ATKV Natalia

Algemene inligting

Resensies

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 05/11/2018 - 13:17

Van dat jy inkom by hek tot booking gedoen het net n plesier , puik badkamers lekke put put baan vir oud en jonk, swembad , springmat vir kinders kafee gestok , restaurant ook nie sleg nie lekke staanplekke onder en terras staanplekke bo met meeste see uitsig gunsteling staanplekke vir die mollers van secunda is almal by terras 100 102 121 122 114 kyk maar uit virrie apies moenie hulle voer nie daar is winkels nie te ver van Natalia af nie. Security puik baie mooi skoon strand met lewens redders aan diens Ook lekke braai area by swembad waar pa en gesin kan braai my rating 7  / 10 In kort puik gesin oord

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
7 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Staanplekke?
Plaveisel met skadu
Swembaddens?
Koue Swembad
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 18/11/2018 - 21:13

Dassie
Ons goeie vriend Dassie het kom groet.

Net soos Shaun noem, die plek laat jou tuis voel van bespreking tot jy daar weg ry.

Die oord is geleë te Winkelspruit in Natal en die toegangs pad is teer, met sekuriteit by die ingang, wat jou bespreking nagaan. 

Staanplekke is in twee tereine op gedeel, die onderste teras is beskit teen wind, maar het nie 'n see uitsig nie. Die boonste teras het meeste plekke 'n baie mooi see uitsig, maar kry ook meer wind, so ons het van meet af vooorsorg getref.

Jy moet oor 'n treinbrug gaan om die strand te kan gaan geniet, maar ons het dit nie as 'n probleem ervaar nie.

Sekuritet in die oord is puik, patrollies word snags gedoen. As jy strand toe gaan, moet jy verby 'n wag gaan wat vir jou 'n "pas" gee, wat weer ingehandig moet word by terkoms. 

Daar is heelwat vermaak vir oud en jonk, swembad, put-put, gemeenskaplike braai area restourant (met wegneem etes), kroeg ens ens.

Dit is ook een van min  oorde wat by die staanplekke voorsiening het vir gryswater dreinering. ('n 110mm drein met deksel)

Natalia
Pragtige uitsig.
Adriaantjie
Oupa leer vir Adriaantjie om 'n vlier te vlieg.

 

Beveel jy hierdie plek aan?
Ja
My Gradering
8 uit 10
Toegangbaarheid
Maklik met enige Sleepkombinasie
Troeteldiere vriendelik
Nee
Elektrisieteit by staanplekke?
Ja
Water by staanplekke?
Ja drinkbaar
Staanplekke?
Plaveisel met skadu
Swembaddens?
Swembaddens en See
Winkel?
Winkel restaurant en kroeg
Vir kinders?
Baie fasiliteite
0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus