Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -35 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -56 minutes ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Waarvan ek en Elma hou

Bloemfontein
Profile picture for user OOM JEEP
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Ek lees nou oral hier. 

Stem oor bos of see

Maar nee.

Elma sê. 

Dit wil ek nounet betyds noem. Ons stem nie baie ooreen nie maar somtyds wel.

Ons hou van die Berge. Om so te sit oppie stoepie of rond te ry... let wel ons klim nie meer nie.... te dik en te lui.

Solank ons net kan uitkyk na dit wat mooi is.  Dit wat GOD geskape het. Nie mure om jou nie.  Daarom hou ons ook nie baie van regte bos-kampe nie, waar jy teen bosse vaskyk nie.

Van Stadens was vir ons baie lekker, nou nie juis die see gesien nie, maar daar is n goeie gees daar. Ons kon die duin sien. Die stilte geniet.

Dis wat ons van hou. Oopte om te kyk tot doer ver. Vrede, stilte met net kamp geluide, reuk van hout wat brand, mense se gesels.

Maar wat my grensloos irriteer is musiek wat te hard is en n dronkie se luide gelag en kru taal. Dit bederf my eetlus en steel my vrede.

 

Freda. Ek luister maar wat se die regering. Syt so.n voorgevoel , en sy sè ons gaan Forever Plett geniet.

 

Ons hoop ons sien van julle ander kampeerders,,,, regte woord....  daar.. Dis in Junie as julle wil weet.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 19/04/2017 - 17:32

Ek glo julle gaan Forever Plett geniet.  Dit is 'n mooi kamp met netjiese fasiliteite.  Die rivier en berge is pragtig om na te kyk.   Wat baie mooi is, is die bootrit op die rivier.  Dit neem jou tussen die berge in.  Die stilte, die swart water, pragtige natuurskoon.

0

Julle gaan definitief Forever Plett geniet. Naweke kan dit bietjie woelig raak maar oor die algemeen is dit baie aangenaam daar. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus