Dankie almal! Nou brand ons…
Dankie almal! Nou brand ons hele gesin om te gaan kampeer, maar die wa het op die verkeerdste tyd gekom. Die naweek is min of meer uit, en mamma gaan van Dinsdag af weg vir werk tot die 15de. Die drie naweke daarna het ons kuiergaste onderskeidelik van PE, Nieu-Seeland en Melkbosstrand (almal ou skoolvriende). So dit lyk of ons eers middel Oktober gaan wegkom ![]()
Intussen is daar 'n paar dingetjies wat ek wil regtrek aan die wa en moet ek dit geregistreer kry. Ek moet ook 'n handleiding opspoor sodat ek veral die elektrisiteit kan baas raak.
Baie lekker en geluk…
Baie lekker en geluk Wildehont! Geniet hom!
PS. Nou is jy ook ryk ![]()
Chris, alle goeie dinge kom…
Chris, alle goeie dinge kom met tyd, jy moet ook eers die wa "ontmoed" en alles uitsorteer.
Drie weke is nie 'n leeftyd nie.
Baie geluk!! Bly alles het…
Baie geluk!! Bly alles het mooi uitgewerk vir jou.
Chris se Kavango
Môre Chris
Jou wa lyk sommer baie goed.
Onthou dat met 'n wa julle sommer ook 'n ekstra slaapkamer vir gaste aangeskaf het. Dit kom nogal handig te pas in noodgevalle.
Wat die elektrisiteit aanbetref, dit sal raadsaam wees om ECHO agenskap te besoek sodat hulle jou touwys maak. Andersins kan jy maar jou vrae op die forum plaas, en ek sal probeer help.
Die beheerpaneel is nogal slim,
1]dit sien dadelik raak as jy die sonpaneel inprop, en vertoon dan die spanning en stroom soos dit die battery[e] laai
2] Afhangende van jou bedrading op jou koel/vrieskas, wat gevoer kan word van 220v of die battery, sal die eenheid outomaties 12v na jou koelkas stuur sodra die 220v wegval. Onthou dus om koelkas uit te prop by jou huis as dit nie op krag is nie,
3] Ek vermoed dat jou geizer ook sal aanskakel sodra jy 'n warm kraan oop draai, dis as gasbottel gekoppel en oop is.
4] Daar behoort op beheerpaneel skakelaars te wees vir die ligte, die geizer en die waterpomp.
5] Daar is ook 'n 12 v stroombreker [battery isolater] waarmee jy die battery total uit sny.
Hoop jy kom reg.
Dankie Wessel. Die Echo…
Dankie Wessel. Die Echo agentskap is in Durbanville (wat nie te ver is nie) maar ek het op die 4x4community forum (waar ek hierdie karavaan opgespoor het, dis nêrens anders geadverteer nie) iemand gekry wat vir my ‘n handleiding gaan stuur. Ek sal kyk hoe ver ek daaruit regkom. Daar’s ‘n foto van my paneel hier onder.
Wat die ekstra slaapplek betref vermoed ek dat ek en die kleintjies in die wa sal slaap en ons beddens vir die gaste gee. Dis ‘n wen-wen want die kleintjies wou gisteraand al daar slaap maar dis nog winter hier (6° die afgelope drie oggende) en hulle het albei loopneuse sedert gister.
Nou is jy ook ryk My…
Nou is jy ook ryk
My bankstaat vertel ‘n ander storie ![]()
jy moet ook eers die wa …
jy moet ook eers die wa "ontmoed" en alles uitsorteer.
Ja-nee, ek het vir seker tyd nodig om haar beter te leer ken. Sy is nogal vol draadwerk
Bly alles het mooi uitgewerk…
Bly alles het mooi uitgewerk vir jou.
En ek! Ek het my vrek bekommer gister. Achmat het teen eergister 17:00 nog nie Johannesburg verlaat nie. Gister hoor ek niks van hom nie en hy antwoord nie sy foon nie. Toe spook dit by my dat die wa dalk by hom gesteel is of hy in ‘n ongeluk was of iets dergliks.
Gister 12:15 hoor ek die eerste keer sedert Woensdag 17:00 van hom. Hy WhatsApp dat ek moet ophou stress, hy sien my Sondag. Toe kook my bloed behoorlik en ek vra waarom eers Sondag? Hy antwoord dat hy dit eers wil gebruik die naweek. Ek stuur terug dis nie snaaks nie en vra waar is hy? Hy antwoord toe outside en ek dog hy is sarkasties. Net daarna stuur hy ‘n foto van my huis en ek ry toe dadelik daarheen. Gelukkig bly ek net 1,9km van die kantoor af.
Hy is toe ‘n baie aangename knaap, en sê hy het deur die nag gery want hy wou my verras. Ek wou nog kwaad wees vir hom dat hy my so op hol gejaag het, maar ek kon nie.
Beheerpaneel
Môre Chris
Daardie paneel is beslis baie anders as myne. Ek hou duimvas dat jy die toepaslike handleiding gaan opspoor. Dit maak die lewe makliker.
Jy sal nie glo nie, nadat ek myne vir alreeds 'n jaar het, was ek gister na ECHO sodat hulle my alles betreffende die paneel en sy werking wys. Ek het ook nie die handleiding van die 1ste eienaar gekry nie. Lyk my dat handleidings nie gegee word nie, bloot opleiding met aankope.
Lekker speel
Dankie Wessel. Ek het vir…
Dankie Wessel. Ek het vir jou ‘n boodskap gestuur met ‘n ander vraag oor die wa. Kan iemand vir my verduidelik waar op die forum ek my boodskappe kan sien? Of werk dit dalk nie op ‘n foon nie?
Chris- Kavango boodskap
Middag Chris
Stuur asb die navraag na my werk epos, dalk kan ek jou nog antwoord voordat ek eers vanaand by die huis daarna kan kyk.
My epos is : wessel.strydom@necsa.co…
Groete
Wildehont, die forum…
Wildehont, die forum boodskappe word na die lid se profiel epos gestuur.
Is kampering ‘n luukse?
Weens ‘n aantal faktore klop my begroting tans nie meer nie. Ek moes ook skuld maak vir duur herstelwerk aan voertuie, en om een of ander rede breek goed op ‘n streep in ons huishouding hierdie jaar. Verder neem my aftrekorders met 10% per jaar toe, maar my salaris nie.
Dit het nou op die punt gekom waar ek drastiese veranderinge sal moet maak om my boeke te laat probeer klop. Ek het lewensdekking wat ek in my gesin se belang moet behou. Ek sit ook ekstra weg vir aftrede omdat ek tydens my 12 jaar in toerisme nie ‘n pensioen gehad het nie en net ‘n klein betaling aan ‘n annuïteit kon bekostig. Verder koop ek maandeliks vir ons kinders effektetrusts om voorsiening te maak vir wat hulle na skool wil doen. Ek kan nie (wil nie) sny aan die bg nie, en dit eskaleer boonop jaarliks met 10%
My ander uitgawes is ook nie vrywillig nie. Dit sluit korttermyn versekering, munisipale rekening, medies en skoolfonds in. Dan kom lewenskostes soos brandstof en kos by. Al die bg is maandelikse uitgawes. Verder is daar isensiegelde en roetine onderhoud van voertuie, en mediese kostes nie gedek deur ons medies nie (vir die eerste keer raak dit hierdie jaar noemenswaardig en mens kan ook nie daarvoor beplan nie).
Ek voel baie ernstig dat gesinsvakansies amper noodsaaklik is. Nie net vir ons volwassenes om ons geestesgesondheid te behou nie, maar vir ons gesin om gehalte tyd saam deur te bring en herinneringe te bou en bande te smee. Die geneuk is dat dit omtrent my enigste vrywillige uitgawe is, en kampeer is lankal nie meer goedkoop nie.
Ja, ek kan meer spaarsamig leef maar ek is van nature nie spandabelrig nie en koop nie duur klere of ander mode items nie. Ek gaan dus hoogstens ‘n paar Rand gespaar kry deur nog meer suinig te leef. Die twee groot uitgawes wat ek nie hier bo genoem het nie is ons jaarlikse vakansies in die Krugerwildtuin en by Dwarswegstrand. Eg se verblyf is gewoonlik so R9000 maar die brandstof (sonder slytasie) voeg maklik R17000 of meer by. Lg se verblyf alleen is hierdie jaar amper R20000. Saam met brandstof, werk die twee vakansies se kostes my bykans R5000/maand uit. Dis elke maand van die jaar.
So hartseer as wat dit is, is die oplossing seker voor die hand liggend. Ons sal goekoper vakansies moet oorweeg. Ongelukkig maak oorde hulle geld in die hoogseisoen, en dis wanneer ons kan weggaan omdat ons kinders op skool is. Ons sal seker maar oorde nader aan die huis moet begin oorweeg. Tussenin wegbreke oor lang (of ander) naweke of skoolvakansies se koste is natuurlik nog nie ingereken nie, en sal ook in die slag bly.
Kampeerkoste
Ek dink vir mense wat in skoolvakansies moet kampeer weens skoolveropligtinge, is kampering oor Desember en Paasnaweek sekerlik do....rs duur.
Sjoe, ons het met ons laaste kamp as gesin by VSA naby Gonubie ongeveer R220/aand betaal vir periode 5 tot 24 Desember.
Kampering word ook duurder gemaak, nie noodwendig luukser nie, met onderhoud van 'n woonwa en sleepvoertuig.
Julle sal 'n koste analise moet doen;
1] Kruger wildtuin opgee en dalk Kgalagadi oorweeg, dus minder dieselkoste.
2] Dwarswegstrand inboet vir goedkoper oord by see oor Desember
3] Wildtuin vakansies, hetsy Kgalagadi of Kruger inboet vir [meer] korter wegbreke binne 500km radius.
Net 'n waarskuwing--hoe ouer die kinders word, en hoe meer sportverpligtinge bykom, hoe baie minder is kans vir 'n gewone naweek wegbreek. Ons het gewoonlik elke maand gekamp. Teen die tyd wat kinders op nasionale vlak sport beoefen het, en later op universiteit, het wa net Kruger toe en see toe geloop.
Geskiedenis herhaal homself...
het iemand eendag gesê. Ek het hierdie hele draad gelees - vanaf die begin en wat daarop gevolg het. So wonder ek maar net....![]()
Wildehont bly ook op die verkeerde plek. Meer sentraal, soos die Vrystaat, en alles is meer (goedkoper) binne bereik. Dit maak mos sin![]()
Nou is ek in groot moeilikheid, maar lees dit asb as 'n speelse opmerking![]()
Stem saam met Rona
Vredefort, Boshoff en Hertzogville is goeie plekke om te oorweeg. En Vredefort het 'n lekker woonwapark langs die munisipale swembad.
Nee - grappies op 'n stokkie. Om gebonde te wees tot hoogseisoen vakansieperiodes kos 'n arm en 'n been. O donkie - dit is lekker om 'n pensioenaris te wees. As ek 50 jaar gelede geweet het hoe lekker dit is, het ek nooit begin werk nie.





Baie geluk Chris, mag julle…
Baie geluk Chris, mag julle as gesin baie vreugde en vrede in daai lekker wa ervaar, veilige kilos by derduisehde.