Goeie môre mede forumiete.
Kom ons nou by die tweede laaste maand van die jaar. Ek kan alweer nie slaap nie. Sit nou maar in die sitkamer en koffie drink.
Geniet hierdie Vrydag en 'n lekker naweek vir almal.
Môre, môre almal, geniet…
Môre, môre almal, geniet alles wat jy doen vandag, onthou, vandag is die eerste dag van die res van jou lewe.
Môre sê Kampforum
Gaan vandag die wa haal by Jurgens en die "smash & grab" opsit.
Geniet jou Dinsdag voluit in vrede.
Môre môre! Vandag moet ek…
Môre môre!
Vandag moet ek 'n voorlegging klaar maak, maar ek is nie lus daarvoor nie. Die werksjaar moet nou asb begin afneem want ek is nie meer lus nie. My kop begin nou almeer staan na Desember en ons opkomende TO Strand kamp. My base verwag wel nog wonderwerke van my af en druk my om projekte in te bring voor die jaar groet
persoonlik dink ek natuurlik dat dit onrealistiese verwagtinge is
, maar hulle dink nie so nie ![]()
Inelkgeval, julle moet die dag geniet! Ek sal maar inspring en my voorlegging klaar maak en daarna miskien bietjie gaan fietsry...
Môre maters, magties maar ek…
Môre maters, magties maar ek is sooo lus om erens onder n bos te gaan sit en ñ hele kas bier uit te drink. En laat net een mens naby kom gooi ek hom met n blik. Môre oggend oog spesialis, linker oog wil nou ophou sien, maak my skoon depresief. Mooi dag vir almal.
Môre Neef, ek hoop jy gooi…
Môre Neef, ek hoop jy gooi hom met 'n vol en koue blik ![]()
Goeie môre almal. Ons…
Goeie môre almal.
Ons breek weer die week. Nou begin die tyd baie vinnig verby gaan. Die jaar is amper verby.
Mag elkeen 'n wonderlike Woensdag geniet
Goeie môre almal, geniet jul…
Goeie môre almal, geniet jul dag ten volle, oor minder as 'n maand is dit weer kersfees.
Goeiemôre almal! Ons is nou…
Goeiemôre almal!
Ons is nou in die middel van die daaglikse oggend storm - die geskarrel en gesmeek vir kinders om aan te trek, eet en tande te borsel om betyds skool toe te gaan - volgende jaar is daar 2 wat moet gaan ![]()
Geniet julle dag! ![]()
Môre sê Kampforum
Dit voel ook vir my of November 2019 se dae korter is as die vorige dae ?
Geniet jou Woensdag voluit in vrede.
Jip, November en 2019 lê op…
Jip, November en 2019 lê op sy rug, kapoet en verby. Nog n paar dae met baie verkeer in die oggende, dan is die Gautengers oppad Durban toe met hulle ventertjies en kan ons weer normaal werk toe ry.
Goeie môre almal, geniet die…
Goeie môre almal, geniet die dag, hier gaan ek braai, nie vleis graai nie, die son gaan my braai😃
Sterkte Sleepnou met die…
Sterkte Sleepnou met die skouer operasie.
Kan nie.....
Kan nie glo dis alweer asblik-dag nie - ons asblik word op Donderdae skoon gemaak.
In elkgeval, goeie môre ! Vandag by ons 33º en ek en die kleinkinders sal maar na skool in die swembad spring !
Die ou suidoos blaas hier by ons die afgelope klompie dae, dus julle klompie daarbo behoort eersdaags lekker reën te kry.
Oom Len, ons het gisteraand…
Oom Len, ons het gisteraand so lekker bui reën saam met klein hael gehad.





Goeie môre almal hier op die…
Goeie môre almal hier op die forum.
Lekker dag vir elkeen vandag. Wat jy ook al doen geniet dit.