Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Mal bul

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Hier loop 'n alleen loper Afrikaner bul hier op die wildsplaas rond. volgens die eienaar het die bul lank saam met 'n Eland hier rondgeloop, maar soos die bul ouer word wou die Eland hom nie meer by haar toelaat nie. die ding het nou nogal so half wild geword en kom so nou en dan in die nag en kom pla die kampeerders hier in die kamp.

Hy is lief om jou braai rooster te kom skoon lek, seker agter die sout aan, die rooster val dan natuurlik om met 'n groot geraas, sou iemand hul skottelgoed in die tent los sonder om te was probeer die blikslaer om in te kom om die borde te kom lek, dan stamp hy natuurlik al die stoele en tafels om.

Laasnaweek het hier so jong paartjie oorkant ons gekamp met 'n dome tent, die bul het toe al hul kamp stoele, tafels en amo bokse wat buite gestaan het omgegooi rongestoot en so meer. Ook so nou en dan teen hul tent geskuur.

Ek het met die geraas uitgegaan om te kyk wat aangaan, daar kry ek toe die jong dametjie met net sulke eina klein slaap kleertjies aan, sy was omtrent in 'n toestand, vrek bang vir die bul, haar kereltjie was nie veel brawer nie. nooi hulle toe maar in ons tent en maak vir hulle bietjie koffie te gee, nie omdat ek so gaaf is nie maar sodat ek haar bietjie beter kon beskou in goeie lig!

Sy het daai boy friend verplig om die nag in die enkel kajuit bakkie te sit en slaap saam met haar, sy het geweier om in die tent te slaap.

die eienaar het maar oplaas 'n prefesionele jagter gekry om die bul te skiet, maar daai ding is so uitgeslape ons vind hom nerens nie, hulle ry nou al twee dae en een nag hier rond om hom te soek.

Hulle het my hul sel foon nommer gegee, as ek die bul sien moet ek hom volg en hul bel, vroeg vanoggend so 5 uur hoor ek die ding toe bulk in die verte, spring in die Pajero en ry - maar niks, wel sy spore gekry maar die verloor op 'n klip plaat, ander kant gesoek maar kry niks nie.

Die kamp is lekker vol die paasnaweek, nou wonder ek of hy weer die mense gaan kom pla?

Moet se met al die maak dit die kampery hier lekker interesant en hou my besig en uit die kwaad uit.

die laaste uur het die hemel oopgemaak en sous dit dat dit sulke riviere hier loop, wonder of ek netnou weer mense moet gaan uitsleep?

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 13/04/2017 - 11:42

Ek stem saam met Voortrekker, weet nie so mooi van UIT die kwaad hou nie!    Daai Bul is 'n regte sport.   Hy sorg nou maar dat daar iets is vir die ander manne om na te kyk, die Eland wil dan nie meer toelaat dat hy kyk nie.  :-)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus