Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -5 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -7 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -8 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -14 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -17 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -17 hours ago

ATKV Oorde

Vaalwater, Limpopo
Submitted by Josef Willem on
Forums

Goeie More,

Ek het na die resensies gaan lees maar ATKV Klein Kariba is maar skraal en jare terug se resensies.

Wie was onlangs by ATKV Buffelspoort en ATKV Klein Kariba?

Wat is julle gevoel oor die twee oorde en watter een sal julle kies en die redes vir jou keuse?

Groete

Mag dit op jou plaas Reën met Seëninge.

JW

Vaalpark

Johann L

Mon, 17/04/2023 - 09:47

Môre Chris, jy is welkom om te verskil, dis mos vryheid van keuselaugh

Ek moes meer duidelik geskryf het, daar is boereseuns met afrikaanse name en vanne, wat in engels 'n gesprek begin, dan is daar boereseuns wat glad nie afrikaans kan praat nie, maar so die arme engels verkrag dat mens lag.

Ek het Warren altyd in engels geantwoord, hy is immers engels groot gemaak, en ek lees nie eers meer die ander forum nie, dit krap my gat te veel, veral die persoonlike aanvalle wat ek daar beleef het.

Ek is van duitse herkoms, maar is afrikaans groot gemaak, afrikaans is my taal.

Terug na ATKV, ek ondersteun ATKV veel eerder as Forever wat weier om in my taal te kommunikeer, en ook belaglik duur is vir amper dieselfde kwaliteit fasaliteite as ATKV.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 17/04/2023 - 10:44

ATKV le diep in my hart ek wil begin om te se as oord bestuur nie reels afdwing nie maak jy jou oop vir ander probleme kyk wat het by Natalie gebruik toe oord security persoon aangespreek het oor glas en drank bottels by swembad reguit wit man is rassis Klein Kariba een of twee huil in koerante die programe word in Afrikaans uitgeoefen , ATKV is besig om hulle visie te verloor en binnekort kry daai een of twee wat kla oor Afrikaans as taal gebruik hulle sin en alles verander in engels die res wat ek wil se gaan ek los want dan gaan daar kwaad gevoelens wees mooi loop

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 17/04/2023 - 14:08

Hi julle 👋🏻

Op Kampforum kan julle maar die "ander forum"  se naam noem al mag jy nie op Caravan Parks.com ons naam "Kampforum" noem nie. 😂😉🤫

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 17/04/2023 - 20:59

...'n kollega gehad wat 'n rou engelsman is. Hy het na SA gekom, en begin afrikaanse klasse neem, selfs met die aanbiedster getrou, en weier steeds botweg om afrikaans te praat. Ons het goed oor die weg gekom, hy praat sy geliefkoosde taal, en ekm het myne gebesig.

Wedersydse respek, ek twyfel.  

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 18/04/2023 - 06:16

Ek is ook maar stil op die ander forum, veral na al die privaat oproepe wat ek jare terug van hulle klas kaptein ontvang het.

Was beskou as een van die vrot appels deur van die lede op for forum. Was tot geblok terwyl die FBI my ondersoek het. Daar was ook vermoed ek was 'n "allias" vermoedelik van planeet "Kamp forum" 

Geen bewyse was ooit gevind nie. Ek is toe weer vrygelaat. Is nie lus vir kinder bollie nie. 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 05/09/2024 - 13:06

Ek sien hierdie volledige en goeie resensie wat iemand geplaas het op FB

 

SENIOR KAMPEERDERS

ArtAttic Marietjie Nel  ·   · 

 

Ons het 2024/7 by ATKV Klein Kariba gekampeer.

Staanplekke-

* Staanplekke is op Plaveisel.

*Plaveisel is in goeie toestand.

* Mag op die plaveisel staan met Karavaan.

*Braai drom met rooster.

* Staanplek het n vuilgoed drom.

* n Lig by ongeveer elke 3de staanplek.

* Twee staanplekke deel n water kraan.

*Boomryk.

*Van die staanplekke het plaveisel asook nette.

Winkel -

* Goed toegeruste Kruideniersware winkel

*Kamp master Winkel

*Die braaihout is te koop by die kamp master winkel.

* Baie goeie Restaurant.

*Betalings : Kaartmasjien/EFT.

* Gratis wifi regdeur die Perseel.

Ablusies /Op was / klere was-

* Verskeie Ablusie-blokke en baie Netjies en skoon.

* Warm & Koue water /storte is uitstekend (vroue Kant)

* Warm & Koue water/storte aan manskant het soms probleme gegee.

*Familie badkamer

* Skottelgoed opwas plekke is Netjies, en dit het proppe.

* Klerewas Masjiene en Droërs is Netjies.

Swembaddens -

* Koue Swembad.

* Warm Swembad /Spa is onder dak. Dit is lekker warm.

* Warm Swembaddens buite is uit die aard nie so warm soos onderdak een nie.

Nota- hierdie Jaar was daar verskeie opgraderings gedoen wat n geraas was. Mense was ongelukkig omdat hulle nie voor die tyd daarvan gesê was nie.

Wat Om te doen-

* Verskeie stap roetes.

* Voëls / Nyala's in en om kamp.

* Daar is 3 ritte waarop jy kan gaan om diere te kyk.

* E-bikes

* Paintball

* Water Trap bootjies op dam

* Water Trap fietse op dam

* Jy Kan probeer visvang.

.

Algemeen-

Die personeel is vriendelik en behulpsaam.

Werkers het n pryslys wat dit kos om jou tent / rally tent / vol tent vir jou op te slaan. (Jy kry dit as jy ingaan by ontvangs)

Veiligheid:

In die nag is daar wagte.

NOTA'S -

(Hierdie is my opinie, jy kan dit dalk anders ondervind).

1. Verkeer:

Hierdie kamp lê in n KLOOF. Jy gaan dus BAIE verkeer kry. Dit help nie jy kla nie, die pad kan nie geskuif word nie.

Persoonlik voel ek die personeel maak die meeste geraas, heeldag op en af, en jy weet nie eintlik waarheen elkeen ry en doen nie.

2. Blou Apies / Bobbejane

Hierdie kamp lê in n KLOOF. Jy gaan dus gepla word, want dit is hulle wêreld.

NOTA : Ons het nog nooit n probleem gehad nie, want ons pak ons goed weg , hou ons motor ruite toe, en as ons gaan swem maak Karavaan mooi toe.

Daar is mense wat hulle verjaag.

3. Staanplekke naby ablusies is wel raserig omdat dit is waar die skoonmakers bymekaar kom. Hulle kan nogal "load" word.

(Hierdie is my opinie, jy kan dit dalk anders ondervind).

Blowers :

Toe ons 2023 daar gekamp het was dit vir MY n groot probleem. Dit was heeldag n geblaas en geraas dat die stof staan, en ek was permanent op Allergex.

Nou 2024, was die blowers BAIE minder. Die grond was nat gespuit en daarna gehark.

Ongelukkig het blowers nou n "in-ding" vir kampeerders geraak. Lyk my mense wil in die natuur kamp, maar blare is n probleem vir hulle. 🤔

2024 was daar elke week n bus vol skoolkinders. Kinders bly kinders en hulle is maar raserig maar hulle was goed gemanierd.

Hulle het die dam gebruik vir hul aktiwiteite, buite Swembad en teen 20h00 was dit stilte.

Inkopies:

Checkers en PnP in onderskeie Malls.

Vleis :

Hen Cas Butchery.

Camo Meat (Wildsvleis produkte)

Op dieselfde Perseel as Rusty Grille Restaurant is :

Water , Goeie Hout, en n car wash.

Warmbath Produce :

Kamp toerusting, gas stowe, visvang gereedskap, wol.

Natuurlik lekker rond geloop in Waka Waka (in dorp) asook Smile (In Sentrum van P&P) in Bela Bela.

💰 2024 ATKV Klein Kariba.

Spesiale Aanbieding, -50%

Minus Lede afslag

Minus hoe lank jy staan

(Verskillende pakkette)

Koste was ongeveer R85.00 per Staanplek, Vir 2 pensionarisse na al die aftrekkings, hierbo in ag geneem is.

📍Met hierdie prys in ag geneem, verdra ons maar die Blou-Apies 😀

(2023 Fotos is elders op groep)

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 05/09/2024 - 14:41

Sjoe, dit klink na 'n heerlike oord om by te kamp.

Ja Len, ook 'n gunsteling vir Chris Boucher. Ekself het net so 2 keer daar gekamp.

Het in die vroeë 80's daar 'n kursus gedoen toe ek nog by Vervoerdienste (Spoorweg) werksaam was. Dit was voordat ek by Trustbank begin werk het. 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 05/09/2024 - 16:13

Easily accessible with acceptable roads. Great ablution facilities - many resorts (even other ATKV resorts) can learn from Klein Kariba. All sites are paved and spacious enough. The resort offers great leisure facilities. One experiences a feeling of safety and security. For what we paid as ATKV members, pensioners and mid-week, you cannot expect better value for money. The shop supplies all basic needs. This is a resort to be visited again and again.

My resensie van ATKV Klein-Kariba was nie so volledig soos die een wat Hennie hierbo (vanaf FB) geplaas het nie. Dit was gedoen na ons 2019 besoek. Maar een enkele woord beskryf hierdie oord nl: "PUIK". Daarom dat ek weer vir April/Mei 2025 vir 10 aande daar bespreek is voordat ons die wildtuin ingaan. As seniors geniet ons dit, maar vir mense met jong kinders is dit ongetwyfeld 'n bosveld-kinderparadys.

Ons is ook vir die eerste 4 aande van volgende jaar se vakansie by ATKV Hartenbos bespreek voor Karoo Nas Park en Klein-Kariba.

Met die uitsondering van Goudini Spa (wat 'n baie netjiese oord is) maar wat ek om ander redes nie van hou nie en Drakensville en Natalia (waarvan ek beide geen ervaring het nie), is Buffelspoort ook 'n lekker oord. Maar Eiland Spa bly vir ons nog die top ATKV oord vir winterkuiers. Ek sit met 'n tweespalt in my omrede ek nie vir volgende jaar beplan om daar te gaan lankstaan nie. Ralie wil ook graag gaan, maar haar begeerte om eerder in Roemenië te kom, na ons wildtuinkuier, is groter.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 16:24

Ek sal 'n ernstige selfondersoek moet doen. Ek woon 'n klipgooi [40km] van Buffelspoort af, en redelik naby aan Klein Kariba. Tog was ek nog net 1 keer by Klein Kariba, en net 2 keer by Buffelspoort.  Die besoeke was almal lank voor 2004. 

Niks fout met die oorde nie, dit trek my netnie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 05/09/2024 - 16:42

Ek weet dat verskeie mense wil niks weet van die ATKV (as organisasie) of hulle oorde nie. Ekself is net lid van ATKV vir vakansie-voordele (voorkeur-besprekings en 'n bietjie afslag). Die dag toe kultuur-ingesteldheid uitgedeel is, was ek baie ver agter in die ry - waarskynlik glad nie eens in die ry gewees nie.

Só is ek weer glad nie 'n liefhebber van Pilanesberg nie. Ek het nog nooit by Mayane of Bakgatla gekamp nie, maar het vir 8 jaar tyddeel by Sun City Vacation Club gehad. In daardie tyd het ek verskeie kere in dié wildtuin gaan dagbesoek aflê. Maar die plek kon glad nie onder my vel inkruip nie. Net so is Addo ook nie 'n plek wat ek sommer weer sal besoek nie. Maar ek gaan eersdaags (vanaf 7 Okt) vir 14 aande in Karoo Nas Park kuier. Verskeie mense het my al gevra wat ons vir twee weke daar doen. My standaard antwoord is: "Niks - ek weet hoe om niks te doen nie". Ons "vrek" (by wyse van spreke) oor dié park. Andere sien dit net as 'n oulike kampeerterrein vir een of dalk hoogstens twee aande se oorstaan. Maar ons het al so lank as 3 weke daar gekamp - selfs een jaar oor die Kers- en Nuwejaarstyd daar gekamp.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 05/09/2024 - 18:51

... is vir my 'n bekostigbare plaasvervanger vir Kruger. Dit is net 100km van my huis af, en daar is darem nog wild. Selfs die groot 5 as mens gelukkig is. 

Boonop kos die 5 aande volgende week my net R1425. 

Addo trek my ook nie, seker my renons in oulike olifante. die ergste is, ek was nog nooit daar nie. !!!! 

0
Pretoria

Geert

Thu, 05/09/2024 - 20:06

Ek sal graag weer Addo wil besoek, maar dan bietjie langer as afgelope Januarie. Ons het die kamp baie geniet. Dink nie ek sal so baie daar ry as in Pilansberg en wildtuin nie....die kanse om big5 daar te sien dink ek is min. 

By Pilanesberg is ons gewoonlik suksesvol om die big5 te sien....maar ek dink ons laaste besoek het ons uitgemis op die buffel.....hy is altyd n stryd vir ons in Pilansberg. Maar soos julle sê kom Pilansberg nie by wildtuin nie, maar aan die ander kant tonne beter wildsbesigtiging as Dinokeng

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 05/09/2024 - 21:50

Ons hou ook baie van Addo wat heelwat nader aan ons is as die Kruger Wildtuin  -  800km teenoor 2000km, eenrigting. Die twee parke is glad nie na my mening vergelykbaar nie en elkeen het 'n ander, unieke ervaring.  Wanneer ons wel vanaf Kaapstad Addo toe gaan, verkies ek om dit in 'n sirkel-roete te kombineer met ook Bergkwagga Nas Park en Karoo Nasionale park - dis 1900km tot weer terug by die huis.  Nie dat dit belangrik is nie, maar met die besoek van die drie wildtuine na mekaar is die kanse goed dat die Groot 5 wel gesien is.

.

Ns.  Jammer, ek sien nou eers ons bevark die ATKV-gespreklyn.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 06/09/2024 - 08:01

More almal my swaar was laasweek by Klei Kariba en hy se dit was flippen lekke hy het vir my gese vir Netheid, geriewe, staanplek, badkamers, security, en waarde vir geld n 9 /10 en hy is vol stront as dit by kamp kom.  

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/09/2024 - 09:00

... vol stront, dis seker hoekom telling net 90% is.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus