Hier in Hartenbos het die son vanoggend geskyn. Vanmiddag het die wolke begin oortrek en donderweer begin. En nou reën dit lekker. Heerlik!
Ons wou 'n pot op die kole maak vanaand. Colin het hom nou begin op die gasstoof in die tent. Wat is nou lekkerder as dit? Kos op die stoof, 'n glasie in die hand, lekker rugby kyk en reën op die dak? Dis darem swaar om so te suffer as jy kamp ne? ![]()
Nou reën dit lekker
Dit reën nou lekker hier by ons in Pretoria, Daspoort.
Lekker reën?
Ek dink die dag, 5 Mei 2017, toe ek die draad geopen het, was die laaste keer wat ons lekker reën gesien en gehoor het. ![]()
![]()
Die maand daarna het ons by Forever Plett gekamp en ek kan nie onthou dat dit juis daar gereën het nie. Daarna was ons terug in die Baai en hier het dit nog nie ordentlik gereën nie. Ai tog, een of ander tyd moet ons darem 'n beurt kry?????
Phalaborwa
Die letaba rivier loop sterk so in Phalborwa , Mica opvangs gebied blykbaar oor 100 mm reen gekry. Freda daai reen is oppad
Het gister 5mm en vanoggend…
Het gister 5mm en vanoggend 15mm uit gegooi.
Hier het ons vir gister 30mm…
Hier het ons vir gister 30mm gehad, so lyk die syfers vir die twee tydperke:
2017
06-Feb 3.
10-Feb 7
19-Feb 38
20-Feb 116
21-Feb 88
23-Feb 14
27-Feb 5
28-Feb 3
2018
02-Feb 49
07-Feb 37
11-Feb 5
15-Feb 14
19-Feb 10
21-Feb 30
Dalk bietjie goeie nuus. …
Dalk bietjie goeie nuus.
Nat, koue naweek vir dele van SA verwag https://maroelamedia.co…
Reen nou te lekker by ons…
Reen nou te lekker by ons. Die weer is nogal swaar.
Hier by ons ook lekker baie…
Hier by ons ook lekker baie water afgekom!
Vaalpark het seker so 5 / 6…
Vaalpark het seker so 5 / 6 mm gekry, ek sal more oggend gaan uit gooi. Dit voel sommer hoe die lewe weer terug kom.
Maak julle.............
..............daarbo in die noorde reg vir nog lekker reëm, Die suidoos waai al heeldag vandag en die voorspelling vir môre is 50kpu ! Dus, reën in die noorde is aan die kom.
Dus, reën in die noorde is…
Dus, reën in die noorde is aan die kom.
Ja want hy terg al die heel naweek - dit is baie bedompig en die vlieë is lastig, maar die water val nie!
Petrol dorp
Het vanoggend 30 mm uitgegooi ja die noorde kan doen met nog reen
4mm by ons
Ai tog! Ons het nou oor die afgelope 3 weke 17 mm in totaal gehad. Elke bietjie help maar dis erg droog hier.
Ek het nou 40mm uitgenooi…
Ek het nou 40mm uitgenooi sedert dit gisteraand begin reën het ![]()





Volgens die weerburo gaan…
Volgens die weerburo gaan dit more daat lekker reen (60%0 kans vir reen volgens voorspelling)