Forums
Annerhelfte sê :-
- Berei genoeg rou frikkadelle voor
- Maak koolblare los en gooi in pot met warm water - kook miskien vir nie langer as 1 minuut nie, net om die koolblare sag te maak
- Rol 'n koolblaar om elke frikkadel
- Voeg sout en ander goetertjies na smaak op die koolblare
- Bak in oond vir 'n uur op 180º met deksel op pot.
- Haal deksel af en bak 'n bietjie bruin.
- As jy 'n sousie wil byvoeg, los 'n pakkie soppoeier op en gooi bo-oor.
Ek is seker my ma het dit …
Ek is seker my ma het dit kool muise genoem? Of was dit nou muis kole? ![]()





Koolfrikadelle is heerlik,…
Koolfrikadelle is heerlik, fancy genoeg om vir gaste voor te sit sonder dat dit jou sak ruk. Wat ook goed werk daarmee saam, maak die volgende kerriesous en bak die frikadelle daarin.
In 'n mengbak, meng halwe koppie meel, 1 teelepel sout en 2 eetlepels kerriepoeier. Meng 4 koppies water stadig by, terwyl jy dit aanmekaar klits om 'n sous te vorm. Voeg 1 koppie blatjang by.
Smelt 4 eetlepels botter in 'n pan, voeg 1 gesnipperde ui by en braai liggies. Voeg sousmengsel by en verhit tot sous dikkerig raak. Gooi die sous oor die koolfrikadelle en bak in oond.