Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -11 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -12 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -14 hours ago

Brandstof prys styging

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Branstof prys verahder Woensdag 3 Mei 2017.

Petrol Reef Coast Unleaded LRP Unleaded LRP 93 95 93 93 95 95 03 May 2017 1357 1379 1357 1318 1330 1330 05 April 2017 1308 1330 1308 1269 1281 1281

 

Diesel Reef Coast   New   New 0.05% 0.01% 0.05% 0.01% 03 May 2017 1181 1186 1142 1147
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 31/03/2022 - 07:48

Ek lees gister dat daar moontlik ‘n belasting vakansie (wat heffings op brandstof betref) oorweeg word. Dit sal ongeveer R6/l “afslag” bewerkstellig, wat die dieselprys na die April verhoging na rondom R17/l sal afbring. Volgens die berig sal dit ongelukkig net vir twee maande (April en Mei) wees. Dit gaan die Karoo NP ou ballies en vir Oom Len en Wessel help met hulle toere, maar in Julie gaan ek waarskynlik nog meer as R25/l betaal soos dinge nou voortstoom. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 31/03/2022 - 10:47

.............indien dit realiseer gaan dit my soos 'n handskoen pas !

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 31/03/2022 - 11:05

Ek sal nie asem ophou oor daai R6/l "afslag" nie. Die impak daarvan op die fiskus sal groter wees as die nie-betalers en "moontlike" kansellasie van die gautengse e-tol stelsel...en ons weet hoe dit daarmee gaan. Dalk meer realisties is die impak op die olieprys deur die vrystelling van miljoene vate deur die VSA uit sy oliereserwe...die olieprys val reeds agv Biden se aankondiging dat hy dit oorweeg (Brent tans op sowat 106 USD/vat). Maar nouja, ons sal enige "afslag" aanvaar as dit wel so is! Begin juis my somme maak vir Junie/Julie se trippie Scottburgh toe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 01/04/2022 - 12:25

Hy het sopas op RSG die berig hier bo weerspreek. Hy reken die volle R1,50 sal afgetrek word van die onderverhaling, en petrol sal dus ongeveer 27c/l duurder en diesel R1,48/l duurder word volgende week. Hy reken ook dat die pryse dalk so R1,50 kan afkom volgende maand indien die Rand so “sterk” bly want die olieprys daal nou omdat die Amerikaners oliereserwes beskikbaar maak. Ek sit sterk in aanhalingstekens, want ek kan onthou toe die US Dollar R3,42 gekos het (toe die ANC oorgeneem het).

Die kommerwekkende ding is dat ons regering die tekort wat die afslag op die brandstof tot gevolg gaan hê, gaan finansier deur ons oliereserwes te verkoop. As die oorlog voortsleep en olie raak skaars sit ons dan sonder reserwes. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 19/04/2022 - 21:08

Brandstofkoste & karavaan-vakansies :

Toe hierdie gesprekslyn 5 jaar gelede begin is, was die koste van diesel net onder R12 per liter en hier staan ons al by amper R24 per liter !  Ek het opgemerk by ander gesprekslyne word ook kommer uitgespreek oor die volhoubaarheid van karavaan-vakansies  -  alles inaggenome dit word net te duur.

Ek kan myself moeilik indink aan 'n see- of Wildtuin-vakansie sonder my Exclusive en die gebruiklike kampopset  -  dis net iets anders wat ek nie wil prysgee nie.

Ek is oormôre oppad Wildtuin toe en besef almeer dat dit hoogswaarskynlik my laaste karavaan-vakansie in daardie wonderlike plek sal wees.  Net my dieselkoste oor 'n periode van 'n maand gaan R24 000 uit my sak jaag en ek weet dit kan nie so aangaan nie.

Om skielik net handdoek in te gooi sien ek ook nie voor kans nie  -  miskien moet 'n ou maar oor tyd begin afskaal, bvoorbeeld 'n toertjie na Addo, Bergkwagga en Karoo en met die verloop van tyd selfs hierdie drie, een vir een uitskakel.  En dan so tussen-in korter see-vakansies by oorde hier in ons omgewing.

Maar een ding is seker, Kruger Wildtuin-besoeke met 'n karavaan hier uit die Weskaap, veral vir 'n pensoenaris :  die skrif is aan die muur !

Ns. Ek kan nie glo dat ek my hand hierbo op papier gesit het wat in my gedagtes ronddraai nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 19/04/2022 - 21:58

... jy is maar net realisties. Dit is vir my ook 'n spreekwoordelike bitter pil om te sluk om te dink dat my gereelde vakansies na my mees geliefde bestemming (die wildtuin) baie moontlik iets van die verlede is. Nie net speel brandstofkoste 'n rol nie, maar soos ek op 'n ander draad genoem het is veiligheid en sekuriteit ook 'n groot faktor. Ek voel nie meer veilig om die langpad aan te durf in sekere dele van ons land nie. Soos Hennie Botha ook op 'n draad genoem het, is padtoestande ook 'n kwessie - veral as jy sleep.

Ek voel net veiliger om hier in die Wes-Kaap te reis - nie dat ek in 'n waan verkeer nie.  Dit is egter ook vir my meer bekostigbaar.

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 20/04/2022 - 05:46

Len en Chris B, ja hierdie is 'n realiteit. Ek begroot wel vir my vakansies ens, maar die stygende brandstof pryse het ook 'n groot faktor hoekom ek nie meer vêr wil sleep nie. Die padtoestande is egter skrikwekkend hier in die noorde.

0

Die prys van brandstof is erg, maar die toestand van ons paaie is doodgaan-sake.

Ons het as gesin Sondag ietsie gaan eet by Harties, ek was moeg en gespanne soos ek vir slaggate moes uitswenk!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 21/04/2022 - 13:54

My swaer is vanoggend deur Wolmaransstad, hy se in die dorp is die pad totaal on rybaar, maar voor, en na Wollies is dit gaanbaar. Hy is oo pad Hartenbos toe en slaap vannaand in Steenbokkie oor.

Ry met 'n Fiat motorhome met sleepwa agter.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 21/04/2022 - 14:42

Come to the first stop street from the Johannesburg side --- Been like that, and getting worse since 2019 when last I went by-n-by there.

Had a fly-by-night-fez-wearing-fella (if you catch my drift) try to con me into buying "a full set (5 tyres) of brand new" BF's for my Landy when I was shopping at the spar there, for R800 / tyre

How dat scam work ? hehehe He will go & fetch a tyre and bring it to me to check out, Then if I'm happy I give hime the cash for the 4 tyres and he will fetch them, something about the seller's brother must not know, so I can't go with BLAH BLAH BLAH 

what he think I got in my head worn out tyres?

nou-ja---- S -AAAAAAA

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 30/12/2022 - 07:49

Soos Len vroeër genoem het, was diesel onder R12.00 toe die gesprek begin is, nou lees ek die volgende raak, en ons gaan dit miswink

Brandstof Prys Jan 2023

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/12/2022 - 10:13

Een brokkie goeie nuus voor die jaar sy blaker gesien het.

Dalk moet ek my tenk leeg gaan "street race" in die hoofstraat die naweek, dan spaar ek volgende week baie op 'n voltenk.laugh

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 31/12/2022 - 07:20

Nogal ‘n wesenlike besparing as ek weer die Prado sou volmaak. Ek glo egter nie dit gaan gou weer gebeur nie. Daar behoort nog ‘n halwe tenk (eintlik een volle, dus 90l) oor te wees wanneer ons vanmiddag by die huis stop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus