Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Strand verkeer.... Onrus woonwapark Wessel Strydom -3 hours ago
Ablusie blok Onrus woonwapark Goeie Hout -3 hours ago
Personeel ingesteldheid.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Slep Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Pryse Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago
Onrus Onrus woonwapark Goeie Hout -4 hours ago

Welkom Naas

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Hallo Naas.  Baie welkom by kampforum! smileyyes   Ek hoop jy gaan lekker saam kuier en gesels!

Nou wat is die kanse dat jou van Botha is? laugh

Bellville

Naas

Sat, 11/08/2018 - 09:16

Nie naastenby nie. Ek het al in standerd nege ophou skop alhoewel my ma volhou dat ek al voor geboorte begin oefen het. Dit is voorwaar lekker om hier deur julle gange te dwaal. 

Ek het in 'n jonger vorm die wereld vol gekamp. Ongelukkig laat die onderstel nie meer baie beweging toe nie.

0
Millmerran, AUS.
Profile picture for user Meraai vannie Baai

Meraai vannie Baai

Sat, 11/08/2018 - 09:30

Warm welkom Naas. Mag ek maar verklik dat jy gebore is op jou verjaardag en met 'n goue pen in jou hande? Die Afrikaanse forum se eie Langenhoven! Lig my hoed en knak die knieg.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 11/08/2018 - 11:42

in 'n jonger vorm die wereld vol gekamp. Ongelukkig laat die onderstel nie meer baie beweging toe nie

Dan wil ek jou graag voorstel aan Frans Pretorius, een van die hoekstene van kampforum, maar kamp ook glad nie meer nie - hy kuier net saam.  Ek weet nou net nie of dit oom Frans se onderstel, middel stel of bo stel is wat nie meer lekker wil werk nie laugh

0
Bellville

Naas

Sat, 11/08/2018 - 11:58

Dankie vir die welkom. As skrywer sien ek veral uit na 'n paar lekker kampstories.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 11/08/2018 - 12:03

Wel Naas in daardie geval  laugh  ...  moet ek jou voorstel aan ons grootste storie verteller hier op kampforum en ook minister van vroue sake, Arie Mooiman   -  ek weet net nie waar hy is vandag nie?  Seker besig om die natuur te bewonder laugh

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 11/08/2018 - 12:11

Baie welkom hier Naas, geniet die gesels hier saam met ons.

Na sal Len ook beter voel nou dat die Wes Kaap nog 'n lid by gekry het.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 11/08/2018 - 14:15

'n Langenhoven in ons midde!    Ek kan nie wag om te sien wat alles uit jou "pen" gaan kom nie.

Ons hou van stories op Kampforum.   Soms kan dit bietjie gewaagd raak maar ons klompie is nogal oopkop en geniet alles wat na ons kant toe gegooi word.

Soos Langenhoven self gesê het:   Ons maak die beste van 'n goeie ding maar nooit die slegste van 'n slegte ding nie.yes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus