6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hennie Botha Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -3 hours ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -5 hours ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -11 hours ago

Ons nuwe tent.

Waar my wa staan
Submitted by Arie on

Soos baie seker al weet, ons is nou in ons 7 de jaar van voltyds kamp.

Mens het maar jou up en downs, gelukig darem voorsiening gemaak toe ons begin met die storie.

Het maar eenkant geldjie bele vir goed wat ek weet sal opduik;

Geldjie vir nuwe meubels, het van al ons meubels ontsae geraak toe ons die blyplek verhuur.

Voorsiening om ten minste een keer die karavaan te vervang.

Voorsiening om ten minste een keer die sleepvoertuig te vervang.

Voorsiening om so elke ses jaar tent te vervang.

Dit is nou die groot goete, maar so bietjie geldjie opsy gesit vir onvoorsiene breeke en ander skade.

Ons tent het darem so amper 7 jaar gehou, maar moet nou dringend vervang word.

November laasjaar tent by Campworld Pta bestel, sommer so ekstra extension voor vir bietjie groter stoep, ek is mos lief om met my pyp en Rum oppie stoep te sit?

R15000 dep [50%] en belofte tent sal hier wees einde Februarie 2018, almal happe en vol smiles.

Na hoeveel oproepe dreigemente en wat nog is my tent toe nou hier. Parkeer die Penta by Shammah, sit niks op nie - ons gaan mos nuwe tent opsit. die ou tent bemaak aan die wit plakkers kamp by Bon Accord.

Ry gister Pta toe, moet so bietjie anner besigheid ook doen en weer bietjie by klein kinders kuier, bel Camp world se ek sal 10 vm vandag daar wees hulle moet tent opsit ek wil sien.

Kom vanoggend daar, hulle haal sakke uit, slaan tent op, lyk pragtag, vra nou waar is extension dan, nee daar is hy innie sak! Se nee sit ook op, maar nou moet hulle eers 'n Exclusive wegstoot.

Nooi ons om koffie te drink terwyl hulle gou opsit, klaar koffie, gaan kyk die extension is 'n heel ander skakering grys as die hooftent.

Daar verloor die kaaskop toe nou sy sin vir humor!!

Einde van storie, ek vat net hooftent, betaal nie vir extension en beding nog R3500 afslag anders gaan ons maar hof toe.

Nou ja nog steeds nie lekker groot stoep, maar darem so R3500 waarmee ek Petra so bietjie kan bederf. Ek dink aan 'n lekker "Free Flow uitlaat pyp op die Pajero, so V^ klink darem mooi met so oop pyp, en ek glo Petra sal baie in haar skik wees met die geskenk.

More vroeg terug Shammah toe sodat Petra kan kamp opsit terwyl ek die omgewing verken.

Vaalpark

Johann L

Fri, 03/08/2018 - 16:11

Nou waar was die manne se verstand toe hulle die extention gemaak het😈

Terwyl Petra tent op slaan, gaan jy seker die oupajero'tjie se nuwe free fliw uit toets😅

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 03/08/2018 - 19:47

Ai, Arie, kan jy dit nou glo?   Die mense het jou regtig stief behandel.    Ek is seker jy sou eerder die groter stoep wou hê as R3500 in jou sak.   Ja, ek haal ook my hoed vir jou af dat jy net jou sin vir humor verloor het.   Ek hoop jy het so paar vloekwoorde ook ingekry.

Ag, miskien is dit maar beter dat jy nie 'n groter stoep het nie.  Jou stoep was al dikwels 'n plek van verleiding.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/08/2018 - 07:56

Ja jong, gelukkig sukkel ons oumense nie met tentopslaan nie !

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/08/2018 - 08:04

Hoekom sal 'n mens nou pilletjies drink om 'n tent op te slaan, jy het mos 'n vrou wat die nodige kan doen ? Kyk nou vir Arie, hy wag dat sy vrou sy tent opslaan !

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 04/08/2018 - 08:08

Ek vermoed ons moet hierdie gesprek nou staak !

Ek stem saam Len.   Terug by die oorspronklike onderwerp.   Wat 'n teleurstelling vir Arie en Petra na die maande, amper jare van wag en  beplanning, en toe kan die ding nie opgeslaan word nie wink

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 04/08/2018 - 12:52

As julle besig was om te praat oor wat ek dink julle oor praat, wil ek net sê, dit is die eerste keer wat ek hoor dit word "kamp opslaan" genoem.   Waar kom dit vandaan?   Please explain, voor julle die gesprek staak.laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 04/08/2018 - 13:26

Gesie, oor na jou  -  jy het die ding begin !

Net 'n regstelling  -  daar is 'n verskil tussen "tentopslaan" en "kampopslaan".  Laasgenoemde is baie groot werk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus