Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -35 minutes ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -8 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -14 hours ago

Kennis Karavane aan die Wesrand

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Kan dit wees dat nog 'n oud en bekende karavaan-handelaar sluit of is dit dalk 'n flou April-grap ?

 

.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 01/04/2023 - 19:22

Nee wat, ek glo dis 'n grap. Sal volgende week hulle google, as ek onthou.

 

0
Brackenfell

HennieBo

Sun, 02/04/2023 - 08:20

Ek sal later daar verby ry en kyk of alles nog in orde is.

Ek kan bevestig dat die kennisgewing wel op die deure is. Daar staan ook GEEN Motorhomes en karavane aan die buitekant onder die dakke soos gewoonlik nie. Daar is wel karavane agter die geslote hekke ens. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 02/04/2023 - 12:22

Middag vriende

Volgens hulle webblad het hulle groot afslag aangebied, tot kR100 tot einde Maart.

Dit klink nie goed, saam met die kennisgewing nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/04/2023 - 07:39

Môre vriende

Ek wonder wat het verkeerd geloop by Kennis woonwaens.

Seker maar die ekonomiese klimaat in die land. Hulle het 'n verskeidenheid waens verkoop, en ook baie gebruikte waens beskikbaar gehad. Die pryse van nuwe waens het net astronomies geword, en die man in die straat se salaris kan net nie meer byhou nie.

Dit sal eintlik insiggewend wees as woonwa verkoopssyfers ook soos voertuie bekend gemaak kan word. Die vraag is, is daar 'n beduidende afname in alle tipe waens, of net die super duur padwaens.

Ek vind dit vreemd, maar dis tog opvallend, dat die "boswa" mark al meer neig na super luuks. Ek sit doelbewus "boswa" in aanhaling, want is 'n meer as kR600 wa steeds 'n boswa??? 

Wat is die tendens/sentiment/ingesteldheid van ons forumlede ten opsigte van woonwa aankope;

hoeveel het onlangs 'n splinternuwe wa gekoop

hoeveel het onlangs 'n gebruikte wa aangekoop,

hoeveel het onlangs 'n woonwa by 'n handelaar gekoop, teenoor 'n direkte koop via 'n internet advertensie

  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/04/2023 - 09:32

... 'n tweedehandse wa by 'n handelaar gekoop. wink 'n 1993 Gypsey Caravette 6B by Priclo Gypsey in 1997 aangekoop. Dit tel seker vir onlangs, want die wa is nog so goed soos nuut.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/04/2023 - 09:55

Môre Herman

Het jy ook soos Chris B onlangs 'n Jurgens aangeskaf, wanneer was dit??smiley

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 04/04/2023 - 10:01

... Neef se Jurgie is waarskynlik 'n hele paar jaar ouer as my "ou lady", maar o dêmmit - dit lyk netjies (soos jy natuurlik self gesien het Wessel).

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 04/04/2023 - 10:44

.................., 17 jaar gelede in 2006, 'n gebruikte Jurgens Exclusive wat 8 maande oud was gekoop by Tuinroete Woonwaens in Mosselbaai.  Van die 6 karavane wat ek oor 54 jaar gekoop het was 3 splinternuut en 3 was 2de hands.  Al 6 is by bekende karavaan handelaars gekoop.

Alhoewel ek van my karavane privaat,  uit die hand verkoop het, is ek self baie versigtig om 'n karavaan privaat te koop, trouens ek het dit nog nooit gedoen nie.

Dit is tragies hoe die een na die ander karavaan-handelaar moet sluit.  Hier by ons in Kaapstad is dit Tygerberg Karavane (wat weens groot bedrog moes sluit), Leasureland en nou ook Kennis in Roodepoort/Krugersdorp.  As ek reg onthou is daar ook 'n handelaar aan die Oosrand en ook in Durban wat moes sluit.  Om nie eens te praat van die drama met die Jurgens Ci fabriek in Garankua nie en ek vermoed hierdie was die doodskoot van baie handelaars  -  hulle kon vir maande geen voorraad kry om te verkoop nie.  Ten spyte hiervan het nuwe vervaardigers en ingevoerde karavane tot die mark toegetree.

Maar ongetwyfeld, die boswa-mark blom en miskien is dit ten koste van die gewone karavaan-mark.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 04/04/2023 - 11:38

...drie waens in my kort woonwa leeftyd [28jaar] aangekoop.

'95 Fleetline XL nuut by handelaar

2001/2 Palma, gebruik by dieselfde handelaar, Fleetline ingeruil

2016 Echo Kavango gebruik, direk by 1ste eienaar.

Die laaste transaksie was die 1ste keer dat ek 'n privaat koper was. Dit was sonder enige probleme, met 'n kontrak, maar ek ril steeds as ek daaraan dink.

Hier in die Noorde is dit opvallend dat boswa handelaars nie geneë is om 'n wa in te ruil met die aankoop van 'n ander nie. Dit is veral waar mens byvoorbeeld 'n Echo-produk op 'n ander produk wil inruil. Echo sal namens jou, jou wa verkoop. Ek het nog nie navraag gedoen oor 'n inruiling by hulle op 'n ander Echo produk nie.

Ek is onder die indruk dat bo en behalwe die normale Gumtree, Auto trader internet kanale, daar baie internet groepe is, waar mense hulle waens koop/verkoop. Dis nou groepe soos Kavango- en Gecko- eienaars wat ek van weet.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 04/04/2023 - 12:40

My eerste woonwa (Gypsey) in 1971 gekoop om konstruksie werk te doen in die Laeveld. 

Sedert toe Tour-a-way opvou karavaan, Sprite twee bed, Jurgens met die twee deure, Scout, Swing en nou die Classique. Almal privaat weer verkoop behalwe Swing wat ek aan Webuy Cars verkoop het. 

Al my karavaane ook privaat gekoop en was met almal tevrede en het net met die jare opgegradeer. 

By die woonwa plek in Durban wat toegemaak het my naam twee keer opgegee vir Swing maar hulle het my nooit terug geskakel nie. Nie verbaas dat hulle toegemaak het nie. 

Onlangs ook genoem van die diens wat ek by Natal Caravans kry en sal hulle nooit weer ondersteun nie. 

 

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 04/04/2023 - 13:02

My beskeie opinie; buitesporige hoë pryse vir karavane, is die hoof oorsaak dat handellaars toe maak, daarmee saam gaan swak diens hand aan hand.

Niemand gaan my oortuig dat R600k plus vir 'n Penta die geld werd is nie, hulle prys hulself uit die mark uit.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 04/04/2023 - 13:52

En om te dink ek het my '95 Fleetline L in '99 vir 'n hele R37k gekoop, slegs 'n paar keer gebruik met die tent wat op daai stadium nog nooit opgeslaan was nie. Kan hom vandag vir heelwat meer verkoop. Bygesê, ons begin nou seker soo tipiese ou omies kla oor pryse. om eerlik te wees het ons ook tred verloor met wat goed regtig deesdae kos (ek begin al hoe meer van my oorlede pa in myself sien, hy het in my jonger dae gereken ons is mal om daai tyd se pryse te betaal, nou sê ons dieselfde vir die huidige jong volk!). Om terug te kom na die huidige karavane se pryse....ons sal binnekort groter onstabiliteit in die mark sien. Te veel vervaardigers (sluit boswa vervaardigers in), al hoe meer sleutelkomponente insluitende onderstelle word ingevoer, die "glam camping" ding jaag ook die vraag na luukshede op (kamp was vroeër die ding om te doen as mens nader aan die natuur wou wees SONDER enige luukshede en tegnologie). Interressant, mens kan op baie KZN suidkus dorpe 1 of 2 slaapkamer vakansie woonstelle koop teen pryse wat nie te ver van 'n Penta of Exclusive (nuut) pryse af is nie, bv in Scottburgh kan jy diesulkes kry vir sowat R400k tot net onder R1m...weet dis nie dieselfde as kamp nie maar uit 'n beleggingsoogpunt, raai wie wen? Voor ek nog meer soos oorle' pa klink, laat ek liewer afteken!

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 04/04/2023 - 15:48

My eerste karavaan het ek gekoop kort voor ek Pretoria toe gekom het in 1987 by 5 Star (daar op die grens tussen Edenvale en Germiston, net onderkant waar die ou inry was of later die Makro).  Ons het vir 6 maande in hom gebly voor ek plek op 'n plot gekry het.  Hom ingeruil op 'n nuwe Carravette 6 en toe op 'n nuwe Carravette 5 by Wannenburg Sprite.  Na my egskuiding het ek in 2000 'n 1997 Regal by Pretoria karavane gekoop (dit was die selfde ou wat Wannenburg Sptite en 2de handse karra gehad het).  In 2007 het ons hom ingeruil op 'n nuwe Classique by Comet Karavane en in 2011 het ons hom ingeruil op 'n nuwe Exclusive en hom privaat verkoop einde 2021.

