Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Swadini loshande Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Ek neig om te verskil Forever Swadini of ATKV… Chris Boucher -4 years ago
Eiland Spa Forever Swadini of ATKV… wessels -4 years ago
Eiland / Swadini Forever Swadini of ATKV… Servaas -4 years ago
Gou n ander oord ook bespreek Forever Swadini of ATKV… Josef Willem -4 years ago
Tshipise ... Forever Swadini of ATKV… Willem Brits -4 years ago

Karavaan permanent in geprop of nie.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Sedert ek my standaard 3-way yskas met 'n Hisense dubbel deur 220v yskas vervang het, en ook moeg was vir baterye vervang, hou ek my karavaan permanent in geprop op krag.

Dit was ook die advies van Batery Center, nou is my vraag.

Is dit goed vir die Herculus 10 wat in die Penta is of nie? Die batery hou baie beter.

Na net oor drie jaar, het ek nog geen probleme ondervind nie,  maar op ander forum sê een persoon dis goed, ander sê weer nie so goed nie?

Wat is die algemene gevoel op die forum?

Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 28/04/2017 - 13:16

Johann, solank die Herculus outomaties afskakel as battery vol is, is dit seker goed?, maar, o, wee, as die goed begin lol, en jy kry daardie suur reukie!!!!, dan is daai battery lankal in sy meor!!! Ek het sommer altyd klein sypel-laaiertjie (trickle charger) op battery gelos, permanent, dit laai so min of meer .45 na .50amp, en kan battery vol hou (motorfiets manne gebruik ook min of meer so-iets).

Ek het laaste wa se battery (die TV-tipe battery - NIE diepsiklus, maar wel minder plate as gewone battery - baie in gebruik by sink-nedersettings!!) aan die gang gehou vir 7 jaar. Nooit eers die ChargeMaster aangesit , die sypel-laaiertjie het battery goed laat werk, en die 12v ligte was altyd in gebruik soner enige probleme.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus