Môre Chris S
Jy het die formidabele taak om eerste hands 'n foto-verslag op die forum te plaas.
Dit lyk baie netjies op hulle webblad. Hulle tariewe is vaag omskryf. Betaal mens vir 'n staanplek per aand, ingesluit 6 gesinslede. Dit is hoe ek dit lees.
Ek het darem baie gaan vis skiet in daai ou Breerivier. Wel, gedurende my kinderjare was die rivier skoon.
Middag ChrisS !
Ek sien baie uit na jou terugvoer verslag want ons het jare gelede ook daar op die rivierwal gekampeer. Ek wil graag weet hoe dit deesdae daar gaan want ek is ook lus om weer vir 'n naweek daar te gaan kamp. Wat ek wel onthou is dat die wind ons amper weggewaai het soos dit aangekom het deur die "poort" oor die rivier. Ons het ook in Novembermaand daar gekamp.
Vriende van ons het gekla oor 'n busvol lawaaimakers wat daar op matrasse gekamp het toe hulle vir 'n naweek daar was.
Die enigste foto wat ek het van die destydse naweek het, is hierdie pragtige foto :-
Skurwekop kry volpunte
Ons het ‘n baie lekker naweek gehad. Skurwekop is werklik ‘n puik oord. Dit begin al by die vriendelike ontvangs deur twee baie aanvallige jong dames. Ons het op 20, 21 en 22 gestaan. Die staanplekke het lieflike gras, en is mooi gelyk asook lekker ruim. Kragpunte en waterkrane is daar genoeg van, en ook lekker skaduwee. Die badkamers is silwerskoon, alles werk en storte en toilette groot genoeg. Daar is twee swembaddens, springmatte en klimrame vir die jongspan. Daar is ook sulke oulike karretjies wat soos ‘n rickshaw werk, en ons totaal van sewe kinders tussen drie gesinne het baie lekker daarmee gespeel. Daar is ‘n winkeltjie wat die basiese goed aanhou en twee keer ‘n dag vir so halfuur oopmaak.
Mens kan roei op die Breederivier en daarin probeer visvang. Ons het niks gevang nie, maar die seuns het die probeer baie geniet. Daar is lieflike voëllewe, en mens hoor gereeld visarende. Hulle het ‘n beleid van geen musiek, en dis lekker stil. Daar was een groep wat lekker gekuier en gelag het, maar hulle het teen 22:00 stiller geraak en was nie steurend nie. Dis die beste oord wat ek nog besoek het in die Breedevallei, en is boonop lekker naby aan Worcester. Ons sal definitief weer gaan.
Hier onder is ons drie staanplekke aan die anderkant van die pad (ons met ‘n Kavango en die ander twee gesinne met onderskeidelik ‘n Penta en Sprite Splash), die drie mammas wat Vrydagaand se ete voorberei by die Kavango en die oord se uitleg (wat om een of ander rede dwars gedraai is).



Dis netjies
Môre Chris S
Dit is werklik mooi en netjiese staanplekke. Het elke staanplek so 'n lekker groot skadyboom, of was julle net gelukkig.
Ek sal ook volgende met besoek aan my vallei, eerder daar gaan staan, as in Bonnievale.
Lekker ...
... om Chris WH se verslag oor Skurwekop te lees. Dié plek is beslis op my wenslysie.
Len sal nie...
...van die plek hou nie. Hulle het 'n beleid van "geen Lawaai nie"
Skurwekop kry volpunte ...
Dankie Chris ![]()
Onthou asb. om die Resensie ook te doen.
Dankie ChrisS !
Jou verslaggie is net wat ek nodig gehad het. Beslis op my volgende verlengde naweekkamp-lysie.
Middag Chris WH, dit lyk na …
Middag Chris WH, dit lyk na 'n baie lekker oord👍
Sjoe, dit is goed af gemerk, waar water en krag punte is





Is Skurwekop nou stroom af…
Is Skurwekop nou stroom af van Silverstrand? Inelkgeval, ons het destyd baie as gesin na Silverstrand gegaan en in Chalets gebly. My oorlede ouma en oupa het vir lank in Robertson gewoon en het ook daar oud geword in die ouetehuis - Huis Le Roux.