In Augustus 2016 het ek die 3B vir die kinders gekoop en reg gemaak/verander, wat ek tans gebruik.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 04/04/2023 - 19:36

My karavaan verlede is maar skraps. Het n amper nuut Manjefiek B in ek dink so 1985 aangeskaf by handelaar. Verkoop toe ons Knysna toe verhuis het. Het Jurgie aangeskaf omdat  die waentjie  tonne karakter het, en by n George handelaar sien staan. Hy wou self restoreer, en te besig geraak.

Vandag was ons in George op pad terug op die Outeniqua pas is n Cruiser 300 met n dubbel as veldwa wat seker 6m+ lank is. Dit lyk net soos die Ausie modelle wat hier al verskyn het. Wat Von se, die paaie is so treurig, die mense het groot4x4 voertuie, so hoekom nie iets aanskaf wat jy oral kan saamvat nie.

Ek dink die verandering van wat ek lees hier gebeur by seker oorde, maak dalk dat die wat dit kan vermy, dit so doen. Ek, ons, het al gevind dat as ons ver van die geremoer kamp, in n tent bv Namib Naukluft of soortgelyk, jy nie maklik riffraff raakloop nie. Die nuwe generasie wil die doen met luuksheid, so die aanvraag vir gemak en gerief.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 07/04/2023 - 04:46

Soos ek op facebook lees, is daar mense wie se karavane verkoop deur Kennis waarvan hulle nie betaling voor gekry het nie

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/04/2023 - 06:42

Môre Willem

Gelukkig het jy daai beweerde probleem vrygespring. 

Die wil blyk dat die genoemde probleem redelik algemeen voorkom. Nou wonder ek, hoe werk sulke transaksies waar mens jou wa via 'n handelaar verkoop.

1] Betaal die koper direk die volle bedrag aan die handelaar, wat dan na aftrekking van 'n fooi, dit oorbetaal aan die verkoper.

2 Of betaal die koper direk aan die verkoper, wat dan op sy beurt 'n fooi aan die handelaar betaal.

Dit wil voorkom of laasgenoemde die veiliger opsie is. 

So 'n grys verkoop, waar die gelde dan nie gevloei het nie, is 'n landmyn. Wie is nou die regmatige eienaar van die woonwa. Het die verkopers die registrasie papier dan voor finale betaling[in hulle rekening] uit hulle besit laat gaan? Dalk in goeie geloof ook oorhandig aan die handelaar ter sprake.??? Dit sal 'n dom optrede wees.   

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 07/04/2023 - 10:58

..........."consignment stock" deur Kennis Karavane in Roodepoort/Krugersdorp die geval wees, is dit presies dieselfde bedrogspul wat by Tygerberg Karavane hier in Brackenfell plaasgevind het. Dis 'n groot tragedie wat hierdie bedryf in 'n uiters slegte lig plaas.  Hoe sal 'n mens ooit weet of jou handelaar 'n eerbare handelaar is ?  Tygerberg Karavane was vir 26 jaar 'n sogenaamde eerbare familie-besigheid, netsoos wat Kennis Karavane vir jare in die Wesrand 'n "betroubare" familie karavaan handelaar was.

Ja Willem, jy is net betyds van groot drama verlos toe jy self jou Exclusive verkoop het.

Wessel, sover my kennis strek is die algemene gebruik (1) wat jy hierbo noem.  Die kruks van die saak is die registrasie dokumente en die lisensieskyfie. Dit moet in die verkoper se besit bly totdat die koopprys in die verkoper se bankrekening is. En geen oordragdokumente moet geteken word voor 'n verkooptransaksie op die tafel is nie. Sou 'n handelaar hiermee 'n probleem hê, stap eerder weg van so 'n onderhandeling.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 07/04/2023 - 11:23

Ja ek is bly.  Surette het oorspronklik met hulle gedeel, maar ek was van die begin nie gelukkig gewees nie. 🙏🏻

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus