Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
baie roete opsies... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Toer Kaap toe Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Vlieg Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Prys van brandstof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
nie geweet.... Nog lekker hoender resepte Wessel Strydom -2 hours ago
Opsies vir Kaap kuier Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago

Los vries & koelkaste

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Om nie Chris S se gesprek skeef te trek nie, begin ek sommer vir lekker klets die ene.

Die vraag is, hoe gebruik julle, julle losstaande kaste, waar vervoer jy dit, en hoe voorsien julle dit van krag, of gas aangedrewe 

Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/08/2022 - 12:02

Ek oorweeg dit ook om soos Chris S op te gradeer noudat ek Grompie het, en hopenlik baie lank gaan gebruik.

Tans is my ekstra NL-kas agterop die bakkie. Dit is nie gekoppel aan enige battery nie. Indien ek langs die pad oorslaap, koppel ek krag daaraan, hetsy 220 of 12 V, net daar agter op die bakkie. Ek het al etlike ure so gery en die kas ontdooi nie.

Sodra ek by die kampeerplek kom, word die kas uitgepak, sodat ek dit kan aftel en in die tent staanmaak. Daar kan ek dit weereens aan 12 of 220V koppel. 'n Nadeel is dat ek nie my NL kan oopmaak onder/binne die kappie nie. Daar is dus vir my weinig sin in om die ding gedurende my hele kampeerperiode agter op die bakkie te los. Mens kan die probleem oorkom deur nog geld te spandeer op 'n roller stelsel om die kas "uit" te trek tot waar die deksels kan oopklap. 

Ek vermoed dat persone wat toer deur 'n gebied waar die kamperplekke nie krag het nie, en sononder by hulle eennag oorslaapplek kom, aan 'n ander plan moet dink. Sulke ouens het na my mening 2 opsies;

1] sonpanele bo-op die wa of voertuig se dak wat die batterye in die wa kan laai en die kaste aan die loop kan hou deur die dag. In so 'n geval sal ek net die kaste afsit in die aand om batterye te spaar. Die ander nadeel vir 'n ouman van beperkte lengte is die gewig op 'n opwipdak. Mens moet darem die dak kan lig, of die panele kan aftel.

2] die voertuig se alternator inspan om al die batterye, tot in die woonwa gelaai te hou. 

Nou wonder ek net wat is die goedkoopste opsie, veral vir 'n beginner wat argumentsonthalwe nog nie enige komponente het nie. Wat ek bedoel, byvoorbeeld nog nie sonpanele, laaistelsels ens het nie.   

.

0
Worcester

Wildehont

Thu, 04/08/2022 - 13:46

sonpanele bo-op die wa of voertuig se dak wat die batterye in die wa kan laai en die kaste aan die loop kan hou deur die dag.

Ek het al vertel dat ek die ou 90W paneel op die Kavango se dak wil vervang met een met ‘n groter uitset. Ek het toe oorweeg om dit op die Everest se dakrak te monteer om die tweede battery gelaai te hou tussen wildritte. Toe besef ek dat die kar dan in die son sal moet staan tydens die warmste deel van die dag. Dit en yskas in die kar gaan saam werk soos die EFF en die VF+ As ek sien die tweede battery benodig laai tussen ritte sal ek maar nog ‘n verlengkoord maak vir die sonpaneel (soos die een wat ek vir die Kavango gemaak het). 
 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 04/08/2022 - 15:22

Ek het al genoeg op hierdie forum vertel van my McGyver-stelsel (Len se beskrywing) wat ons in Tsendze gebruik - daarom sê ek niks verder daarvan nie.

Wat ek wel 'n schlep vind met die Snomaster wat agter in die Hilux bly staan wanneer ons sonder krag in Tsendze kamp, is die feit dat ek nie die vrieskas se deksel behoorlik kan oopmaak nie. Daarom gee ek nou oorweging daaraan om 'n "slider" agter in die Hilux te laat installeer. Maar die "slider" moet ver genoeg uitskuif bo-oor die bakkie se agterflap sodat die Snomaster se deksel heeltemal kan oopmaak.

Wanneer ons net oorstaan op pad wildtuin toe, lê ek ook maar 'n elektriese kabel aan om die kas deur die nag op krag te hou. Maar ek het wel 'n 12V koppeling agterin die Hilux wat gebruik word terwyl ons ry - dit is uiteraard noodsaaklik vir Tsendze aangesien my bakkie se battery die enigste kragbron vir die Snomaster is terwyl ons daar kamp.

Op plekke waar ek langer staan, word die kas ook uitgelaai nadat dit eers leeggemaak is - want 80 liter+ se vleisprodukte is maar vrek swaar om in die kas te hou met die uitlaai-slag. Gelukkig haal die mandjies maklik uit - mits jy die kas se deksel ten volle kan oopmaak. 'n "Slider" gaan dus in sulke gevalle die uitlaai baie vergemaklik.

Soos op 'n ander draad genoem, het ek gister 'n kwotasie aangevra by dieselfde ouens by wie ek die kappie wil laat stofdig. Ek het dit vanoggend ontvang - R6 070 geïnstalleer. Nou moet ek net my "mind" opmaak of dit die moeite werd is vir hoogstens een keer per jaar se gebruik - want dit is slegs as ek wildtuin/Eiland toe gaan vir 'n lang tyd, wat ek die Snomaster gebruik. Vir korter kampeertye (gewoonlik 10 - 14 dae) is my dubbeldeur KIC ys/vrieskas in die karavaan se vrieskas-gedeelte gewoonlik groot genoeg vir my vleisbehoeftes. En indien nie, gebruik ek die 40 liter Waeco, wat maklik hanteer.

Gevolglik sal daar nog 'n bietjie dinkwerk ingaan of ek die "slider" wel gaan laat installeer. Oor die stofdigting (R1 895) is daar geen twyfel nie - want die vrieskas agter in die Hilux se bak "vreet" maar baie stof, juis omdat dit heel agter naby die grootste bron van stof (die ondigte agterflap) staan.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 04/08/2022 - 15:31

Middag Chris B

Ek moet ook my NL uittrek en dan draai op die klap voordat ek dit vol kan oopklap, anders kom die mandjies nie bo uit nie.

Maak net seker dat as jou kas uitgetrek is, en jy op die grond staan, dat jy wel die mandjies kan bykom/sien. Ek het gevind dat ek ook op die klap moet kniel om dit te doen, maar jy is mos langer as ek.

 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 04/08/2022 - 18:09

Ek het vandag 'n nuwe ys / vrieskas gekry vir toer.    Ek is vir nou eers klaar met Snomaster -  later meer hieroor.   Ek sal my kas stoorplek bietjie moet aanpas aangesien die nuwe een  hoër is as die vorige.   

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 05/08/2022 - 05:40

Willem, dit is 'n baie goeie prys. Ek het nou op hulle webblad ook gaan kyk. Ek het egter 'n Snomaster wat my al jare hou. Sal graag wil weet wat vat gegaan het met Anton se Snomaster

0
Worcester

Wildehont

Fri, 05/08/2022 - 06:11

Dis werklik ‘n goeie prys met ‘n drie jaar waarborg. Ek sien op hulle webwerf die 90l kos maar ‘n ekstra R1 000. Ons het reeds die 40l Engel vir ‘n ekstra ys/vrieskas. Ek het ook nie dieselfde probleem as die bakkie manne nie. Die Engel se deksel kan heeltemal oopmaak en oop bly agter in die Everest sonder dat ek dit hoef te skuif en ons is lank genoeg om binne te sien tot onder. Ek dink ook as my dubbel battery stelsel in is, gaan dit my heelwat minder kos per uur as wat gas gaan kos, en die yskas kan in die Everest bly. Dan is daar altyd ‘n koue een as mens dalk dors raak. 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 05/08/2022 - 06:52

Einde 2020 het ek gekamp in Port Nolloth.  Dit was 'n onbeplande "lockdown kamp" en dus het ek geen yskas by my gehad nie.  My nuwe kleiner snomaster het by die huis gewag vir ons beplande toer suidkus toe, maar dit het nooit gebeur nie.

Inelkgeval, daar by Port Nolloth kom daar 'n oom en tannie aan met toyota en daktent vol stof.  Ek het met hulle gesels en hulle vertel my toe van hulle 6 dae en nagte deur die Richtersveld echo 4x4 en hoe sleg die paaie is.  Die oom het ook gesit en speel met sy Snomaster wat nie meer wou werk na al die rowwe stof paaie nie.    Hy het wel genoem dat hy alreeds snomaster gekontak het en dat hulle die yskas sou ingee vir warranty herstelwerk as hulle terug is in Gauteng.  Hierdie storie was kommerwekkend vir my aangesien ek toe alreeds 2 snomaster besit het.

5 maande later laai ek toe my nuwe snomastertjie in die Mahindra en laat waai op lekker sinkplaat paaie en offroad in Dinokeng.  Met die terugkom en toe ek die teerpaaie ry verbeel ek toe ek hoor 'n klop klop klankie agter vanuit die yskas.  Het maar gedink dit is icepack of iets in die leë yskas was so klop.   Na nog 'n trippie met yskas vol hoor ek toe weer die ligte klop klop wanneer paaie bietjie rowwer raak oor potholes ens.    Terug by huis inspekteer ek die yskas, en alhoewel hy 100% werk kon ek hoor daar is ietsie los by die kompressor gedeelte.  EK het die yskas ingevat snomaster toe en hulle het toe 'n nuwe kompressor ingesit en alles was weer tjoep stil.  Snomaster kenners het my ingelig dat die yskassie gebou is vir offroad en toer en dat dit nie veronderstel is om te gebeur van erg sinkplaat en ofrroad ry nie.  Ek neem toe aan dat dit 'n geisoleerde insident was.

Sowaar, Januarie oppad terug van Richterveld af na baie erg sinkplaat op die echo 4x4 asook duine op en af hoor ek toe wraggies weer 'n klop klop klank vanuit die yskas -dieselfde as voorheen!   

Nou ja, ek is die tipe persoon wat wil toer met vertroue in my toerusting en soek nie 'n yskas wat kompressor issues ontwikkel tydens 'n toer in die bundu's in nie.   Ek het toe besluit dat ek nie weer die pad gaan vat met die snomastertjie nie en dat dit ook nie gaan werk om na elke rowwe sinkplaat en offroad trip die ding moet in te vat vir herstelwerk nie.   

So koebaai Snomaster!  Ek gaa nou iets anders probeer!    Daardie klein 35 L snomastertjie verkoop vir R8500 en ek dink nie dit is die moeite werd om so te sukkel en worry nie.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 05/08/2022 - 07:15

Anton, die klop klop geluid is soos jy se van die kompressor af. My Engel maak ook so, en by navraag ingelig dat die motor n "swigway" ontwerp het, so dit hang binne die huls aan springs, Op slegte paaie kan dit dus teen die kante raak en die geluid maak. Tot dusver werk myne nog 100% vir baie jare. Of Snomaster n ander kompressor het, weet ek nie.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 05/08/2022 - 07:44

Hallo Neef ,ek verstaan dit ook so.   My probleem is dat ek die klop geluid hoor as ek op normale paaie ry met ligte stampies.  Ek het snomaster gevra of dit so moet wees en of ek te sensitief is vir die geluid en dit moet ignoreer?  Hulle het vir my gesê dit is nie reg nie en daarom is die kompressor vervang.   Ek verstaan dat daar 3 springs binne is en wanneer een van die springs foutief gaan dan hang die motor meer na een kant en klap dan teen daardie kant.

Soos genoem werk die yskas 100% reg met die klop geluid en al, en hy sal moontlik aanhou werk, maar daar is iets fout en daardie "iets" pla my.  Omdat die yskas binne die voertuig is hoor ek dit duidelik.   Ek glo daar is dalk baie sulke gevalle waar die yskaste in die waentjies is of agter in die bakkies se kajuit en kan 'n mens die klop nie hoor nie en weet nie daarvan nie.

My opinie is dat 'm kompressor wat ontwerp is vir offroad en baie skud en wat aan 3 springs hang om dit te beskerm en in plek te hou moet darem in plek kan bly as die pad rof raak?

Dalk ry ek te rof?

0
Worcester

Wildehont

Fri, 05/08/2022 - 07:59

Dalk moet jy maar daardie ossewa vering vervang met Old Man Emu vering, dan sal jy baie gemakliker ry en nie jou yskaste so verniel nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/08/2022 - 09:37

..................as 'n ou gelukkie soms aan my kant is.  By my is daar geen geklop van 'n kompressor vanweë uitgewerkte vere nie, want daar is in al my toerusting nêrens 'n kompressor nie  !

0
Worcester

Wildehont

Fri, 05/08/2022 - 11:41

Nou wonder ek net wat is die goedkoopste opsie, veral vir 'n beginner wat argumentsonthalwe nog nie enige komponente het nie. Wat ek bedoel, byvoorbeeld nog nie sonpanele, laaistelsels ens het nie.   

Ek het ‘n lang antwoord op jou vraag getik, toe moes ek iets op die rekenaar doen. My foon sluit toe vanself, en toe ek dit weer ontsluit is my hele relaas weg. 
 

Die kort en die lank was dat daar nie ‘n “goedkoop” manier is om ‘n tweede battery in te sit nie. Mens moet maar jou huiswerk doen (soos ek gemaak het) en gereed wees om so R7 500 uit te haal. Alles wat ek gekoop het is min of meer plug and play. Die grootste uitdaging is om 16mm kabels van jou enjin kompartement tot agter in jou voertuig te kry. Ek kan nie onthou of jy reeds het nie, maar enige motorklank installeerder kan dit netjies en redelik goedkoop vir jou kan doen. Ek sal foto’s van my stelsel plaas wanneer ek tevrede is dat dit klaar is.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 12:04

Middag vriende

Nadat ek Anton se insette gelees het, is ek effe bekommerd. Skud 'n kas meer of minder in 'n voertuig, as in die woonwa.? Ek het 2 Nat. Luna's, die ene is permanent in die Kavango, en die ander ene ry agterop Grompie. 

In my geval ry ek mos nou nie 4x4 paaie nie, meestal teerpaaie met die wa. As ek in 'n wildtuin is, word my NL afgelaai van die bakkie, en is dan nie blootgestel aan stof en skud nie.

Ek sal graag wil verneem wat seg die geharde 4x4 manne wat Namibie en Botswan deurskud of grond/sinkplaat paaie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 12:13

..... oor die keuses. Soos wat ek my vakansies beplan,

1]baie selde op plekke waar nie krag is nie,

2] en lank oorstaan op plekke soos Balule en Tsendze,

gaan ek eers niks verder installeer nie. Ek het genoegsaam sonpanele [320 watt] om my twee batterye gelaai te hou, AS die son skyn. As ek deur die dag rondry in wildtuin, is beide kaste elkgeval by die wa en gekoppel aan die panele. 

Ek moet net nie ry/slaap/ry vir dae aaneen tussen oornagplekke waar geen elektrisiteit is nie. Soos Chris B so graag noem---elke ou werk sy eie heil uit. 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 12:30

Middag Chris b

Ek neem aan jou kappie het ook die permanente luginlate voor, bo die kappie se venster. As dit nie genoeg positiewe druk gee nie, maak die kappie se venster oop. Dit is baie keer voldoende om die stof uit te hou. 

Ek het nog nie baie stofpad gery met Grompie en die nuwe kappie nie, dus moet ek nog my eie raad beproef. Ek gaan eers die onderste opening tussen die bakkie se agterklap en die vloer met "one sided" spons plak.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 05/08/2022 - 13:59

.... watter venster - die skuifruit voor?

Met die vorige Hilux se Beukman-kappie het ek altyd die syruite effens oopgelaat as ek gruispad ry. Maar met stadig ry, soos in die wildtuin en ander parke, help dit nie juis nie want teen daardie stadige spoed bou daar nie genoegsame druk op nie. Die groot probleek is maar agter by die klap, maar ook voor by die riffels op die bak se laaivlak. Ek het tydens ons Herfsblaar-saamtrek gesien hoedat die stof daar inkom. Ten spyte van die poly-urethane in die bak, is daar beslis openinge wat moet dig gemaak word. Dan doen hulle ook afdigting reg rondom tussen die kappie en die bak.

Maar dit is eers "concerns" vir 'n ander tyd. Die Hilux sal nie sommer gruispad ry voor November nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 14:33

Middag Chris B

Jip, ek maak die skuifruit voor oop. 

Gelukkig het ek 'n paar gaatjies voor in die bak gesien net nadat Grompie se bak behandel is, die agent moes maar gaan poli-uretaan indruk die volgende dag. 

Dit verstom my nogal dat selfs na 'n dag se ry in die reen, ek nie enige nattigheid agter by die klap kon waarneem nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 05/08/2022 - 18:05

Wessel, my kamppêl met die Toyota Landcruiser en Bushlapa het ook twee National Luna ys/vrieskaste en hy ry dikwels lang ente baie slegte grondpaaie.  Hy het nog nooit 'n probleem met een van die twee NL's gehad nie en ek maak dus die afleiding jy hoef geensins bekommerd te wees nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus