Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brandstofprys Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -51 minutes ago
Nuwe boodskap-opsie Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
toeriste en toeriste Kruger 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Braai 1x Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Stem saam... Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Brandstof spekulasie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/10/2026 - 08:54

Ons is baie dankbaar, mense kom laai hul bedags sel fone hier. 

My suster in Rustenburg het baie probleme met krag en ook soms water, sy sit gereeld drie vier dae en selfs langer sonder elektrisiteit, en sy is amper 80 in 'n huisie wat sy in 'n aftree oord gekoop het.

Daai plekke maak geld soos bosssies, hulle verkoop die huis teen huidige mark waardes, maar, as jy sterf koop hulle die huis terug teen wat jy vir dit betaal het, ongeag die verbeters wat aan bebring is.

Sy oorweeg dus nie eers solar nie en gebruik ook herlaaibare ligte.

My ou vroutjie is so siek met griep, anders was ek al met die woonwa elders🤣

Nou kan mens natuurlik vra, wat het my gesprek met kamp te doen, dit is net dat ek nou veel eerder langs 'n water stoom, mooi bome en watervallle sou wou wees as hier.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/10/2026 - 17:49

Gesels asb saam. dit sal lekker wees om van julle toere en wedervaringe te verneem. 

Hier deel ons gesels en inligting oor toer, roetes, kampe en selfs kosmaak.

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 19/10/2026 - 20:49

Nee nie stem vir politiek nie, stem saam met Wessel, al gedink dit is ek wat die forum dood maak🤣

Dink  maar net dit is 'n algemene tendens, sien op die ander forum ook, dit is maar stil. Diesel pryse maak kamp dood daarmee ook die gesêlskap, om nie eens te praat van kamp kostes nie.

Staanplekke is darem regtig buitensporig in vergelyking met net voor die gogga van 2019, as of die oorde meer as net op maak vir daai verliese van die inperking. 

Mens moet tog maar in vrede gelaat word as jy buite kamp verwant gesêls, of wat.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 19/10/2026 - 21:47

Die tyd van die jaar is almal maar besig, veral die met skoolgaande kinders. 'n paar lede gaan wel kamp en of vakansie hou gedurende Desember en Januarie. Ek hoop hulle deel so iets met ons. 

Chris B behoort teen 23 Okt. tuis te kom, dan sal hy ons sekerlik met fotos van sy afgelope Kgalagadi toer trakteer. Wel ek hoop so. 

 

0
Pretoria

Geert

Tue, 20/10/2026 - 05:30

Kampeer en brandstof is seker duur, maar as ek so op facebook lees is meeste oorde tjok en blok vol vir Desember vakansie...mense soek erg plek

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/10/2026 - 06:08

Dit is maar so, Desember is vir werkende mense maar die maand van vakansie en iets anders doen. Vir baie is dit moontlik die enigste tyd in die jaar wat 'n gesin saam vakansie kan neem.

Persone wat reeds besprekings by die see gemaak het, mag dalk alles [bedrag] verloor as hulle nou wil kanselleer, dus gaan hulle deurdruk en verhoogde brandstof betaal.

Ek wonder of byvoorbeeld Manyane en Bagatla ook volbespreek is gedurende Desember. Hoe lyk besetting in al die Dinokeng oorde??

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 20/10/2026 - 06:49

Ja die mense wat nog "groot" inkomstes geniet kan meer as ons pensionarisse betaal, maar almal moet meer knyp.

ATKV oorde (meeste) se buite seisoen pryse is onder R400 per nag, Desember gaan dit meer as 'n R1000 per nag. Rondawels en chalets is tot meer as dubbel die pryse.

Maar genoeg gekla, dit bly die beste rus van alle maniere van vakansie hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/10/2026 - 06:58

Lank gelede met kinders in die huis en beursie, het ons gesin se jaarlikse vakansies bestaan uit 'n Kruger besoek, dan 'n 21 dae seevakansie en dalk deur die jaar 'n naweek hier en daar.

Daar moes ook maar fyn beplan en aan die rieme gesny word om kop bo water te hou. Ek onthou vaagweg dat 'n kampeer staning my R250/nag in Oos London/Gonubie gekos het, Desember 2010. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 20/10/2026 - 07:09

Ek vermoed ons gaan 'n brandstofprys verligting kry, einde van die maand. Hoeveel weet ek nie, maar die regering gaan 'n hap uit die staatskas vat om pryse te verlaag.

Iets moet hulle doen om met meer vertroue stembus toe te gaan. Ek bedoel, dit gaan baie meer kiesers be-indruk [lok] as om 'n klomp staatsgrond aan 'n paar uitgesoekte boere beskikbaar te maak. Die meerderheid hedendaase kiesers wil nie meer grond besit nie, hulle wil werke in metro's hê, en goedkoop kos en vervoer.

Hou koerante dop, gunste word nou uitgedeel [aangebied] Black Friday val die jaar op 4 November!!!😁

  

   

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 20/10/2026 - 08:24

Hou vas jou jas en moenie lag nie. My laptop wat daagliks in gebruik is, is 'n 2012 model. Windows 7. Dit is die mees gebruikersvriendelike toestelletjie in my besit. Geen muis nie - die "touch pad" werk perfek. So 'n paar jaar gelede het Daan gedink dis tyd vir opgradering en vir my 'n nuwe een gekoop. Diė is sedertdien netjies weggepak. 'n Jaar gelede moes my laptop opgepak word, en is in die proses mishandel. Die skerm het skade gekry - die boonste, regterkantste hoek het 'n dowwe donker kol sodat ek met moeite lees wat daar geskryf staan. Presies dan nou ook waar die persoonlike boodskappe aangedui word. Gisteraand, terwyl ek hier rondblaai, val my oog op 'n kolom aan die regterkant wat nie altyd daar is nie. Dit is toe 'n vriendelike verrassings-briefie. Dit laat my terugdink aan die eerste selfone van die 90's. Wanneer mens 'n boodskap gekry het, het 'n spookstem aangekondig "you've got mail". Miskien moet Voortrekker net nog, terwyl hy besig is met opgradering, ook 'n klokkie inbou om mens se aandag op die boodskap te vestig.😹 

'n Klomp nuttelose inligting, maar weet asb. dat indien ek 'n briefie mis, dit nie opsetlik is nie - dis agv van hierdie 'toestand'!

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 20/10/2026 - 08:35

Ek het ook die berig gesien dat daar moontlik 'n kleiner as verwagte vehoging gaan wees. Dit is vir November. Wat as die verkiesing verby is en Desember breek aan? Ons beplan 'n kuier in die Kaap, met nog niks op papier nie. Brandstofprys is bepalend.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus