Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Prioriteite, Vertroue, Skelms en wanneer weer kamp.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Die gesie en sy wyfie is in die proses om n huis te koop. Die gesie is nou so amper 45 en die wyfie amper 48. So twintig jaar getroud, daar nie kinders, so op ons ou dag moet ons na ons self kan kyk, daar sal nie n terugval wees as dinge skeef loop. 

Ons kry dus nou ons prioritete reg sodat met aftrede daar nie sukkel gaan wees. Ons eerste prioriteit soos bo gese is om dan n huis te koop sodat dit met aftrede klaar betaal kan wees en ons nie ons pensioen en ander polisse daarvoor hoef te gebruik nie. Ja dan sal ons baie geld he vir kamp, ek dink. 

Oor ons net die twee is, besluit ons om te kyk na n twee slaap kamer plekkie met goeie ligging in n sekuriteits kompleks. Daar moet plek wees vir groot karavaan en twee voertuie.

Ons vermoe is so dat ons vir groter en duurder kan gaan, maar onthou prioriteite. Hoekom dit doen om ander mense te impress en dan kan mens nie gaan kamp en ander lekker goedjies geniet, want jy sit met hierdie moerse huis paaiement. Op ons ou dag dan ook n klein beheerbare plekkie. 

So begin die soektog op die internet na die twee slaapkamer plekkie en ons kry een hier in dieselfde kompleks waar ons bly, baie mooi en voldoen aan ons vereistes. Kontak die agent, en sy se dat iemand anders klaar n offer to purchase geteken het. Sy is egter baie seker dat hul nie finasiering gaan kry en ons kan n tweede inlyn offer to purchase teken.

Doen dit toe, en daar begin die finansiering aansoeke. Gun my gou die kans om julle daarvan te vertel. Dit is nie lekker nie. Dit voel of die mense jou diepste privaatheid binne dring sonder jou toestemming, amper soos hierdie onlangse walglike cartoons van Zapiro en Ayanda Mbulu. n Mens sit daar en moet elke lyntjie van jou bankstate vir die afgelope drie maande en meer verduidelik. Hoeveel karre en bates, kinders, leefstyl vrae ensovoorts. Niks daarvan gehou. Maar ja, die lening is goedgekeur. Jippie.

Ons sou die laaste twee weke van April gaan kamp het maar die bank se ons moet self die oordrag en al daai kostes betaal. Dit gaan so oor die R50 000 beloop. Ons besluit om nie te gaan kamp sodat ons al daai geld kan he, onthou prioriteite, eet toe maar brood die maand (LOL), elke bietjie help. 

Die vrou wat eerste opsie op die huis gehad het se koop gaan toe deur en ons verloor toe die huis. Die huis is langs goeie vriende van ons in die kompleks. Die vriend het toe die dame, nuwe eienaar, ontmoet, en soos mense maar skinder vertel hy haar dat vriende van hom (ons) ook die huis wou koop en dat hul gedink het haar koop gaan deurval. Sy se toe dat sy die helfte van die huis se waarde as deposit neer gesit het en dat daar nooit enige moontlikheid was dat sy nie die ander helfte finansier sou kry. 

Toe ek dit hoor, toe begin ek so wrang smaak in my mond kry. Die agent het dan anders gepraat. Sy het ons met lieg n maand lank aan n toutjie gehou net om kopers op te line vir die huis.

Ek los dit toe maar daar, en ons soek na n ander plek. Ons kry toe n ander plekkie wat nog mooier is en teen dieselfde prys. Baie bly.

Na plekkie gaan kyk en als. Kom by agent om OTP te teken. Hy se toe da thy nou net met verkoper gepraat het en dat daar iemand van die Noordkaap is wat bereid is om R110 000 meer te betaal en dat die nou volgende week en Dinsdag na die plek gaan kom kyk. Sy woorde is toe dat ons kan wag en kyk wat gebeur of ons kan daaran dink om n teen aanbod te maak. Mensig, klink dit nie na skelm streke nie. Ek was en is nog steeds so kwaad. Ek kan nie konfrontasie hanteer nie, en het beleefd gese: OK kom ons wag maar tot volgende week. Of die bliksem van n agent, of die bliksem van n eienaar het my op n afstand sien aankom en vat nou kanse! 

Die wyfie se ek moet nie dinge so opkrop nie, ek moes my piece gese het, ek gaan dood neerslaan van n hart aanval of eendag moerse ontplof. My vertroue in eiendomsagente is moerse gekrenk.

Slotsom.

Huis gaan ek binne kort koop, finansiering is daar, moet net die agente uitkyk. Kamp gaan ek oor so jaar of meer al hoe meer kan want ons neem nou goeie besluite. Tyd van hoog leef om ander te impress verby. Aftrede gaan gemaklik wees met baie kamp. Vertroue in mense, nie maklik nie. Daar word so mooi gesmile en praat. Onder draai die duiwel rond. 

Groete

Die kwaai gesie LOL

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sat, 22/04/2017 - 14:40

Hi Gees. Ja jong verkoops mense kom tot daai punt waar hulle jou enige rat voor die oe sal draai as hulle begim kommissie sien.   Jy moet self maar "ruthless" wees. Ten minste het jy nou so bietjie first hand experience en is beter toegerus om al hierdie wolve te hanteer.

Sterkte en ek hoop julle plekkie wag vir julle!

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 22/04/2017 - 15:04

Ons het ook afgeskaal van gewone huis na huis in 'n kompleks.  'n Drieslaapkamer wat ons verander het in 2 slaapkamer om 'n studeerkamer te hê.   Dit is 135 vk meter en meer as groot genoeg vir ons.   Die dubbelmotorhuis is geteel met plafon en netjiese ingeboude kaste en 'n ingeboude braai.  Die onthaalarea laat die huis sommer groter voel.  Ons kan nog steeds die voertuig daar parkeer.  

Ons hoef nie gras te sny, buitekant te onderhou ens.  Dit is veilig met goeie sekuriteit en mure met elektriese bedrading.   Dit is lekker lock-up-and-go as ons gaan kamp.   Ons glo ons sal nog lank daar kan woon, as ons te oud raak en sorg nodig het, sal mens ander plan moet maak.

Eiendomsagente.  Ja, in enige beroep is daar maar mense wat sorg dat hul brood aan albei kante gebotter is.  Jy moet net by die regte persoon uitkom.   Soos Voortrekker sê, jy het nou geleer en gaan jou nie weer laat vang nie.  Hoe gouer hulle dit agterkom, hoe beter.

Sterkte met die soek, hoop julle kry presies wat julle wil hê.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Sat, 22/04/2017 - 15:09

Dankie tannie Freda, al lyk my post donker, is ek steeds baie opgewonde om ons eie plekkie redelik gou te he, wat n lekker droom wat sal waar word.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 22/04/2017 - 15:57

Gees, jy is gelukkig dat jy die verkoops mense se tricks kon raak sien en betyds daaruit leer, baie mense leer nie.

Ek sou voorstel, gaan na banke en doen navraag oor terug geneemde huise, jy kan goeie bargains so kry. Ongelukkig is jou areas dan beperk tot dit wat beskikbaar is.

Doen ook navra by plekke waarin julle belangstel, by die eienaar self,  hy gaan dalk weet van iemand, of self belang belang stel in jou aanbod. Onthou net, eiendom wat by agente gelys is, mag die eienaar dalk probleme optel as hy privaat verkoop, tensy hy nie 'n mandaat toe gestaan het nie.

As jy die agent uit sny spaar jy groot geld. My dogter het bv onlangs hulle huis privaat gekoop en meer as R100 000.00 gespaar!!! 

0

Stem saam Gesie, ek like ook nie baie van agente nie.

Nou wil ek net weet, as jy nou so afgradeer asof Moodies jy bygekom het, daai wa gaan nie lekker werk met n Nissan NP100 (of is dit nou n 200) nie, hier sal jy jou voet moet neersit en daai nuwe Navara aanskaf!!

N man wil mos nou lekker sleep en ry so op jou ou dag...

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 10/05/2017 - 11:27

Lekke om van jou te hoor ou gees ja huis koop is n moet dis n plek wat jy eendag terug kan val dis joune geniet en sterkte

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 11/05/2017 - 20:25

Gesie, huiskoop is nie perdekoop nie !

As jy nie vertroue in eiendosagente in julle omgewing het nie, skakel hulle uit en hou jou oor op die grond vir geskikte eiendomme wat in die mark kom.  Benader die verkopers direk vir 'n privaattransaksie want hy, die verkoper en nie die koper nie, het 'n ooreenkoms met die eiendomsagente en is verantwoordelik vir die agent se kommissie as die agent die transaksie bemiddel het.

Gebruik die OTP (van die transaksie wat nie geslaag het nie) in jou besit as 'n voorbeeld om solank 'n "template" op te stel sodat jy gereed is wanneer jy 'n privaattransaksie wil aangaan.  Gesels ook met die bestuurslede van julle huidige "body corporate", want hulle weet dikwels van eiendomme wat in die mark gaan kom.

Hou ons interessantheidshalwe op die hoogte van julle huissoektog.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 12/05/2017 - 11:31

Damkie oom Len vir die goeie raad.

Ek het reeds alweer n OTP geteken. Sou hierdie een ook misluk oor een of ander rede, gaan ek bietjie terugsit en oom se raad noukeurig volg.

Groete

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 24/09/2017 - 06:55

Wonder waar is my vriend ou gees het jy toe huis gekoop hoe is die huis en hoe gaan dit ou mater?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus