Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -49 minutes ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -57 minutes ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -2 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago

Chris Boucher se Sosatie Kerriesous

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Ek plaas Chris se resep onder die naam.

Benodig

  • 1 bottel asyn
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • 1 hoog teelepel borrie
  • 2 koppies suiker
  • 3 lourierblare
  • 4 groot uie in ringe gesny
  • halwe teelepel droë mosterd
  • 2 teelepels sout
  • 6 heel naeltjies
  • 6 vars suurlemoen- of lemoenblare


Metode

Kook alles saam en bind met 1 eetlepel maizena.
Sny vleis in blokkies, strooi sout en peper oor vleis.
Laat kerriesous afkoel en gooi oor vleis.
Laat staan 2 dae in yskas en roer van tyd tot tyd.
Ryg op stokkies, tesame met gedroogde (geweekte) appelkose of ontpitte pruimedante.

Hierdie sous werk ook uitstekend vir kerrie-varktjops.

Vir sosaties gebruik ek persoonlik varkvleis en rump steak.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 09/12/2022 - 17:49

Middag Chris

Marie wil weet;

1] is dit rerig 'n hele [750ml] bottel asyn

2] ek wil weet of mens die asyn kan ruil vir bottel witwyn

3] tipies vir hoeveel sosaties is dit voldoende.

 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 09/12/2022 - 19:04

... ja, 'n hele bottel asyn. Met die twee koppies suiker in die resep kan dit dalk te soet wees as jy wyn gebruik. Maar jy kan dit traai. Wyn is egter baie duurder as asyn. Ek gebruik sowat 1 kg elk vark- en beesvleisblokkies.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus