TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -26 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -44 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -46 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -51 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Hoe maak jy moerkoffie as jy kamp ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onMon, 05/04/2021 - 17:24
Forums

Ek is half skamerig om te vra want op my ouderdom is ek veronderstel om te weet hoe maak 'n mens kamp-moerkoffie ?

Ek het jare terug 'n oulike koffieketel en 4 blikbekers (nogal mooi blou wat by die Exclusive pas) gekoop.  In die ketel is 'n megêfterkie wat die purkuleerder genoem word.  Ek weet natuurlik hoe om kitskoffie te maak, maar wil nou graag moerkoffie op my gasstoof maak.

Vertel my nou asseblief in detail hoe maak ek die moerkoffie.

Baie dankie.

Ns. Jy hoef nie by te voeg nie, ek weet dat gedurende vakansie word melk nie bygevoeg nie maar wel kondensmelk  -  diabeet of te not !

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 05/04/2021 - 17:51

Len, as dit so aluminium katoeter is wat n bakkie het wat om n pypie is waaarvan die voetjie soos n plat tregtertjie lyk, ken ek dit.

Sit jou gemaalde koffie, so eetlepel per koppie in die bakkie, dekseltjie op,  water genoeg vir jou bekers met so halwe ekstra. Nou prut jy dit op die stoof, die water sal deur die pypie opstoot en so die koffie perkoleer. Die modelle maak nogals n sterk koffie en meestal gebruik jy Espresso mengsel.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 05/04/2021 - 18:07

Moet erken, ek het lui geraak en gebruik sakkies koffie. Vroeër het ek wel Kloof of Kofiehuis moer koffie gemaak, het so keteltjie wat maklik 8 bekers koffie maak. Daarvoor het my vrou so lap sakkie gemaak waarin ek die moer (grof gemaalde korrels) in gegooi het en dit goed laat prit.

Daai reuk van regte koffie word nie maklik gewen nie. 

Ek hou nie van enige koffie nie, net outydse gewone "plain" moer koffie, of as ek nie kan kry nie, net Ricoffee.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 05/04/2021 - 18:12

Len, ek drink geen melk in my koffie nie, maar wel net in Ricoffee, moer koffie moet sterk, soet en swart wees. (4 lepels bruin suiker, ek gebruik nie wit suiker nie).

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 05/04/2021 - 18:21

Ek sal my nie uitlaat oor koffie-maak nie. As ek die slag wel moerkoffie maak, gebruik ek 'n "plunger". Maar moerkoffie drink ek maar alleen - Ralie sê my koffie is sterk en sy volstaan eerder by haar Nescafé Classic. Moet sê - dit is maar die koffie wat ek ook die meeste drink - en dit is nogal verskeie bekers per dag.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 05/04/2021 - 18:39

So verskil elkeen se smaak, Bennanta drink weer net Frisco, dis mos nie koffie nie, dit stink vir mywink

By die huis drink ek een beker tee soggens, daarna net Coke. As ons kamp drink ek 'n beker koffie, dan later nog een met beskuit, dan slaan ek oor na Coke.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 05/04/2021 - 19:42

Dankie Herman, myne lyk presies soos jy beduie  -  kyk foto hieronder.

Ek aanvaar die aanvanklike hoeveelheid water in die ketel moet nie tot teenaan die moerkoffie in die katoeter kom nie.  Hoe weet jy wanneer is die koffie gereed om te skink ?  Watter soort koffiemoer verkies jy ?

.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 06/04/2021 - 06:23

Len, vir elke eetlepel koffie in die bakkie, gooi jy n beker water in die ketel, met so halwe beker ekstra. En ja, die water moet nie die bakkie raak nie. Die tipe perkoleerders brou jou koffie sterk, so eksperimenteer maar. Poeierkoffie is kasaterwater teen die beker, en as jy n Espresso mengsel gebruik, smelt dit die teelepel.

Hoe donkerder gerooster die koffie is, hoe sterker is dit. Op die pakkies sal jy lees dit is n medium of dark roast,en dan is daar vreeslik baie mengsels van Etheopian, Arabica etc bone of dan blends. Ek hou van House of coffees se decafinated, lekker sonder die bewerigheid van te veel kaffiene. Ons elke dag koffie is "Beans about Coffe" se Sidewalk blend, kry by die koffiewinkel hier op die dorp.

Terloops,  Kopi Luwak is die duurste koffie in die wereld. Sivette eet die koffie bessies. Die kuttels word opgetel en dan gemaal. S0 R8k vir n pakkie....het al eenkeer n beker gehad, nee wat dit is nie spesiaal nie.

Môre alle koffie drinkers

Ek lees lekker aan julle koffie gewoontes. Ek is seker maar te haastig om in die veld te kom, dus maak ek nuwerweste moerkoffie----koop goeie kitskoffie en moer die water op.

Hoe minder katoeters ek hoef in te pak, en saam te sleep, hoe beter.

 

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 06/04/2021 - 10:18

...die voordeel van NIE minimalisties kamp NIE, sulke goed soos 'n koffiekan (met katoeter) en blikbekers bly in die wa en hoef nie elke keer ingepak te word nie.

Ek is juis besig om onnodige items in die wa wat nie gebruik word nie, te verwyder en dis hoe ek op die koffieketel afgekom het.

Hello Len

…. 'n groot wa vir meestal net 2 persone. Lekker baie pakplek tot jou beskikking.

Ek sukkel nog om te onthou waar ek goed pak in die Kavango, en dan moet ek vreeslik soek na goete wat sommer in wa bly. Elke ding moet sy eie plek hê, en die plek moet nie verander nie.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 06/04/2021 - 10:30

Dit kom my baie oor, vergeet ek het dit, wat nog waar is dit. sad

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 06/04/2021 - 11:58

Sekere dinge is nie onderhandelbaar nie. Koffie is een, en as jy net 2 bekers op n dag drink, dan is dit noodwendig net so belangrik soos die glasie wyn in die aand. Nie Papsak nie !!

Die Nescafe cuppochino suger free sakkies is heel skaflik vir n piekniek by n watergat. Gooi net warm water by, let wel warm water. Kookwater laat die lekker geur in koffie verdamp. Kampkoffie maak ons met n plunger wat net 2 bekers hou, so half liter model. So nou weet my kampmaters Neef is n koffiesnob.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 06/04/2021 - 12:20

Nie Papsak nie !!

Nee man - ek drink alte lekker aan Two Oceans of Du Toitskloof se Sauvignon Blanc of beide se rooi versnit. Net baie makliker om my wyn in daardie 3 liter boksies te vervoer. Kartonne met bottels daarin vat te veel plek en gewig op - veral as jy minstens twee maande se voorraad saamry.

Middag Chris B en onse neef Herman

Stem saam met beide, MAAR daar is 'n tyd, plek en en praktiese omstandighede wat bepaal of dit lekker wyn uit 'n papsak of bottel is.

Sommer vir normale huishoudelike gebruik, kan ek nie fout vind met wyne uit 3l dosies nie. Vir kampeer/vervoer hou dit ook voordele in.

Du Toitskloof  se Cabernet en Shiraz proe ook geheel lekker. Robertson se natural sweet is ook lekker.

Nou moet ons dalk afklim van die moerkoffie draad, of iemand gaan sy moer[koffie] pluk. 

Bloemfontein

Lapskag

Tue, 06/04/2021 - 20:49

Hi Len, terug by jou moerkoffie maak, ek wou sê baie versigtig anders kan jy dalk brand wink Soos Neef Herman verduidelik het, ek maak myne ook so. Laat hom so rukkie stadig prut dan loop hy mooi

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 06/04/2021 - 21:13

Kan ek asseblief net seker maak :  vul ek die ketel met warm water vóór ek die moerkoffie in die perkuleerder skep ?  Dus vul ek eers die regte hoeveelheid warmwater (nie kookwater nie) in die ketel en dan kom die koffiemoer in die perkuleerder ?  Daarna kom die ketel op die gasplaat op lae hitte (moenie kook nie) en dan moet die spulletjie vir so 10 minute prut.

Verstaan ek reg ?

Bloemfontein

Lapskag

Wed, 07/04/2021 - 07:25

Klink vir my jy is op die regte pad, die kannetjie sal dan stadig die water deur die system werk en toelaat om te prut. As ek reg het, kry die koffie so bitter brand smaak as jy dit op te hoë hitte kook. Sterkte daar, ons sin werk nog elke dag sover op toer

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 07/04/2021 - 07:41

Nee o wee, dit raak 'n tegniese probleem van epidermise proporsies, ek sal maar liewer by my sakkies moer koffie bly.wink

Moer die sakkie in die beker, moer kook water in, en siedaar, 'n heerlike beker moer koffie in 'n oog wink. (Nie plastiek koffie nie)

Vir die sensitiewe lesers, verskoon die taal verbruik, ongelukkig is dit noodsaaklik vir effekdevil

Môre Johann en ander

Ai tog die woord "moer", dit kom so dikwels voor in ons moedertaal. Arie sal moet help, maar ek is onder die indruk dit kom van die stamwoord "moeder" in die Hollandse oorsprong.

Nee, knormoer is nie jou vrou of skoonma nie, dit is die "starter" van jou voertuig.

Groete