Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rusteloos... Kruger 2026 Wessel Strydom -29 minutes ago
Gesels, gesels ons Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -39 minutes ago
Stem Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Wat 'n 'show'! Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Maar net 'n kans gevat Wessel Kruger 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
.....en nog! Kruger 2026 Geert -2 hours ago

Sluip sluip terug..

Nelspruit
Submitted by Koos Mol on
Forums

Soek toe 'n afdeling waarin ek my her-intree kon doen. Na 'n afwesigheid van 16 maande is die  'welkom" afdeling maar my enigste opsie.

Ek het geen verskoning vir my stilswye nie........... nie gesondheid nie (met dankbare genade van bo), ook nie ander lewensomstandighede nie en luiheid sal ek ook nie aanvoer nie. Miskien was dit maar net onttrekkingsindrome na die langkamp of om die geeikte SA term te gebruik .............. ek was maar net "off-line" gewees.

Met my en Irene gaan dit baie goed, ons gesondheid hou en ons bly baie lekker in ons nuwe tuiste. Ek het nog steeds soms verlange na ons nomadiese bestaan maar gelukkig heel die tyd. Elke keer as ons na my vertellings en fotos kyk van al ons ervarings/toere besef ons dit was ervarings wat ryklik bygedra het tot ons menswees, en vir altyd daar sal wees om aan te herkou. Die vele medekampers wat ons ontmoet het, het positiewe insette in ons lewens gebring en heelwat is vandag hegte vriende.

Die afgelope 16 maande, so 8 maande as jy die "lockdown" maande uitsluit, het ons op kamp/karavaan terrein nie stilgesit nie: ek vertel later meer daaroor. Die Sensation het plek gemaak vir 'n Penta, wat ons baie geniet en reeds een Nkwe, 2 wildtuin en een Swadini trippie mee gemaak het.

Tot later.

PS: Die einde van die maand staan ons 'n paar dae op Berg en Dal, net om seker te maak die wa se wiele bly rond.

 

Middag Koos

welkom terug, ons sien uit om meer van julle onlangse kamp wedervaringe te hoor.

Groete

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 01/04/2021 - 12:17

Welkom weereens op die forum Koos. Ek's bly om weer van jou te verneem. Ek hoop om jou en Irene ook weer 'n slag raak te kamp.

Ons eindig wel vanjaar in die suide op (Krokodilbrug) en sou aanvanklik daarvandaan via Nelspruit teruggekeer het. Ons het gehoop om vanaf mid-Julie by die ver kinders te gaan kuier. Maar noudat dit duidelik blyk dat ons a.g.v. Covid se kloue nie sommer vanjaar sal kan vlieg nie, gaan ons maar na die maand-en-'n-half in die wildtuin Eiland toe. Ons slaap nou ons laaste nag in Satara ten einde nie so 'n lang skof tot by Eiland te hê nie.  Dus kom ons glad nie in jou nuwe woon-omgewing uit nie. Ek sal wraggies nie Nelspruit langs ry en julle mis nie - dus, hopelik iewers in die toekoms. Ek wil nog daardie beloofde rooi tapyt wat jy beloof het kom beleef.

Jy en Len behoort darem 'n paar dinge te hê om oor te gesels wanneer hulle eersdaags by julle kom oorslaap.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 01/04/2021 - 12:32

Hallo Koos  -  sommer baie lekker om hier ook van jou te hoor.  Sien julle oor 'n raps meer as 'n maand in Nelspruit !

Ek sien gister op FB Jaco het die tuig in die Kruger Wildtuin neergelê.  Hy moes nogal sy merk daar gemaak het want daar is 'n klomp mooi, dankie/voorspoed boodskappe vir hom.

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 01/04/2021 - 17:50

Dag sê Koos, welkom terug, klink my jy was lui, maar bly jy het daai storie gelos en weer kom groet, ons kyk uit vir 'n lekker gesêls program hier.

0
Nelspruit

Koos Mol

Thu, 01/04/2021 - 19:02

Dankie vir al terugverwelkoming, word waardeer. Onthou die tee/koffie staan altyd reg hier by ons (noodgevalle ook welkom).

Chris:   Die rooi tapyt is al sopnat gereën en sonverblyk maar bly steeds uitgerol.

Len:      Ons sien uit na julle kuiertjie. Jaco se vertek van die park is so 'n soetsuur storie. Gesels lekker as ons julle sien.

Willem:  Stuur aub weer jou lys vir my, ek wil graag beskikbaar wees vir hulp in hierdie area.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 02/04/2021 - 08:56

Jy is no steeds op die lys, ja ek is agter met hom, sal hom weer uitstuur en vra dat lede hulle inligting opdatum bring.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus