Pomp filter
Naand Len, ek gaan môre bietjie kyk of dit 'n filter het.
Dis waar die ervaring van die forum tot groot voordeel is, dankie.
Hoe my wa se krag werk
Ek voer die gesprek maar hier verder. My Snomaster yskas se 12V draad is ingeprop in ‘n 12V sok in die Kavango wat van die krag paneel af kom en ‘n skakelaar het daar. Dit sê my dat dit permanent voorsien word van die batterye af. Ek los my yskas aan, want die sonpaneel op die wa se dak laai die battery terwyl ons ry ook. Ek het nog nooit gevind dat die battery afloop terwyl ons ry nie. Die ligte is ook alles 12V, soos die waterpomp en die geyser se aansteker as dit van gas af werk. Sodoende werk daardie komponente alles van 12V af as die wa nie 220V kry nie. As dit 220V kry, werk die geyser se elektriese element en werk die muurproppe. Daar is ‘n klein omsetter wat 220V gee as die wa nie 220V kry nie, maar ons gebruik dit nooit nie. Fone laai sommer in die kar.
Kavango reg vir Namakwaland toer
Ek het eindelik my wa terug gekry van die werkwinkel. Lang duur storie, 1] twee nuwe papperye [ 2 x100Amp.hr]
2] nuwe waterpomp met filter [Shurflow]
3] gaspyp herlei
4] dakklamp. Kan julle glo, toe ek gister die wa gaan haal en ek die dak toemaak, is daar net 'n harde klapgeluid. Kom die basisplaat waaraan die opwipdak meganisme, en regter dak-skokbreker vas is, net los van die woonwa se dakgedeelte. Dit was toe slegs geplak. Moes toe die wa daar los, en vanoggend weer ry om te gaan haal. Nou is beide die basisplate gegom en "ge-pop rivut" Gelukkig het dit by die werkwinkel gebeur en nie tydens 'n lang kamp-vakansie nie.
Hopenlik is die komponente van die wa nou reg tot ons oorweeg om op te hou kamp.
Voorste bed se matras???
Hello Chris S, dalk het ek al tevore gevra, maar hoe maak julle die voorste bed en neus toe? Haal julle ook die voorste matras gedeelte uit, en berg dit op agterste bed.? Dis wat ons maak, en met effe dikker matras, is ek amper seker dat ek nie die neus gaan toekry , met die matras op sy plek nie.
Haal uit
Wessel, ek haal die voorste gedeelte van die matras uit. Dis die groot deel, wat omtrent ‘n derde agter die skarnier van die bed se basis lê en omtrent twee derdes voor dit. As ek dit nie uithaal nie, sal die flap wat die bed se basis is nie toemaak nie. Ek het dit so gehou toe ons vir die laaste aand moes skuif na ‘n ander staanplek by Rooiputs. As ek iewers ‘n foto het sal ek dit hier plaas.
Die agterste deel van die voorste bed se matras bly permanent op sy plek. Daarop word ‘n opvoustoel, waskom met ‘n paar los goedjies daarin en afdroograk gepak. Die voorste deel van die matras kom op die agterste bed. Ons ekstra opvou tafel pas mooi langs dit in. Daarop kom ‘n seil kombuiskas met aluminium raamwerk wat plat opgevou is, ekstra los matras vir Salomien en ons beddegoed.
Dankie ....
... dus is ek nie onnosel nie. Daai voorste bed matras is nou in my pad. Ek sal moet kyk of ek dit agter die voorste sitplekke van Grompie kan inkry, of bo-op al die goete en vrieskas onder die kappie. As ek dit kan regkry, gaan my 1-aand oorslaap langs die pad soveel makliker en minder moeite wees.
Moet net nie ‘n Mahindra koop nie
Ek het die trein by Shingwedzi gesien die dag toe ons daar weg is. Daar was net twee mense in, die Mahindra se kappie en agtersitplek was tot teen die dak gepak, en daar was goed op die Venter se deksel vasgemaak ook. En dis nie eers ‘n boswa nie.

Lekker lank staan
Stellig moet ek glo die twee is of besig om te verhuis, of gaan erens langs n warm swembad staan vir n paar maande.
Lank staan om die draai
Ek en Salomien het ook aangeneem hulle staan lank en bring die wasmasjien, tuimeldroeër en boks vrieskas saam. Hulle het egter ‘n L registrasie gehad, en was dus nie ver van die huis af nie.
Gatslag
Dit wil telefonies voorkom of ek moeilikheid het. Dit klink of Echo nie meer my wa se sporing kan stel nie. Die ontwerp het verander en hulle het nie meer so 'n masjien om myne se sporing te stel nie.
Vir een of ander duistere rede moet hulle nou 'n deel van die suspensie vervang, die stuk waaraan beide onafhanklike stelsels gemonteer is. Ek neem die wa Woensdag en dan moet hulle maar mooi verduidelik.
Ek is redelik afgehaal en teleurgesteld. Ongelukkig kan ek nie die wa so verkoop aan iemand anders nie. Dus moet dit maar laat regmaak en dan besluit of ek daarvan ontslae gaan raak.
Oop gesprek
Ek wil juis soheentoe gaan, dis tyd vir 'n oop, van die heup af gesprek met Mnr Groblaar. Ek kry so die snuf in die neus dat my spesifieke wa die heel 1ste Extreme was in 2016. Die vorige eienaar het gespog dat dit die wa is wat in hulle brosjures en steeds in webblad pryk.
Nie nice Wessel
Ek kan nie glo hulle kan jou wa se wielsporing doen nie nou wat van al die ander waens wat soos joune is sterkte
Middag Wessel, dit klink my…
Middag Wessel, dit klink my na 'n geld maak echo na hul bank storie, TWT behoort die sporing te kan instel. Hoop ek is verkeerd?
ongeluk?
Het jy jou karavaan nuut gekoop Wessel? Weet jy of hy in n ongeluk was? Ek het een van my vorige bakkies by n veiling gekoop met 6000km as.....kamstig n bank terugname. Toe ek sien wiele loop skeef af en inneem vir wheel allignment by TWT het hulle vir my gesê dat die bakkie n erge stamp gekry het en dat dit onmoontlik was om wheel allignment daarop te doen. Toe kom ek agter hoekom die bakkie eintlik op veiling was met sy 6000km. Ek het hom lank so gery, maar moes elke 10,000km band geruil het.....darem net 1 van die 4 elke keer
Hulle behoort by TWT te kan sê of dit n stamp was of nie
Gebruikte wa
Middag Geert
Ek het die wa lyk my "ongelukkig' as gebruik gekoop in 2018, by die 1ste eienaar. Ek het vantevore al die wa by Echo en iemand anders gehad vir herstelwerk soos batterye en derglike kleinighede, en nie een het opgemerk dat hulle vermoed die wa was in 'n ongeluk nie.
Die skuins afloop van die band is so stadig, dat ek dit nou eers opgelet het. Ek het die wa in 2018 gekoop en die eienaar het vir my 3 nuwe vellings en bande opgesit omdat hy die 20 duim Coopers wou hou, wat by sy Ranger pas. Die bande het nou net 19500km geloop.
Moontlik het vorige eienaar reeds die skade aangerig op rowwe paaie, want ek het basies nog net teerpad met dit gery. Ek weet dat ek verlede woes uitgeswaai het vir 'n slaggat, en wa het geslinger agter bakkie, totdat dit weer reguit geloop het.
Wat egter kommerwekkend is, is dat Echo klaarblyklik nie meer so 'n relatief nuwe wa se sporing kan stel nie. Ek moet nou maar wag tot Woensdag om hulle finale uitslag te hoor nadat hulle inspeksie gehou het. Dalk is ek gelukkig en dis tog van die modelle wat hulle wel kan stel, maar ek twyfel.
Ek het toevallig in Clanwilliam met 'n ander Kavango [2011 model] eienaar gesels, en hy het al Botswana, Namibië en SA deurkruis sonder enige groot probleme. Hy glo sy wa is onbreekbaar, maar dit het die normale as met bladvere.
Wessel, is die Kavango met…
Dit klink my Kavang verander hulle suspensie opset gereeld ?






My raaiskoot is :-