Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -9 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -12 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -17 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -17 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -23 hours ago

Goedkoop kamp

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Chris ons kamp nou op Jongensfontein teen R2990 per maand. Julle mense van Kleinmond kan dit maklik bekostig. Die kamp is lekker vol en die weer pragtig. Groete Maurits

Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/02/2023 - 07:10

Môre Maurits

Daai prys wat julle betaal, grens aan diefstal. Dit wys jou net wat oorde doen vir oorlewing in die stil maande.

Dit is sekerlik van die groot voordele van persone wat buite piek-periodes kan gaan vakansie hou.

Sommer 'n strikvraag, waarom 'n maand by Jongensfontein as julle in Sandbaai bly. Is dit dan nie 'n buurt in Hermanus nie. My dogter het ook daar gebly verlede jaar.

0
Sandbaai

maurits

Thu, 02/02/2023 - 07:31

Dink jy dit is duur vir n maand? Ons het vir baie jare op Hartenbos gekamp en geniet nou Jongensfontein. Baie lekker atmosfeer. Almal afgetrede kampers. Ek kan net noem dat die oord bestuurder van Hartenbos, Morne regoor my kamp. Dan wil ons net so bietjie wegkom van die huis af. Groete. Maurits

Rs

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/02/2023 - 08:25

Maurits

Nee man, jy lees my vraag verkeerd. R3000 vir 30 dae is verniet, jy steel !!!laugh

1] Vir watter periode geld daai aanbod, daarvoor kan ek afsleep Jongensfontein toe.

2] kan mens korter staan vir daai prys, maar teen 'n dag tarief van ongeveer R100/dag? 

0
Sandbaai

maurits

Thu, 02/02/2023 - 13:18

Die tariewe is blykbaar nie vir Januarie, deel van Maart,   deel van November en Desember nie. Maurits

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 02/02/2023 - 19:09

Die tariewe lyk min of meer in lyn met wat meeste KZN kusoorde vra tydens die sg. middel seisoen wat oa. ook die Julie skoolvakansie insluit (R3k tot R4k vir 30 dae vir pensioenarisse). Vir meeste oorde is die buite en middel seisoene waar besetting redelik skraps is en hulle oorleef deur pensioenarisse, waarvan baie vir 3 maande of selfs langer kamp. 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 02/02/2023 - 20:10

Naand GW

Ek dink jou lyn loop effe skeef. Van die plekke wat ek beloer het, was selfs 3x meer as Jongensfontein se pryse.

Dalk het ek skeef gekyk, maar selfs jou geliefde plek is heelwat duurder. 

Maak nie saak nie, almal wil nie juis so lank by die see wees nie. Die geraas van roes en korrosie is net te hinderlik vir 'n ligte slaper.laugh 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/02/2023 - 06:39

Vir die langnaweek in Maart betaal ons R320/aand/gesin van vier by Jongensfontein. Ek dink Desember loop iets in die R700/aand maar jy kom nie daar in voor iemand wat elke jaar daar staan doodgaan en jy vir ses weke bespreek nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 03/02/2023 - 09:04

Nee Wessel, ek verstaan nie wat jy bedoel met my gunsteling plek is "heelwat" duurder as Jongensfontein? Gou 'n vinnige vergelyking gedoen (almal in mid-seisoen, en vir Junie/Julie vir 30 nagte per staanplek (2 mense), en vir pensioenarisse):

Scotties: R3840

Rocky Bay: R4350

TO Strand: R2862

Villa Spa: R4400

Queensburgh: R3100

Dolphin: R8400 

So my "gunsteling" plek lyk sekerlik nie asof dit heelwat duurder is nie? Dolphin, dis nou as ek hulle pryslys reg verstaan, is 'n uitskieter. Moet byvoeg dat alhoewel Dolphin 'n baie mooi en netjiese park is sal ek nooit weer teruggaan soontoe nie, die feit dat mens ver moet sleep en dan hoor en sien jy nie die see nie het ons afgesit. By Scotties is ons seker sowat 15m se stap van die strand af. Die roes pla ook nie juis nie, die see raas in alle geval so dat ons die roes nie hoor nie! Terloops hoe lyk die weer by Jongensfontein in Junie/Julie, seker heel reenerig?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/02/2023 - 09:22

...Môre vriend

Dankie vir die prysvergelyking, ek kon nie in 'n oogwink al die plekke se tariewe ontsyfer nie.

1]Jou kommentaar oor Dolphin word aangeteken. Dit was juis die een plek wat ek beloer het.

2] Van my vriende is net so gaande oor Scotties, dus moet ek dit dalk oorweeg, vir 'n paar aande.

3] Ek het laasjaar besluit op Dwarswegstrand, maar 2de keuse was Jongensfontein. Laasgenoemde is sekerlik meer afgesonderd as Jongensfontein, maar ek sal 'n paar aande daar gaan staan, bloot omdat my voorsate daar naby geboer het. Dit is nou in omgewing van Die Puntjie en Vermaaklikheid, en hulle is daar op die plaas begrawe. Soms raak ek ook sentimenteel, kan jy glo.laugh.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 03/02/2023 - 10:37

Dit is nou in omgewing van Die Puntjie en Vermaaklikheid, en hulle is daar op die plaas begrawe. 

Het hulle nie ‘n lappie grond aan jou nagelaat teen die kus nie?  

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Fri, 03/02/2023 - 11:28

Dolphin is baie gewild maar vir my is dit baie geld vir maand pakket nee ek hou verby 

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 03/02/2023 - 11:48

Chris S

Ek sal moet uitvind, as ek dit korrek het, is Die Puntjie 'n nasionale museum met die outydse A-raam dekriet struktuurtjies. Ek was as laerskool kind laas daar.

