Goeie môre Kampforum vriende, geniet die dag.
Die mense wat vandag weer in die pad val, moenie seer kry nie, ry veilig en kom veiligby jul bestemmings aan
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Ja die daweek het sy gat gesien, was toe nie so koud nie. Ons was net 4 wat gegaan het met Satardag aand 'n groot skrik verrassing, maar later daarvan. Was lekker om met Willie te kon blad skug.
Julle moet die dag voluit geniet.
Saterdag en Sondag ligte…
Saterdag en Sondag ligte reen gekry, was sommer bledie koud. Gisteraand eerste ryp gekry. Vanoggend was daar so paar sneeukolle op die Swartberg. Hello winter, en oor 21 dae draai die seisoen.
Die son draai
oor 21 dae draai die seisoen.
Ek klou ook aan 21 Junie, want dis ‘n sielkundige mylpaal in terme van die seisoene. Die dae word weer langer, maar ongelukkig is dit nie eers die middel van die winter nie. Veral nie hierdie jaar wat dit so laat begin nie. Verlede jaar was dit Desember nog nie eers ordentlik somer nie. Almal onthou seker die gure weer wat ons toe ervaar het.
Die aarde draai
Ek het nog altyd geglo dit is die aarde wat om die son draai.
Maar ja, na die 21ste beweeg dinge weer na 'n meer gunstige punt.
Jy praat van seisoene wat…
Jy praat van seisoene wat laat is Chris. Gereeld hoor ek dat daar beweer word dat die seisoene "aanskuif", en vir my voel dit my ook so, maar dit kan nie regtig gebeur nie. Wat ek wel glo is dat die weerpatrone verander, en dit is seker agv aardverwarming.
Terloops, die enigste maand wat dit nog nie in my vallei gesneeu het nie, is Februarie. En die is deur n betroubare bron vertel. So dalk is die weer maar niks nuut nie, net n herhaling van die verlede. Ek moet gaan opsoek, hier in die onlangse verlede, was daar n "mini ice age" ek dink in die 17 of 1800's rond.
Môre sê Kampforum lede 👋☕
Skies, ek is laat maar moes vroeg uit en nou eers by die huis gekom. Iets is verseker aan die broei nou dat dit op die vooraand van Junie is. Ek wag vir jou verduideliking Herman.
Maar geniet julle dag verder.





Môre sê Kampforum lede 👋☕
Die naweek is dit kamp naweek. 🏕🥶🔥🍷🥩
Geniet julle dag verder.