Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk Springbok rugby Geert -11 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -19 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -19 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -20 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -21 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -23 hours ago

Wat gaan hier aan dat daar niks aangaan nie.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Pokkit - het almal gaan kamp die langnaweek en eers laat teruggekeer? Hier gaan darem lekker pokkol aan op die forum! Nee man!!

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 22/03/2021 - 21:08

Naand Chris, nee man ek voel ook almal is kwaad vir my, niemand wil met my praat niedevil

Ek het so skaam gekry vir my karavaan afdak se toestand, ek sommer 'n paar Alergies pille gesluk, my selfrespek in my sak gedruk, en 'n oordosis moed by mekaar geskraap, ek is besig om die afdak te sand blast en te spuit verfsurprise

Sommer ook besluit om die geute van die huis af te gooi en die facia borde ook te verf, hel my vrou lui aan skok, ek ook.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 22/03/2021 - 21:24

Jissie Johann - jy het dit erg (wat dit ookal is) onder lede. Nee, ek is nog nie só erg daardeur geaffekteer nie. Maar o donkie (amper sê ek "donner") dit is erg stil hier.

Ek het maar vandag die laaste van my grond- en lapa-nette gewas en netjies verpak. My penne-boks is uitgepak, alle penne uitsorteer en bymekaar m.b.v. "cable ties" bymekaar gepas, my wynvoorraad is aangevul om my te hou totdat ek uit die wildtuin by Eiland aankom, 'n paar lamsribbetjies is gekoop, vakuum-verpak en in die vrieskas gebêre en, en, en ....

Intussen ook met Armond Nel (veldwagter in die Karoo Nas Park) gekommunikeer vandag oor die naam van die Potlekkertjie Loop in dié park. Interresante inligting bymekaar gemaak. Oor minder as 4 weke wil ons die pad vat en o.a. die interressante roete 'n paar keer gaan ry.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 23/03/2021 - 06:45

Ons kamp planne die jaar is bietjie in die wiele geruk, ons baby sit die kleinste kleinseun, en doen home schooling vir hom, dan kom Adriaan ook na skool hier na ons toe.

Die komende vakansie is te kort om te te te gaan kamp waar ek graag wil gaan, ons is dus in geperk tot naweek kampe die jaar.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 23/03/2021 - 06:52

Ons het Vrydagaand 10pm die pad gevat bosveld toe nadat ek eers 'n vergadering gehad het van 7 tot 9.   So half 12 by die Lodge aangekom en weer gisteraand terug tuis.  

Ek het gewonder of ek gemis sou word smiley

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 23/03/2021 - 07:03

Wragties dit is tjoepstil. Geen Kampverwante insette hier nie.

esig om n Trekker oor te doen, en hou my gelukkig van die huis se dak af. Huis onderhoud is nie my sterk punt nie, maar moet n plan maak, die dakverf gaan begin vrot, staan al lankal in die stoor.

Chris, het jy al die Potlekkertjie  gesien, nogals n oulike akkedis. Ons het heel toevallig een oggend die knaap op n klip, teenaan die pad  sien sonbak toe ons gestop het om klipspringers te beloer.

Verder is daar so 40l Muskadelsap wat rudtig in vermenteerder is. sal seker so einde van die week n paar liter Witblits afstook.

Nou ja, neef het sy stilte verbreek met n klompie nuttelose woorde.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/03/2021 - 08:00

.... ek het die Potlekkertjie waarskynlik al gesien sonder dat ek besef het dit is 'n Potlekkertjie. Maar ek sal eersdaags vir hulle uitkyk - veral daar op die rotsagtige dele van die "loop".

Na aanleiding van die inligting wat ek van Armond gekry het (via 'n reptielkenner-vriend van hom) blyk dit dat die Potlekkertjie verskillende kleure, van gestreep tot bykans pikswart, voorkom vanuit die Karoo, westelike dele van die Vrystaat, Namibië tot in Suid-Angola. Maar meer bekend as die Westelike Rotsskink of ook die Koppieskink. Potlekkertjie is klaarblyklik net 'n streeks-volksnaam in die Beaufort-omgewing.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/03/2021 - 08:01

Ons was van Saterdag 14:00 tot gister 15:30 by Baden klub buite Montagu. Die Kavango het die hele tyd in die skadu van die groot wildevy gestaan en dit was lekker warm bedags. Sondag het ons ‘n duur dagbesoek aan Guano Caves gebring waar vriende van ons die naweek gestaan het, en lekker gespeel in hulle waterpark. Ek plaas later my resensie van Baden klub en ‘n paar foto’s. 
 

A

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/03/2021 - 08:05

Môre Chris S

Ek was as laerskoolkind op Baden. Ek sien uit na jou foto's van die plek.

Groete

0

My karavaan afdak pas klaar geverf (op die outydse manier, staalborsel, rust stop en enamel met 'n kwas!). Dis genoeg rede om stil te wees, my se skouers, rug en arms is duidelik nie meer gemaak vir so onderstebo soos 'n vink aan 'n leer te hang om by al daai lip channel se hoekies en dinge by te kom nie. tans op Nurofen wat darem vir die pyn help. Die afdak lyk nou weer spiekeries en ek minder so....

 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/03/2021 - 10:27

Môre vriende

Ek hou nie daarvan om publieke langnaweke te kampeer nie, die plekke is meestal net te vol na my smaak.

Dus gaan ons vanaf eerskomende Donderdag 'n rukkie Pilansberg toe. Hopenlik speel die weer saam, is die paaie nie te vrot nie, EN die diere so uitgehonger om mense te sien, dat hulle in die paaie baljaar.

Groete

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 23/03/2021 - 11:23

Ek voel ook soos julle ek al n paar keer die saak geroer ons is tans as ek reg kyk is Ryciak die nuuste forum lid en ons staan dan 1334 lede sterk waarvan ek skad dalk 30 deel neem die res is lede maar neem nie deel wat n jammerte is daar is tans as ek die getal lings bo sien is daar 3473 onderwerpe om van te kies om saam te gesels so ja ek weet nie waar problem le niefrown

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/03/2021 - 11:37

Ek is baie lief vir natuur- en wildreservate. Kruger staan vir my uit bo almal. 'n Kortkop daar agter is die Karoo Nas Park en Kgalagadi. Mokala is ook een van my gunstelinge, so ook die Bontebokpark. Die twee keer wat ek daar was, het ek Etosha ook baie aangenaam gevind. Anysberg (slegs 1 besoek) was vir my ook baie lekker. Baie ander reservate of parke het ek nog nooit besoek nie, maar om een of ander rede vind ek by sommige parke geen aanklank nie. Een daarvan is Pilanesberg en 'n ander is Addo. Waarom? - weet ek nie. Andere raak liries oor laasgenoemde twee parke.

Dus Wessel - geniet jou komende naweek in Pilanesberg. Ek sal maar nog voorbereidings tref vir my trippie wat eerskomende Donderdag oor 3 weke moet afskop. Die wa word tans gediens by Cara-Camp en die Hilux is vanoggend na die paneelkloppers om die agterbuffer te herstel.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/03/2021 - 12:01

Middag Chris B

Onthou net dat Pilansberg vir my bloot 'n goeie plaasvervanger is vir die KNP. Ek is 100km van die kampeerplek, en daar is altyd 'n kans om wild te sien.

Ek weeg baie keer Pilansberg op teen ander plekke, soos byvoorbeeld Dinokeng. Ek mag verkeerd wees, maar baie van die Dinokeng oorde se fokus is op kinder- vermaak en nie op wildtuin nie. Net so sal ek ook nie Dube toe gaan, as ek goedkoper in Pilansberg kan staan nie.   Voordat iemand kritiseer----ek kamp sonder kinders en kleinkinders, dus is my prioriteite sekerlik anders as van die meeste ander forumlede.

Sterkte vir Hilux herstelwerk.

Groete

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 23/03/2021 - 14:02

Wessel, jy moet Willemsus binne Dinokeng gaan probeer, ek hoor die pad is nou maar sleg, maar toe ons daar was, was dit een van die lekkerste oorde in die omgewing. Baie stil en rustig. Mens moet net baie stadig ry as die pad erg is, ons het op 'n pad gery wat langs die "hoof pad" was en geen probleme ervaar nie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 23/03/2021 - 14:39

Middag Johann

Dit het ek verlede jaar September ook besoek. Ek stem saam dat die oord  baie lekker is. Ek het egter die wildritte total onbevredigend gevind.

Behalwe die slegte grondpad, is dit omtrent ewe vêr vir my na Willemsrus en Manyane. Daarom wen Pilansberg elke keer as ek wil wegbreek.

Groete

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 23/03/2021 - 16:49

Ek het al verskeie kere van Baden gehoor, maar vir die eerste keer kry ek darem so rofweg 'n idee van die oord.

Jy't ook genoem dat julle vir vriende gaan kuier het by Montagu Guano Caves. My seun en sy gesin het saam met vriende die vorige naweek daar gekamp. Hulle het blykbaar baie warm gekry - selfs in die nagte. Sy terugvoering aan my was dat hy nie baie beïndruk was met die kampeerterrein en ablusies nie, maar dat hulle oor 'n pragtige swembad-area beskik.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 23/03/2021 - 19:09

nie baie beïndruk was met die kampeerterrein en ablusies nie, maar dat hulle oor 'n pragtige swembad-area beskik.

 Ons was net by die waterpark. Dis werklik netjies en groot pret. Volgens ons vriende is dit egter ry afstand van die kampterrein af. Jy mag ook nie eet of drinkgoed daarheen vat nie, en moet by hulle koop. Dit raak vinnig ‘n duur speletjie. Daar is ‘n paar sg VIP kampeerplekke langs die waterpark wat effens meer kos, maar daar is nie eintlik skadu sover ek kon sien nie. Dit voorkom ook nie die kostes aan eet- en drinkgoed nie. Ons dagbesoek het R520 gekos net aan toegang. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus