Ek het so 4,5 jaar gelede gesemigreer Worcester toe uit Pretoria uit en is baie gelukkig hier. Daar is net twee dinge wat my pla:
1. Dis vrek ver bosveld toe
2. Die vuurmaakhout is gemors
As medisyne vir nr 1 gaan ons een keer 'n jaar op 'n baie duur trippie Kruger wildtuin toe. Ons het kleuters (4 en 2) en beperkte tyd ook so ry is nie 'n opsie nie. Dit beteken vliegtuigkaartjies vir 4, 'n huurkar wat groot genoeg is en in rondawels slaap want kamptoerusting kan nie saam nie. Ek verruil dit egter vir niks nie.
Wat probleem nr 2 betref; "black wattle" is volop hier en mens betaal maar so R800 vir 1000 stukke, afgelewer by jou huis. As jy egter van die ou Transvaal afkom en gewoond is aan hardekool, sekelbos, kameeldoring en mopanie frustreer die "black wattle" jou eindeloos.
Na so halfuur se vlamme is daar 'n mooi bed kole maar 10 minute later is dit kouer as wat jou bosveldvuurtjie die volgende oggend is na jy hom oopgekrap het. Die plaaslike mense hou aan vuur maak aan die kant en vul die kole aan terwyl hulle braai, maar dit werk nie vir my nie.
Ek het rondgesoek en indien daar ander semigrante uit die ou Transvaal is wat met dieselfde probleem worstel, het ek goeie nuus. In Durbanville is www.namibianhardwood.co… en hulle verkoop netjies verpakte 18kg sakke harde hout (nie hardehout nie hoor!) en as jy dit daar gaan oplaai is dit nie eers so duur nie.
Ons is vroeg in Januarie vir die dag Kaap toe en het oppad daar gestop (hulle is oop Saterdagoggende). Ek kon maklik 15 sakke kameeldoring in my Fordjie se kattebak pas en dit het my R870 gekos. Dis min of meer dieselfde as wat 'n vrag "black wattle" my sou kos, maar dit gaan my net solank - indien nie langer nie - hou, en ek braai nou BAIE lekkerder! Dit bring darem die geur van die bosveld nader en niks meer gesukkel nie. Natuurlik brand die harde hout heelwat langer en is daar meer tyd vir hardehout ook ![]()

EK het vir my vrou gesê ek…
EK het vir my vrou gesê ek dink ons moet ook oor so 2 jaar Worcester to trek. Ek is daar gebore. ![]()
hoekom die "t" agter die hont
Wonder ek ook?
Neef Herman, aangename…
Neef Herman, aangename kennis. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek hunker nie terug Pretoria toe nie. Ek mis net die bosveld. Ek is gelukkig 'n baie aanpasbare mens en uit ons 9 provinsies het ek net nog nie in die Noord-Kaap, Vrystaat of Oos-Kaap gewoon nie. Ek het ook vir meer as 2 jaar in noordelike Botswana in die bos gewoon so ek is baie geseend.
Na al my draaie het ek uiteindelik met 'n gesin begin en wou dit nie in die bose stede daar bo doen nie, dus die skuif hierheen en ek het nog nie terug gekyk nie.
Ek hoor jou lied oor die indringers vs inheemse hout, en haal heel onder aan van die verskaffer wat ek gebruik het se webwerf (een van die redes waarom ek juis vir hulle gekies het). Ek is self passievol oor bewaring en het lank in toerisme gewerk. Indien die verskaffer se verklaring hier onder waar is, het ek geen etiese probleem om by hulle te koop nie.
Mens kan lank debat voer hieroor, maar 'n omheinde plaas is nie 'n natuurlike ekosisteem nie en daarom geld die gewone reels nie meer daar nie. Selfs die Kruger wildtuin is omhein en alhoewel dit lekker groot is, is daar mensgemaakte watergate wat die balans versteur het en daarom uitgefaseer raak, daar word beheerde brande uitgevoer en diergetalle was vir lank beheer.
Daar is egter 'n gesonder balans as op 'n plaas en veral omdat daar swart renosters en olifante is, is dit nie nodig om soveel in te meng met die plantegroei nie. Hulle is die natuur se "bulldozers" wat dig begroeide bos kan oopmaak sodat ander diere dit kan gebruik. Verder word daar net indringers ge-oes in die wildtuin en langs die paaie (waar dit in elk geval versteur is) oopgekap sodat toeriste beter kan sien.
Op 'n plaas is heelwat meer bestuur nodig en as daar dooie inheemse hout is, het ek nie 'n probleem om dit te koop nie. Solank dit nie ge-oes word van lewendige bome nie. Sien die verskaffer se verduidelikng heel onder.
Ek hoor jou oor die aanpas by die plaaslike hout, maar dit maak braai vir my minder aangenaam as ek moet sukkel. Ek het al rooikrans gebruik maar was nie beindruk nie. Ek het ook die fout gemaak met wingerdstompies, maar gelukkig vroeg en net een keer!
Die t by Wildehont is maar net tong in die kies en om die naam "uniek" te maak vir die doeleindes van 'n gebruikersnaam.
Hiermee die verskaffer se verduideliking van hulle etiek:
The wood industry in Namibia
The entire wood industry in Namibia is heavily regulated and closely monitored by the Department of Agriculture and Water Affairs. Any business/individual has to comply with the permits, regulations and laws laid out by the Department. The wood we sell, which is Withaak, Rooibos, Swarthaak, Sekelbos, Haak en steek, are in fact alien/invader bush and trees to Namibia, and are a main concern for the Government as the main income for the country is Game Meat, Minerals and tourism. The Government works closely with farmers who want to clear their land of these alien/invader bush and trees, and companies such as Namibian Hardwood Pty Ltd., are therefore able to enter into contracts with these farmers and the Government to remove the bushes turned to firewood to have more grass grown that provide food for animals.
Our harvesting practices
Species like Kameeldoring/Camel thorn and mupane trees are protected Alive. However, they may be harvested and sold if the tree is dead. Vast numbers of the trees are dead or are dying due to natural causes such as lightning, flash floods, drought and even parasites that bury themselves inside the wood and kill it. The Department of Forestry in Namibia visits farms regularly throughout the year to do inspections and record the living and dead trees and supply harvesting permits according to what is available for harvesting. 2-4 hectares land will provide about 35tons dry woods. Farms could be as big as 3500-12000 hectares per farm. Live trees are not touched as the seed pods provide healthy food for animals.
Elke huis het sy kruis maar…
Elke huis het sy kruis maar ons bly baie lekker in Worcester. Dis klein genoeg om vir ons soos die platteland te voel maar groot genoeg om gerieflik te wees. Hier is alles wat mens nodig het en dis perfek gelee in die Wes-Kaap.
Verder doen die munisipaliteit nie sleg nie so die dienste werk betreklik goed en die dorp word mooi skoon gehou. Die misdaad is ook weglaatbaar in vergelyking met Gauteng.
Hoe oud was jy toe jy weg is?
Jy het seker die t van Wildehont se verduideliking gesien in my antwoord aan Neef Herman.
Goeie antwoord omtrent die…
Goeie antwoord omtrent die hout. Is daar n mengsel van die indringer spesies in die sakke. Vriend van Riebeeck Wes bring ook soortgelyke sakke saam waneer hy kom kuier, braai regtig lekker. Ja stem oor bewaring en benutting. Hier op my plasie word dooie Olien geoes vir houskool maak vir Weber, regtig puik houskool. Braai is af en toe met Soetdoring wat gevrek het, lekker braaihout, maar moet ou boom wees.
Wildehont, dink Willehont val reg saam die t
Waar in Botswana was jy, ons het die land omtrent getoer in ons jonger dae. Wydstse plek was die Drotsky's caves, daai dae was dit 2 dae se erge sandpad, wonder hoe lyk dit vandag.
Hoe oud was jy toe jy weg is…
Hoe oud was jy toe jy weg is?
Net daar gebore so ek neem aan ek was 2 of 3 dae oud toe ek terug geneem is Montagu toe waar my ouers toe woonagtig was. Baie kort daarna verhuis Somerset-Wes toe waar ek gewoon het tot die weermag my geroep het ![]()
Hulle verkoop kameeldoring …
Hulle verkoop kameeldoring (my eerste keuse vir braai), sekelbos en mopanie en dan gemengde doringhout (dink ek noem hulle dit).
Dit bly maar lekker om met goeie harde hout te braai, en ek is bederf omdat ek in omgewings gebly het waar dit volop was (baie sekelbos in die Laeveld omdat dit so indringer raak en in Botswana meestal mopanie wat die olifante so afmaai).
Ek het eers toere gedoen in Botswana (Nata, Magkadikgadi, Maun, Moremi, Savuti en Chobe) en later in konsessies gebly en gewerk. Eers in die Linyanti omgewing en toe aan die westekant van die Okavango delta. Die eerste een was 150 000 ha en die tweede amper 250 000 ha en ons het die plek vir ons self gehad en mag gery het op 'n netwerk grondpaaie en van die pad af en gestap het (ek het vir 'n jaar staptoere gelei in Linyanti omgewing). In die 150 000ha konsessie het ons 'n maksimum van 22 gaste en 4 wildrit voertuie gehad as al die kampe vol was en die stap gaste ook met 'n voertuig gery het vir 'n wildrit. Dit was hemels.
My eerste besoek aan Botswana was in 1988 en toe was die pad tot by Maun nog 'n grondpad. Dit is intussen lankal geteer maar behalwe vir die hoofpaaie wat die groot dorpe en myne verbind, bly die res maar sand. Die grootste deel van Botswana is op die Kalahari sand gelee en dit is op plekke tot 500m diep. Hoe verlang ek nou...
Ek sien Voortrekker. …
Ek sien Voortrekker.
Worcester het nogal 'n groot opvangsgebied, van Tulbagh tot by Swellendam word hier bedien. So anderhalf jaar gelede het ons verloskundiges ophou babas vang agv 'n dispuut met Medicross oor versekering en toe was dit omtrent 'n gemors. Die Paarl het selfs later die vrouens weggewys omdat hulle nie die oorspoel volume kon hanteer nie.
Dis intussen opgelos en nou vang hulle weer babas hier.
Tydens my paar jaar wat ek…
Tydens my paar jaar wat ek in Tzaneen gewoon het, en sedertdien tydens my gereelde vakansies by Eiland Spa het ek nogal die bekende bosveld houtsoorte redelik goed leer ken d.m.v. ervaring. Ons het by geleentheid bakkie-vragte hardekool en rooibos op oom Hertzog Landman se plaas gaan maak. Nie met 'n saag nie, maar met voorhamers om die dooie takke en bome fyner te slaan. Alles wonderlike hout, maar vir my persoonlik is die lekkerste hout in daardie wêreld mopanie. Dit brand lekker en gee 'n uitstekende kool.
Maar as Bolander het ek grootgeword met swartwattel en wingerdstompies totdat rooikrans die meer populêre hout geword het. Soos Neef sê, rooikrans komende van lekker dik bome is darem waaragtig nie te versmaai nie. Dieselfde geld vir Myrtle, ook 'n indringer.
Namibian Hardwood
Hierdie lyk na 'n interresante plek. Sien hulle verkoop ook wildsvleis. Ek is DV die naweek in die Kaap en gaan my bes probeer om daar te gaan inloer.
Johan K Ek dink hulle is…
Johan K
Ek dink hulle is tot 13:00 oop op Saterdae. Geniet dit!
Chris, mopanie is wonderlik …
Chris, mopanie is wonderlik - brand baie lank en gee goeie kole. Ek moet dalk kyk waar ek ordentlike rooikrans kan kry. Ek sal ook eerder indringerspesies brand (maar die geur van die kameeldoring en die nostalgie wat daarmee gepaard gaan is vir my 'n luukse wat ek nie maklik wil prysgee noudat ek 'n billike bron gekry het nie).
My oorlede Pa het altyd…
My oorlede Pa het altyd gekla as hy Mopanie kry vir braai (altyd op die grond want daar was nie braaiers nie) hy het gesê Mopanie maak teveel rook ?
Willem, ek stem met jou saam…
Willem, ek stem met jou saam. Mopanie het vir my n vreeslike stink rook, nie n gunsteling nie. Moet nie eers dink om n stukkie bokvleis te braai wat Mopanie blare vreet nie, net so erg sterk geur. Miskien is neef maar net pieperig, maar n sterk reuk is nogal n " issue" vir die palet.
Ek is...............
...............is ook 'n oud-Pretorianer, woon nou al vir 'n klompie jare in die Kaap en kuier jaarliks in die Kruger Wildtuin. Hier by die huis verkies ek om met rooikrans te braai en in die Wildtuin braai ek graag met mopani wat ek net buite Pafuri-hek koop teen 'n appel-en-'n-ei.
SanParke doen 'n beroep op die publiek om nie braaihout vanuit Durban, Pietermaritzburg, Johannesburg, Bloemfontein, Hartswater, George en Knysna na die Kruger Wildtuin te bring nie vanweë 'n dodelike Stompkopkewer wat bome vernietig. Hierdie kewer is alreeds in hierdie areas geïdentifiseer as 'n groot bereiging. Dit gaan seker nie lank duur voordat hierdie kewer oral kopuitsteek nie.
Ek sien al houskool-braai is ons voorland in die Kruger Wildtuin.
So lyk my vraggie mopanie-braaihout wat ek buite Pafuri-hek koop :-

Genugtig Len, maar julle…
Genugtig Len, maar julle stoot wyd van die Kaap af! Ons gaan Julie Punda Maria toe vir die eerste keer. Ek wonder of ek daar ook mopanie sal kan kry. Ons vlieg egter, en huur 'n Avanza (goedkoopste huukar waarin ons gesin kan pas) en daar gaan in elk geval nie plek wees vir hout nie, so ek sal maar in die wildtuin koop.
Oordentlike braaihout in die Kaap
Kameeldoring, Mopanie, Sekelbos ens ens....Ek het met almal gebraai, maar verkies oordentlike Rooikrans hout van Stilbaai of Bredasdorp se wêreld. Dit gee die heerlikste geur, ideaal om n vissie te rook en "ou" Rooikrans stompies gee net sulke lekker kole as Mopanie. Julle sal my skeef aankyk, maar ek ry selfs daarvan saam as ons Namibië of Wildtuin toe gaan.
My beste poging (bo) om jou…
My beste poging (bo) om jou skeef aan te kyk 😂😂
Een ding van rooikrans - dit…
Een ding van rooikrans - dit het die mees kenmerkende lekker ruik as dit begin brand. As jy hier in Kleinmond rondry kan jy sommer ruik wie braai met rooikrans.





Dagse Wildehont, bly te…
Dagse Wildehont, bly te kenne.
Kan ek vra hoekom die "t" agter die hont ? Maar net nuuskierig. Ons bly nou so 33 jaar in die W provinsie, en beste is om aan te pas, en nie te veel terug te kyk nie. Ek vir een mis die Natalse Noordkus met lekker hengel, op die strande gery daardie tyd, Maroelas en stamvrugte.
Hier het ek leer braai op Rooikrans, of rooipitjie, soos mense hom noem. As dit ou bome is met n rooi kern, braai hy lekker. Pasop vir die bleek stukkies wat nog skuim op die vuur, gemors. Wattle is goed om te gebruik waneer dit ook donker rooi is, en sonder bas. Ek braai al jare daarop, en mens leer maar dat jy nie more oggend op gister se vuur kan ketel kook nie. Pak n behoorlike vuur aan, nie n paar stukkies nie.
Dit is goed om Rooikrans en Wattle te gebruik, indringers, dus hernubaar en skep werk. Neef stem nie saam met die hout uit Namibie nie, daar is dit nie hernubare bronne nie, en bome word uitgekap. As dit die indringer , Swarthaak, was, sou ek stem, maar dit is nie.
Moet tog net nie op wingerdstompies braai nie, die brand dadelik tot as. Jy maak n groot vuur vir n worsie.