Ons kopkussingkongres het ons nou af van sleep af, ten spyte van my EB lisensie. Afgetree, deelsgestremd, 60 plus. Fisieke beperking, geen rolstoele nie.
As ons plekke wil besoek waar daar nie akkommodasie is nie, wat van 'n boogtent of 'n wizz tent (Oztent van 🇿🇦).
Ons kom maklik oor die weg met die absolute minimum. Dink aan Brand se Baai, Skuinsbaai Noord, en sulke plekke.
Wat doen ander onder sulke omstandighede? Ons wil gaan foto's neem.
Die canvas boogtente kan…
Die canvas boogtente kan maar swaar wees en moeite om op te slaan. Veral die 3x3 m wat maklik 28kg weeg.
Ek het 'n Coleman 3x3 seil tent wat ek baie keer vinnig gryp vir 'n eenvoudige kamp. Hy was Sondagaand deur 'n baie erge storm waar ander tente vernietig of weggewaai was, en ek het heerlik droog in hom geslaap gedurende baie reen deur die nag. Ek het nie die tent hoek penne ingehad nie en hy het nogsteeds oorleef. Dit was die Coleman se 2de erg storm gewees en hy is nog so goed soos nuut.
Daar was 'n ouma wie saam met haar kleinkinders gekamp het vir 4 nagte en hulle het 'n pop-up tent gehad wat ook die storm oorleef het. - Die ding slaan blitsvinnig op en af en was lekker groot gewees. Die Pop-up vou net groter op as die boog seil tente en weeg ook bietjie meer.
Coleman
'n Coleman boogtent was juis onder bespreking. Na alles is dit ligter, kleiner, goedkoper. Altyd bang vir die Weskus se wilde mannetjieswinde wat als wil opruk boontoe.
Ons is pioniersgeeste en skrik nie vir ongerief nie. Het al in 'n speelgoedboogtent gekamp deur lekker ou Kaapse winterstorms. Die stukkie plastiek het verbasend droog gebly, net een druppel binne teen die dak. Tot die vloer was dig. Ek het al vergeet van dié avontuurtjie en Voortrekker het my daaraan laat dink.
Ek het iewers gelees waar…
Ek het iewers gelees waar aanbeveel word om nie 3x3 seil tente langs die Weskus te gebruik nie omdat hulle baie hoog is en majlik wind vat. 'n Laer profiel tent staan bleikbaar meer vas in die wind, maar dan kan 'n man nie reggop staan in hom nie.
Môre Anton, hier stem ek, as…
Môre Anton, hier stem ek, as ek nie kan regop staan nie, bly ek by die huis.
maar dan kan 'n man nie reggop staan in hom nie.
Johann 'n mens staan mos…
Johann 'n mens staan mos reggop langs die tent en kruip dan in om te lê?
Ek en vroulief en die 2 laaities het al 10 dae lank gekamp en toer met 'n 2.1 x 2.1 m canvas tent wat 1.5m hoog is. Die tent het net gedien as 'n bed.
Howling moon
Rusty ek het n Howling moon strata 3x3 dome tent hy werk soos n bom bietjie swaar het 4 weke innie winter in Noord Kaap gekamp met hom nou is my bakkie uitgele vir weskus , Namib ens die strata tent gebruik ons nou vir stoor plek as ons lank staan





Net julle kan....
.....daardie besluit neem. Hou vanaand weer 'n konferensie en stel agenda op;
Gemak teenoor ongemak
wat is noodsaaklik en waarsonder kan julle klaarkom
wat se kamptoerusting het hulle reeds, en wat kort
As mens jonk is, sien mens kans om baie op te offer, maar bo 60-jare wil ek nie op grond sukkel nie, moet my bed droogbly, en wil ek nie bekommer as dit begin reen nie..