So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.
Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.
Laat ons saam gesels en vorentoe beur.
Nieuwoudville na Kambro....
Rona. Die tannie se nr is 083vier5ses652sewe
Spun and Win
Het vir die MG lugfilters bestel en vandag gaan afhaal by Midas. Toe ek uitstap kry ek n worsrolletjie én ek moet die Spin and Win wiel draai. En daar wen Neef ñ "bucket hat" nogal n rooie. Lyk nes Wessel se hoedjie, maar die een is ń pragtige helder róói.
Von sé sy sal my maklik kan opspoor as ek dalk eendag wegraak.

Jou gelukkige dag Neef Herman
Ek kan net sien dat dit 'n bloedige warm dag in die Klein Karoo was. Die Midas-man het vinnig gedink om die wiel op die hoedjie te stop en so 'n ou omie van hitte uitputting te red. Volgende keer gaan jy sonder 'n hemp, dan kaalvoet en so aan....😸





Herman G
Ek gaan jou so noem, om te onderskei van neef Herman, wat onder die Swartbergpas bly.
Nou is ons 3 lede wat met Kavangos kampeer. Ek het 'n 2016 Extreme waarmee ons die land platsleep.
Chris Smal [Wildehont] van Worcester is die derde persoon.