Ek onthou dat die huisies hoog op 'n "krans was. Of anders gestel, van die huisies af was daar omtrent 'n loodregte "drop" van 25+ m tot op die sand. Mens moes vêr loop om onder te kom, en seker maak dat mens nie afstort tot onder nie. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 03/02/2023 - 17:10

Net byvoeg op my (vinnige!) prysvergelyking....Dolphin (vlgs hulle pryslys) het slegs 'n maandpakket in Buite Seisoen tye (R5332 vir 2 pensioenarisse). Die bedrag van R8400 wat ek gee is bereken vir Mid Seisoen (spesifiek Jun/Jul) wat slegs teen R280 pn vir 2 pensioenarisse gelys word. Gesien hulle Buite Seisoen maandpakket van R5332 dink ek dus my berekening vir Mid Seisoen is min of meer reg. Ek het in my vergelykings slegs van pryse soos per die oorde se web blaaie gepubliseer gebruik gemaak, so indien daar enige aanbiedinge is buite die lyste het ek dit nie ingesluit nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 04/02/2023 - 07:26

.... die oorde se tariewe uiteensetting op hulle webblaaie redelik grys. Wel, ek sukkel soms om by die korrekte tarief vir 'n sekere datumstrek te kom.

Gewoonlik bel ek maar, en bespreek net vir die datum wat ek daar wil wees. Ek is nog nie 100% ingestel om soos 'n werklose te beplan nie. Ek beplan my vakansie volgens datum wat my pas, en dan bespreek ek. Ek moet nog aanpas om met beplanning te begin rondom lae seisoen periodes/ tariewe en daarvolgens my reisplan uit te werk.  

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sat, 04/02/2023 - 08:24

In die verlede was Dolphin se maand tariewe baie in lyn met ander oorde gewees....was duurder, maar nie die groot sprong soos nou nie. Ons kamp elje jaar tot redelik laat in Januarie by Dolphin. Paar jaar terug as ons daar wegry, was daar gewoonlik heelwat maand staners wat al ingeboek het. Laasjaar het hul n baie groot verhoging op maand tariewe gehad en kon aan die hoeveelheid maand kampers sien wat afgeneem het. Ons het laasmaand tot die 25ste daar gestaan....toe ons daar weg is het ek nog nie een maand kampeerder gesien wat al ingeboek het nie....so hoë tariewe het definitief n invloed. R5332 klink vir ons naweek en vakansie gangers natuurlik steeds spot goedkoop, wat uitwerk op R172 per dag. Dis eintlik steeds nie sleg vir pensioenaris nie as mens dink aan location en wat dit nie alles insluit nie....jou gras word gesny, jou badkamer word skoongemaak, swembad word onderhou, toilet papier word verskaf, tuine word netjies gehou, water en elektrisiteit word voorsien, sekuriteit wat saans rondloop en jou oppas, baie staanplekke op oord se generator...so jy voel nie loadshedding nie,  generator se diesel en onderhoud is nie jou probleem nie. 

Ek dink wel dat pensioenarisse hoë krag verbruikers is. Al hoeveel keer op verskeie oorde gesien dat aircons 24/7 hardloop  met karavasn deure en seile bo oop terwyl mense nie eers daar is of buite sit. Hulle braai ook bittermin, so oonde, microwaves en plate word ook meer gereeld gebruik. Krag is deesdae nie meer goedkoop nie....so hierdie uitgawes eet n oord se winste. 

0
Lyttelton

Hein

Sat, 04/02/2023 - 08:35

Kyk ook dalk na Mac Nicols, (039 977 8863) nie as oorstaan oppad nie maar vir langstaan

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Sun, 05/02/2023 - 19:47

Geert, ek het niks teen Dolphin nie, pragtige oord ensovoorts maar al die goed wat jy noem ingesluit is is tog ook sekerlik ingesluit by die ander oorde? Ons het nog nooit juis gekamp tydens die sg. binne seisoen" tye nie behalwe toe ons kinders op skool was, ek was maar te dankbaar toe ek kon skuif na middel/leae seisoen periodes, baie baie goedkoper en veral ook baie minder mense. En meeste mense is dan ook afgetredenes (of werkloses soos Wessel ons beskryf!). Die klomp gryskoppe hou baie van die parke aan die gang tydens lae aanvraag tye. Wat ons ook vreeslik aanstaan is dat meeste van die gryskoppe al saans 8 uur in die bed is en slaap! Wat jou stelling van hoë krag verbruik deur pensioenarisse aanbetref mag dit dalk so wees, maar aan die ander kant dink dis eerder by uitsondering as die reël. As dit werklik 'n groot probleem raak is dit tog maklik om eenvoudig kampeerders aan te slaan vir werklike gebruik dmv 'n meter lesing per staanplek, glo daar is sekerlik plekke wat dit reeds doen. Alhoewel mens sekerlik kan aanvaar dat die tarief wat 'n plek vra ook voorsiening maak vir elektrisiteits verbuik (en ook ander operasionele kostes soos sekerheid, onderhoud, ens.)

0
Sandbaai

maurits

Sun, 05/02/2023 - 20:49

Ek kan net noem dat ons geen kragonderbreking het in die kamp op Jongensfontein nie. Die pomp vir riool moet glo altyd aanwees. Watter geluk. Maurits

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 06/02/2023 - 06:19

Môre vriende, werkendes en afgetredenes

Skielik verstaan ek my matras probleem, soos genoem op ander gesprek.

Gryskoppe spandeer meer tyd in die kooi, en daarom hou hulle matrasse nie so lank nie. laugh

Of die rolmassa en puntbelading op die heupbene is net meer wat stywer matrasse benodig. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus