Forums
Ek plaas Chris se resep onder die naam.
Benodig
- 1 bottel asyn
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 1 hoog teelepel borrie
- 2 koppies suiker
- 3 lourierblare
- 4 groot uie in ringe gesny
- halwe teelepel droë mosterd
- 2 teelepels sout
- 6 heel naeltjies
- 6 vars suurlemoen- of lemoenblare
Metode
Kook alles saam en bind met 1 eetlepel maizena.
Sny vleis in blokkies, strooi sout en peper oor vleis.
Laat kerriesous afkoel en gooi oor vleis.
Laat staan 2 dae in yskas en roer van tyd tot tyd.
Ryg op stokkies, tesame met gedroogde (geweekte) appelkose of ontpitte pruimedante.
Hierdie sous werk ook uitstekend vir kerrie-varktjops.
Vir sosaties gebruik ek persoonlik varkvleis en rump steak.





Chris B....
Middag Chris
Marie wil weet;
1] is dit rerig 'n hele [750ml] bottel asyn
2] ek wil weet of mens die asyn kan ruil vir bottel witwyn
3] tipies vir hoeveel sosaties is dit voldoende.