Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

Augustus maand algemene klets

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Goeie môre almal, dis alweer 'n nuwe maand, en hopenlik is die winter verby in Britslaugh

Sterkte aan almal vir die maand wat voorlê, sommige gaan blomme kyk, en ander mag moontlik effe minder lekker ervaar. 

Mag dit net goedgaan met almal, en veral die wat 'n draai by hospitale en dokters moet maak.

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 31/07/2023 - 09:24

Môre Wessel. Die wat jy nou die getal slapies begin aanjaag, mag jy dalk n bietjie " Kampkoors" onder lede het. Nie nodig vir pille nie, dit sal vanself regkom.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 31/07/2023 - 09:43

 

JaNee, dink hy gaan bietjie teleurgesteld wees om nou 1x daggie by te tel en nie af te trek nie. 

Dankie Wessel,  ook mooi maand vir jou!

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/07/2023 - 15:13

Middag vriende

Ek hou nie streng die kaal-ender dop nie. Vandag het net op slegte noot afgeskop;

Grompie is by Tracker vir 2de stelsel,

battery van heining-sekuriteitstelsel gee die gees

boonop die bekgeveg met Tracker om my unieke[?] betaalwyse by hulle te konsolideer vir die 2 stelsels.

Ek oorweeg dit om soos van ouds, 'n rathefboomslot te laat aanbring. Ongelukkig is dit nie so ooglopend, of is dit opsigtelik,  soos die Gorilla aan die stuur nie. Enige afskrikmiddel is na my mening beter as 'n opspoorstelsel. 

.

  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 31/07/2023 - 16:29

Hehehe.  Ek dog eers Johann Lock sit weer aan die ander kant van die wêreld en groet ons vanuit die toekoms.    Tot my verbasing sien ek toe dit is die oom met die laphoed wat deur die blare is.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 31/07/2023 - 16:33

naweek lewer julle geen insette nie, MAAR ek slip 'n dag en julle ouens is baie aktief.

Moenie bekommer, die jaar het Augustus 32 dae om op te maak vir die glipslaugh

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 01/08/2023 - 05:33

bekgeveg met Tracker 

Ek het ook gister 'n helse argument met hulle gehad. My voertuig is verkoop en ek wil die kontrak kanselleer. Nou moet ek "boete" betaal aangesien dit voor kansellasie van 36 maande kontrak is. Daar is altyd skuiwergate. 

Wessel, jou insetsel het my ook 2 keer laat kyk na die datum.laugh

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/08/2023 - 08:41

Netstar was net so useles. Nadat hulle die eenheid 2 keer vervang het en die ding nog steeds nie bly werk het nie het ek aangedring dat dit verwyder word. Hulle het ook op die kontrak tydperk gehammer maar ek het bloot my versekering gebel om met hulle te skakel en skielik was dit uitgesorteer en gekanselleer. Daarna kon ek `n Tracker eenheid laat insalleer.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/08/2023 - 09:12

Ons was vanaf vrydag tot gister saam die kinders wat hier kuier van Dubai af by Ngwenya lodge. Dit is tussen Marloth Park en die ingang by Krokedilbrug KNP.

Dit was lekker maar is nou nie kamp nie maar dit is wat hulle wou hê en daarom geen klagtes van my kant nie.

Het Sondag vir die dag `n draai gaan ry in die wildtuin en nou wel nie enige roofdiere gesien nie maar nou ja so is dit mos maar.

Die kinders was so opgewonde vir bome en gras alhoewel vaal en vol winter stof nog steeds beter as woestynsand.

Het met die ingaan gesien hoe `n gebrande karevaan uitgebring word maar was te laat vir fotos.

Het so pas van versekering verander (55+ by Momentum ja ek kwalifiseer al lankal vir geen bybetalings ens nie maar as jy stupid is moet jy maar betaal)en ek is gevra of  daar enige veranderinge aangebring is tov batterye en sonpanele. Indien wel moet ek daarvoor ook `n COC kry. Makelaar reken baie van die brande in karevane is deesdae agv self instellasies van batterye inverters en panele sonder die nodige kundigheid en veiligheids maatreels wat daarmee saamgaan. Dit was seker maar net `n kwessie van tyd voor dit moes gebeur.

Wie ook al ingaan by Krohedilbrug gaan eet eers pap en kaings vir ontbyt by die Maroela padstal. Onverbeterlik saam moerkoffie met kondensmelk.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 01/08/2023 - 09:53

Die sg, boete as mens die kontrak vroeg kanselleer is in wese nie regtig 'n boete nie. Die kontrak prys sluit die aankoop prys van die eenheid asook die diens gelewer in. As jy vroeg kanselleer betaal jy effektief die uitstaande aankoopkoste van die eenheid. Selfde met selfoon kontrakte.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/08/2023 - 10:12

Die sg, boete as mens die kontrak vroeg kanselleer is in wese nie regtig 'n boete nie. Die kontrak prys sluit die aankoop prys van die eenheid asook die diens gelewer in. As jy vroeg kanselleer betaal jy effektief die uitstaande aankoopkoste van die eenheid.

Stem saam maar dit is as jy die opsie kies om nie self die koopprys vir die eenheid te betaal nie. Baie min mense doen dit.

Ek glo ons almal kies maar die "rent to own"opsie aangesien die ding in elk geval in die voertuig gaan weesa vir die volgende paar jaar. Sou jy die voertuig vervang haal hulle die eenheid uit sou die nuwe eienaar hom nie wil hê nie en installeer hom in die nuwe voertuig.

Tracker het dit vir my gedoen maar `n nuwe eenheid in die nuwe voertuig geinstalleer teen geen ekstra koste nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/08/2023 - 12:23

sjoe, Slowstrike se inset is baie belangrik. Ons moet uiters versigtig wees wie wat se elektriese verandering en toevoegsels aan ons waens doen. Ek is gladnie verbaas dat die versekering op 'n COC aandring nie.

Genadiglik het ek my hele laaistelsel noodgedwonge laat oordoen/vervang deur PBE. Hulle het ook die inverter ingebou. 

Soos al talle kere tevore genoem, hy het ook al my 220V bedrading vervang in die wa. Volgens hom was dit hopeloos te dun, en sou warm word, selfs met die ketel se gebruik. Ek wil dit duidelik stel dat dit waarskynlik NIE Echo se fout was nie, en kan moontlik modifikasies wees wat die 1ste eienaar aangebring het.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/08/2023 - 12:24

....die wêreld is darem klein. My oudste en gesin woon en werk ook in Dubai. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Tue, 01/08/2023 - 12:45

Hi Wessel

Ja die skoonseun is `n akoestiese ingeneur en dogter `n mediese dokter wat nie hier is SA `n plasing gekry het nie en noodgedwonge eintlik maar genadiglik maar moes landuit.

Hulle lewe so lekker en ek het myself moeg gepreek dat hulle moet onthou dat dit hier nie so veilig is soos daar nie. Hule is daar weg sonder dat die huis gesluit is en die motor se keyfob /keyless start nog in die kar.

Ons kon eerstehands ervaar hoe veilig dit daar is en niemand sal my glo as ek vertel wat ons daar gesien en ervaar het nie ten opsigte van veiligheid en feitlik geen misdaad.

Hoop jou kinders is net so gelukkig daar.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 01/08/2023 - 12:54

Ongelukkig vir my, is my kinders ook vreeslik gelukkig daar. My seun is 'n finansiële bestuurder vir 'n groot motormaatskappy, en skoondogter is beslastingspesialis vir groot internasionale hotelgroep. 

Soos jy noem, feitlik geen misdaad, en baie streng lewenswyse word gehandhaaf. My seun moes spesiaal aansoek doen vir 'n dranklisensie. Dis nou om drank in sy eie woonplek te hê en nuttig.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 01/08/2023 - 16:28

As ek iets soos ‘n mikrogolfoond saamvat (iets wat ek nooit meer doen nie) of my elektriese boor gebruik om gate vir penne te boor tussen plaveisel prop ek dit direk in by my swaardiens verlengkoord - nie by die Kavango nie. Ek kan verstaan dat versekeraars ‘n COC soek vir installasies wat na aankoop aangebring word, maar ek dink gas en ander vlamme is dalk ‘n groter oorsaak van kampeer brande. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus