Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -25 minutes ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -8 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -8 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -9 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -10 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -12 hours ago

Koolfrikkadelle

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Annerhelfte sê :-

  • Berei genoeg rou frikkadelle voor
  • Maak koolblare los en gooi in pot met warm water  -  kook miskien vir nie langer as 1 minuut nie, net om die koolblare sag te maak
  • Rol 'n koolblaar om elke frikkadel
  • Voeg sout en ander goetertjies na smaak op die koolblare
  • Bak in oond vir 'n uur op 180º met deksel op pot. 
  • Haal deksel af en bak 'n bietjie bruin.
  • As jy 'n sousie wil byvoeg, los 'n pakkie soppoeier op en gooi bo-oor.
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 28/01/2019 - 20:17

Koolfrikadelle is heerlik, fancy genoeg om vir gaste voor te sit sonder dat dit jou sak ruk.   Wat ook goed werk daarmee saam, maak die volgende kerriesous en bak die frikadelle daarin.

In 'n mengbak, meng halwe koppie meel, 1 teelepel sout en 2 eetlepels kerriepoeier.   Meng 4 koppies water stadig by, terwyl jy dit aanmekaar klits om 'n sous te vorm.   Voeg 1 koppie blatjang by.

Smelt 4 eetlepels botter in 'n pan, voeg 1 gesnipperde ui by en braai liggies.  Voeg sousmengsel by en verhit tot sous dikkerig raak.   Gooi die sous oor die koolfrikadelle en bak in oond.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus