Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -7 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -10 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -15 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -15 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -21 hours ago

Padverslag Desember 2022

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS
Submitted by StephanS on
Forums

Pos maar enige verkeersprobleme hier. Ek sien die N3 Suid raak besig:

15/12 N3TC Traffic Information 08:00 to 08:59

DeHoek:N - 331, S - 594

Wilge:N - 325, S - 802

Tugela:N - 529, S - 909

Mooi:N - 642, S - 1005

 

En die sirenes is al heel oggend baie besig op die N3 hier by Heidelberg verby

Brits

Wessel Strydom

Thu, 15/12/2022 - 09:47

Môre vriende

Ek sit dit sommer hieronder, want dis deel van wat op paaie aangaan.

'n Indiepte werkstudie, na padongelukke waar trokke betroke was, het baie interessante info uitgelig. Bo en behalwe dat in sommige gevalle die trok en drywer aanleiding kon gee vir die ongeluk, is die grootste vrees en faktor by drywers, die gewone bestuurders en verkeer om hulle.

As die dinamika van groot-groot trokke bestudeer word, is faktore soos hoë gravitasiepunt, momentum en gewigsverspreiding van kardinale belang, en benodig uiters moeilike bestuurskwaliteite. Sodra ons as gewone bestuurders iets skielik doen soos, rem voor 'n trok, inswaai voor 'n trok, of enige-iets doen wat skielike ingrepe [aksies] van die trok verlang, is die kans baie goed dat die trok onbeheerbaar word. Onthou 'n 30 ton + trok, op spoed, kan nie sommer spoed verminder nie. Net so kan 'n "top heavy" trok, nie 'n skielike uitswaai beweging hanteer nie. 

Die pleidooi vanuit die studie is, ons wat die pad deel met trokdrywers en trokke, moet begin dink en ons bestuurstyl en aksies bedink in die nabyheid van trokke.   

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 26/12/2022 - 06:50

Die N1 Noord was baie besig Vrydag. Die gemiddelde spoed wat ons kon ry was so 80km/h. Foto is van Vrydag so 11am tussen Pretoria en Hammanskraal 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 26/12/2022 - 07:06

Môre vriende

almal wat ronry in die tyd, wees asb bedag op aanvalle by tolhekke. Ek het net skrams gehoor op die TV-nuus, daar was 'n aantal aanvalle/kapings op motoriste wat in toue staan by tolhekke.

Ongelukkig kon ek nie hoor waar dit gebeur het nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus