Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Nkwe Pretoria - Voortrekker

Centurion
Profile picture for user Voortrekker
Submitted by Voortrekker on
Forums

Hier is 'n KampBlad artikel met foto's van Nkwe oord net buitekant Pretoria.   NKWE - deur Anton Louw

Ten minste so een keer per jaar net nadat die eerste groot reen geval het, dan roep die swemgat my!

nkwe

 

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 20/04/2017 - 16:55

Dit lyk baie mooi daar Voortrekker.   Ek glo die swemgat is 'n groot aantrekkingskrag.  Jou vrou en kindertjies is net so mooi.smiley

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Thu, 20/04/2017 - 21:53

Werklik Baie rustig daar, afgesien van die onlangse ongeluk.

Ongelukkig kan ons nie oordeel wat werklik die tragedie veroorsaak het nie.

Ek glo dit sal ń goeie plekkie wees vir ń saamtrek, een of ander tyd.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 20/04/2017 - 21:56

Werklik Baie rustig daar, afgesien van die onlangse ongeluk.

Ongelukkig kan ons nie oordeel wat werklik die tragedie veroorsaak het nie.

 Watse ongeluk DK?  Was dit by die gat?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 21/04/2017 - 09:14

Vir die wat al by Nkwe se swemgat was op 'n lekker warm Saterdag, sal weet dit gaan baie jolig daar.  En juis hoekom dit 'n wonderlike idee is dat die kampplek weg van hierdie dagbesoeker area is waar jy rustig kan gaan kamp en nie hoef te kyk en luiser na....

.... die geraas en gekuier wat gepaard gaan met lekker drink en braaivleis nie.  Dit kan baie lekker raak by die gat, die jong dames + manne + hormone + alkohol + testosteroon  laat daardie hoe krans lyk soos 'n sypaadjie.

Ek het al die storie so bekyk en alhoewel my vrou al vir my gevra het hoekom ek nie afspring nie, was my antwoord nog altyd:

  " maar ek het jou mos al klaar beindruk en jou gewen, en ek is klaar my twee seuntjies se hero!  Hoekom moet ek nou my LEWE waag en teen hierdie krans afspring?"

Ek kan myself maar net staan en bewonder aan die geweldige groeps-druk wat heers by so 'n swemgat en hoe die meerderheid van "jumpers" dit doen vir een rede, en dit is om ander te beindruk!

Kyk ek so die spulletjie en hoe hulle al giggelend en wankelrig daar teen die rotse uitklouter met 'n bier in die hand om tot bo te kom - dan se ek vir my vrou;

"dit is crazy, iets kan so maklik fout gaan en dan is dit tickets!"

0
Pretoria

Dylan

Sat, 22/04/2017 - 13:26

Ek het nog nooit hier gekamp nie. Het wel die plek al paar keer besoek as dagbesoeker. Ek is sommer lus en boek n naweek, maar miskien beter om te wag vir die somer

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus