Goeiemôre Kampmaters,
En so breek daai dag toe aan.
Pensioentyd vir die Smit gesin.
42224 – nee , nee, dis nie dieselfde nommers as daai beroemde tronkvoël nie.
5 Jannewarie 1977 trek Andre’tjie op 17 jarige ouderdom sy eerste Browns aan as verskrikte Nasionale Dienspligtige by 3 Suid-Afrikaanse Infanteriebattaljon in Potchefstroom.
Nou- nou op 29 Maart 2019 trek Andre’tjie die laaste keer sy uniform uit.
42 jaar 2 maande en 24 dae later.
Ek dink dis nou genoeg – of wat praat ek alles.
Groetnis
Andre en Magda Smit
Lekke Andre
Andre jy en vrou moet dit geniet gaan groot kamp n hond uit n bos ek gooi so foto of twee ook ja dis tyd wat n ou lank voor gewerk het
Baie geluk Kolonel, as ek…
Baie geluk Kolonel, as ek dit reg het. Geniet daai aftrede en jare se gesondheid en geluk word julle toegewens.
Andre, dit is voorwaar 'n…
Andre, dit is voorwaar 'n groot dag vir jou en Magda, mag jul tyd vorentoe vir julle net mooi in hou. Min mense kan sê dat hul eerste en laaste werk dag vir dieselfde "baas" was.
Welkom in ons gryskop geledere👍
Wow, baie geluk en well done…
Wow, baie geluk en well done!! Geniet dit wat nou voorlê. (en praat bietjie meer hier en deel asb foto's waar julle gaan)
Baie geluk André, voorspoed…
Baie geluk André, voorspoed en sterkte met die nuwe gemaklikker fase waarin julle nou gaan. Geniet dit voluit !
Baie sterkte met die nuwe…
Baie sterkte met die nuwe fase André, was 'n leeftyd saam met daai mense. Maar ek is seker die nuwe fase gaan baie meer nuwe dinge bring en dit vir julle meer aangenaam sal maak.
Ek so entjie agter jou, is nou 40 jaar en 4 maand by Anglo betrokke, maar sal nog so 'n bietjie moet vasbyt.
Groete en geniet die nuwe fase, die wat reeds daar is, sê dit is baie lekker en moes dit al lankal gedoen het.
Hallo André !
Ek sien jy kon darem gou ietsie sê na Vrydagoggend se inspeksieparade.
En nou is jy seker eers stil tot na vanmiddag se uittree-parade. Moet ook nou nie te veel vat nie, môre is nog 'n dag wat jy met 'n glimlag in die oë moet kyk.
Baie geluk Andre. n Goeie…
Baie geluk Andre. n Goeie mylpaal bereik en was seker lekker "gatvol". Ek glo jy sien baie uit vir die nuwe fase en leef jou nuwe fase voluit. Geniet jul aftrede en kamp meer !!
"Om op pensioen te gaan is die mees gevaarlikste beroep en niemand het die pensioen oorleef nie " ![]()
André .....
..... welkom in die geledere van die professionele leeglêers. Dis 'n lekker professie.
Stem 200 % saam😂 …
Stem 200 % saam😂
..... welkom in die geledere van die professionele leeglêers. Dis 'n lekker professie.
Andre, sterkte met jou rus…
Andre, sterkte met jou rus en vrede.
Baie, baie geluk Andre. Jy…
Baie, baie geluk Andre. Jy verdien voorwaar die nuwe mylpaal in jou lewe. Mag dit wonderlik wees en nog baie jare duur.





Maggies................
........................André, Fantasties in menige opsigte :-
Ten slotte André, baie welkom in ons kring van afgetredenes !