Lyk vir my wyle Dries Botha se Rugby Forum dreig ook om maar 'n stille dood te sterf.
Wat sê julle van die stryd tussen die Sharks en die Lions ? Ek dink dit was 'n opwindende wedstyd waar die Lions halftyd ver voor geloop het en toe tog die wedstryd verloor het. Ook interessant was Elton Jantjies se speel- en skopspel heeltemal anders as met die Springboktrui nou die dag oor sy kop.
Nouja.......................
Nouja, nog steeds min rugby kommentaar op die forum.
Ek het pas na die wedstryd tussen die Bulle en die Jaguares gekyk en was aangenaam verras met die Bulle se spel. Dis teen 'n geweldige tempo gespeel en wat my opgeval het was die talle dodelike laagvatte van die Bulls. Ek dink die Bulle het verdien om te wen. (Ek het in Blou-Bul wêreld grootgeword en ook daar begin werk, maar is die afgelope 34 jaar nie meer daar woonagtig nie - amper langer buite Pretoria as daarbinne).
Op die oomblik speel die Stormers teen die Sharks en loop darem reeds gerieflik voor.
Die Bulle het gister vir die…
Die Bulle het gister vir die Lions 'n reuse guns bewys deur die Jaguars te wen. Die Lions is tans b0-aan die SA ranglys met 41 punte, die Jaguars staan op 38. As die Jaguars gewen het, sou die Lions afgesak het na 2de plek. Volgende week moet een van twee dinge vir die Lions gebeur, om bo te bly. Hulle moet die Bulle wen of die Jaguars moet weer verloor teen die Sharks. Ek dink die Jaguars se kanse is goed om die Sharks te wen, so ek hoop die Bulle doen my span weer 'n guns.![]()
Ek het gister nie rugby gekyk nie, eerder Wimbledon tennis gekyk.





Rugby
Ja, Len, ek dink Dries is seker bietjie teleurgesteld in ons, maar aan die ander kant, as mense nie veel belangstel in rugby nie, dan kan jy hulle seker nie kwalik neem nie. Ek het nou al aanvaar dit is hoe dit werk. Maar dit is lekker om vanoggend op 'n rugby draad te kan antwoord.
Ek was bitter kwaad vir die Lions gister!! Hulle het die wedstryd in die sakkie gehad maar toe raak hulle mos gierig. In plaas daarvan om pale toe te gaan met 'n hele paar strafskoppe, vat hul eerder lynstane of skrums om te probeer drieë druk. Dit het tot niks gelei nie, terwyl die skoppe pale toe 9 - 12 punte vir hulle kon gee. Maar hulle wou natuurlik kyk of hulle 3 drieë meer as die Sharks kon druk vir 'n ekstra bonuspunt. Dit is mos belangriker om die 4 punte te kry vir 'n wen. En ongelukkig vir hulle, speel die Sharks toe baie beter in die laaste 20 minute.
Akker was mos by die Lions, maar as haker kon hy nie genoeg kans kry met Marx daar nie en is toe Sharks toe. Hy ken die Lions se patroon en het die Sharks toe met tye baie goed geweet hoe om die Lions te stop. Ek dink hy het 'n baie groot aandeel gehad dat hulle gewen het en verdien ook dat hy man van die wedstryd was.
Whiteley het verkeerde besluite geneem en as jy nie wil hoor nie, moet jy voel!