, soos die groot tent ens.

Ek is nie regtig gek oor n drop plate nie, maar ek is bang dat die effe neus in die lug tannie die hantering gaan beinvloed.

As ek se hoog, dis darem nie te hoog nie, wa loop egter nie gelyk nie.

Raad sal waardeer word deur die bekwame slepers hier

Waar my wa staan

Arie

Mon, 18/06/2018 - 10:29

As jy nou regtig 'n ordentlike drop plate soek, gaan na jou naaste Ford handelaar.

Terloops, lees ek vroer dat die Ranger blykbaar volgende jaar met 'n Toykie motor uitkom, om die windveers aan te dryf?

0
Pretoria

Slowstrike

Mon, 18/06/2018 - 11:10

Frik 

Moes een op die Mazda sit en dit was die goedkoopste by Midas sou jy nog nie een gekoop het nie. Hulle het al die verskillende lengtes en is 15mm duk of is dit dik ???

Groetnis

0

Kannie glo dat ek daai Lux se gat so moet ontsier met n dropplate nie, maar nou ja, sal seker maar die plunge moet vat.

dankie vir al die raad hierbo manne, dink ek sal maar Slowstrike se raad volg en by Midas gaan aanklop.

Hoop net hy is dik genoeg dat hy nie buig met daai wegtrek slag of as ek voet gooi om verby n Ford te kom nie.

Wat is die ooreenkoms tussen n Ford en pantie.........albei is in die pad as jy haastig is.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 18/06/2018 - 13:02

Ek kan nou nie onthou nie, maar dink ek het iewers gelees, mens moet ook die regte boute en moere gebrui so mens ekstras bysit. Iets soos tensile?

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 18/06/2018 - 13:07

Oom Frik, ek praat nou heeltemal onder korreksie hier en in my oe is `n dropplate, n dropplate.

Ek verbeel my ek het lank terug drade gelees van waarborge en weet nie wat nog als, dat jou vervaardiger dit doen ensovoorts.

Miskien kan iemand wat meer weet vertel, ek is baie onseker oor bogenoemde stellings.

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 18/06/2018 - 14:31

Die versekering stories raak nou erg, in my opinie is 'n drop plate wat SABS goedgekeur is heeltemaal sinvol.

Meeste 4x4 en "High Rider" bakies het een nodig, hulle towbars sit hopeloos te hoog vir 'n pad karavaan? Hoe gaan jy 'n towbar aan jou voertuig sit wat reg is vir 'n boswa en 'n pad wa??

Pajero kom uit met 'n towbar en 'n drop plate, ses gate dan kan jy die bal op die hoogte sit wat jou wa pas, wat se assuransie hiervan?

0
Irene

Grootwind

Mon, 18/06/2018 - 20:08

Arie, dink nie jy sal 'n drop plate kry met 'n SABS goedkeuring nie! Die probleem kom in by die SABS toetse op die sleepstang (wat verpligtend is deesdae vir alle sleepstange). Meeste word sonder drop plate getoets en as sulks aanvaar, die byvoeg van 'n drop plate maak daardie aanvaarding "null and void" (tensy 'n spesifieke stang wel met drop plate aanvaar was). My Ranger se sleepstang is sterk genoeg om te ploeg (natuurlik ja want dis 'n Ford!) en ek moes vir my Fleetline (nog met 13 duim wiele) 'n 6-gat ene opsit maar ek "drop" die sleepbal net met een stel gate, geen manier wat daai sleepstang iets sal oorkom agv ekstra hefboom kragte nie. Ek het my drop plate by die Camp World winkel in Lynnwood weg Tshwanetoria gekoop, hy si deur Trapezium gemaak en lekker dik, gebruik hom nou al 3 jaar en hy buig glad nie, selfs as ek perde treiler sleep. Wat die versekering sal doen as iets gebeur? Ek dink nie hulle kan veel doen tensy hulle kan bewys dat die drop plate die primere oorsaak van die insident was....sterkte aan hulle...

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 07:22

Oom Gootwind, ja jy is reg sal nie SABS merk kry nie, ek het nie mooi gedink nie, maar ja ek kan ook glad nie sien dat die versekering kan moeilikheid maak nie.

Net soos die storie dat jou wa deur die kundiges moet gediens word, solank jou wa padveerdig is moet hulle maar betaal.

0

Ek kan ook nie dink dat n goeie sterk drop plate jou assuransie gaan beinvloed nie. Daar is tog duisende bakkies daar buite wat sleep met n dropplate.

Nou die ander ding is, daai pad karavane is baie lag, dit voel vir my of die ketting amper op die grond gaan sleep as jy hom drop, iets waaraan ek nog gewoond moet raak.

Dit is soos tannie Poppie se plat BMW, ek voel nie lekker as my agterstewe amper op die grond is nie.

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 11:52

Oom Vleisbelletjies, snaaks ek het nog nooit my Jurgens hoor lag nie, dalk maar net die ouderdom wat my doof maak?

As jy reken jou wa lag, kan ek mos nie stry nie, lag dalk net omdat sy opgewonde is om te gaan kamp?

0
Waar my wa staan

Arie

Tue, 19/06/2018 - 11:55

Frik, jy praat so van agterstewe amper op die grond, my dogtertjie [seker ook nie meer dogtertjie nie sy is al oor die veertig!] was altyd so kort enetjie. Eers begin so bietjie rek toe sy so 14 was, ek het haar altyd stofpoepie genoem. Sy wou weet waar kom ek aan daai naam, verduidelik toe, haar boude is so naby aan die grond as sy poep sien jy net stof trek.

Sy is darem nog baie lief vir my..................seg sy???

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus