Forums
Wie gooi hulle vorige aand se braaivleis weg en weier om oorskiet kos te eet.
Oorskiet braaivleis
Ideaal, veral rib, maak lekker groen boontjie bredie. Daai hele bredie kry so braaivleis smaak. Begin vroeg in swartpot en laat stadig prut heeldag en nuttig aandete. Hmmmmm
Boontjiebredie
Ek het eergisteraand 'n boontjiebredie in die swartpot op die kole gemaak - wel nie met oorskietrib nie, maar met bees-potjievleis. Dit was darem self liplek-lekker.
Daai oorskiet vleis mmm
Ek maak krimelpap / stywepap braai twee uie sny vleis op braai saam uie dan meng ek die hulle spul in pap pot gooi 4 rou eiers bo op maak deksel toe prit vir 20 min haal af en eet soos n koning





Hier by ons is daar min…
Hier by ons is daar min oorskiet en meestal waneer mense kom kuier en aanbied om vleis te bring. Ek en ouma sal 4 tjoppe braai vir ons, of ñ tjop en n stukkie wors. Steak braai, bly daar somtyds oor, dan sny ek dun repies en chilly dit so effe in ñ pan. Sit voor met my brekfis omelet, neef kán n omelet maak... lyk soos ñ souffle, so duk sagte ene. Roast chicken leftover word mayo sarmies. Leftover wors en skaaprib verdwyn sommer vanself.