Wie gooi hulle vorige aand se braaivleis weg en weier om oorskiet kos te eet.
Shaun, nou hoe het ek die…
Shaun, nou hoe het ek die een gemis😃
Dit lyk my, dit is algemene praktyk om daai so genaamde oorskiet kos vir ontbyt in 'n baie lekker dis om te sit. Ons braai ook uie in die paella pan, dan word die vleis en wors stukkies gesny en saam met bietjie blatjang of enige sous gebraai.
Ons gebruik ook die oorskiet…
Ons gebruik ook die oorskiet vleis en sny in klein stukkies. Meng dit ook met eiers en maak so lekker "scramble" dis vir die oggend.
Ons gebruik ook die oorskiet…
Ons gebruik ook die oorskiet vleis en sny in klein stukkies. Meng dit ook met eiers en maak so lekker "scramble" dis vir die oggend.
Ons doen dit ook gewoonlik net soos Hennie
Johann ek het vergeet
Soos julle se daai oorskiet braaivleis is n wenner die volgende dag ek het vergeet om te se ek gooi so vier rou eiers ook bo oor die gedoende kyk hy loop soos stroop
Ai hoe lus is ek nou vir…
Ai hoe lus is ek nou vir gisteraand se oorskiet braaibroodjies - die probleem is net dat ons nie gisteraand gebraai het nie! ![]()
As dit lekker skaap…
As dit lekker skaap ribbetjies is, staan ek voor almal op en terwyl hulle lekker drome droom dan swiep ek daai ribbes, finish dit en gooi die bewysstukke in my buurman se asblik.
Frikadel, jy klink soos my…
Frikadel, jy klink soos my skoonseun wat nie vleis kan uitlos nie. Hy is soos die groen mannetjie wat in die aand rondloop en proe of alles nog reg is en dan die volgende oggend wonder wat het van al die vleis geword. Lekker eet bly maar lekker, al is dit gisteraand se beste gewees.
Soms smaak tot n potjie eers lekker die volgende dag.
Soms smaak tot n potjie eers…
Soms smaak tot n potjie eers lekker die volgende dag.
Stem met daai een
Stem ook saam Lapskag oor…
Stem ook saam Lapskag oor die potjie vir volgende dag asook die braaivleis oorskietkos ![]()
Daar is vanoggend oorskiet…
Daar is vanoggend oorskiet braaibroodjies ![]()
braaibroodjies Is…
braaibroodjies
Is lekkerder die volgende oggend.
sny daai oorskiet vleis…
sny daai oorskiet vleis blokkies en gooi in die pan saam met die roer eiers....roer eiers word gaar en vleisies word warm
Hoeka vanoggend só 'n brekfis gehad. Tjoppies wat al Maandagaand in die Namib-woestyn gebraai is en in die vrieskas saamgery het tot by die huis.
Omdat ons meestal net ons twee is as ons kamp, braai ons gewoonlik vir twee aande en hou dus braaivleis oor tot die volgende aand.
Nee - dit is vir my te lekker om te braai. Al is ons net twee, steek ek maar elke aand my vuurtjie aan. Ons het egter al geleer wat die regte hoeveelheid vleis vir ons twee is. Gevolglik bly daar selde oorskietvleis oor.
Ek hou ook van braai, BAIE.…
Ek hou ook van braai, BAIE.
Die ooskiet vleis is 'n ander ete sin 🔥🍺🍗🔥🍺
Om te kamp sonder 'n…
Om te kamp sonder 'n vuurtjie, is mos nie kamp nie.😀
Oorskiet braaivleis
Ek maak my brood deeg aan en sit bak eenkant ek sny braaivleis in klein stukkies braai saam vyn gekapte uie dan gooi ek die gebraaide oorskied braaivleis saam my brood deeg meng alles en bak brood tot gaar is
As jy vleis mors, gaan jou…
As jy vleis mors, gaan jou tande vrot, daar is baie maniere om vleis te gebruik, van koud, tot soos Shsun sê, maak 'n vleis brood.
Ons kap hom net so uit die…
Ons kap hom net so uit die vleisbak uit of hy word cowboy kos met pap.
As kind het my Ma altyd die…
As kind het my Ma altyd die ooskiet vleis (nie net braai vleis) opgesny en saam met roer eier gemeng en op roosterbrood gesit om te eet.
As spoorweg kind kon sy toor met kos om dit te laat rek. Daar was miskien nie veel geld nie, maar daar was altyd "second"
No such thing as "oorskiet vleis"....
Scruffy makes damn shure of that.....![]()





Daai volgende oggend
Daai vleis wat oor gebly het na die vorige braai maak ek soos volg braai so twee uie sny vleis op in blokkies braai saam uie gooi alles in bak maak lekke krimmel pap meng alles saam walla lekke pap en braai vleis moer bymekaar ete