Goeie môre almal,
Die nuwe maand is al amer 'n week oud. Wessel sou seker die draad begin het, sou hy nie gekamp het nie.
Lekker dag.
Sekuriteit by oorde
Die volgende is maar n Chris Boucher-ding. Ek plaas 'n BAIE hoë premie op sekuriteit by oorde - soos seker maar almal van ons. Ek het 'n lys van oorde saamgestel, wat ek voortdurend op datum hou. Ek verlaat my op CaravanParks.com (CPC) se resensies wat spesifiek sekuriteit aanspreek. Ek weet dat mense uiteenlopend sal reageer op 'n oord se sekuriteits-gradering (afhangende van hul eie belewenis), maar as 'n hele klompie mense dié aspek beoordeel het, kry jy darem 'n indikasie wat om min of meer te verwag. Vir my doeleindes moet 'n oord 'n minimum van 4 uit 5 kry vir sekuriteit (asook ablusie-fasiliteite), andersins verskyn dit nie op my lys van geskikte oorde nie.
Verdere kriteria wat ek gebruik is dat die betrokke oord minstens 5 keer geresenseer is, waarvan die laaste minstens in die afgelope twee jaar. Omdat ek persoonlik nie graag gruispad met my ou karavaantjie ry nie, kan 'n oord hoé goed ookal vir sekuriteit en ablusiegeriewe beoordeel word - maar dit word so aangedui op my lys. Kom ek gee 'n voorbeeld: Bass Lake Lodge is wat my aanbetref 'n puik oord, maar die nét meer as 2 km gruispad tot daar het ek haglik gevind en daarom is dit nie 'n opsie vir my nie. Só kan ek verskeie ander ook noem - waarvan ek nie persoonlike ervaring het nie, maar waar ek my verlaat op andere se kommentaar t.o.v. die pad daarnatoe.
Hennops Pride "feature" nie eens meer op CPC se lys van oorde nie. Gevolglik is dit ook nie op my lys nie. Maar ek onthou dat dit maar swak ge-"rate" was toe dit nog wel op CPC se lys was. Dalk het CPC dit verwyder juis a.g.v. die klomp negatiewe resensies.
Ek stem saam met Len dat die oorgrote meerderheid van Nasionale Parke se ruskampe voldoen aan sekuriteits-vereistes (Golden Gate is 'n uitsondering) en ATKV oorde en Forever Resorts oorde voldoen meestal ook almal aan minimum-standaarde vir sekuriteit. En ja - etlike ander individuele privaat oorde. Doen maar egter jou huiswerk en gebruik jou gesonde verstand t.o.v. kampeerplekke. Nêrens is jy egter gevrywaar van sekuriteits-probleme nie (ons woon immers in Suid-Afrika), maar besoek eerder dié oorde waar dit blyk dat jou kanse vir sulke probleme 'n bietjie minder is.
Stem Chris. Ek vat myne…
Stem Chris. Ek vat myne ook oral saam. Dis vir my eie veiligheid en is nie eers nodig om te debatteer oor dit nie.
(My familie se veiligheid is vir my belangrik dis waarom ek ook nie 'n toyota fortuner of hilux sal ry nie
)
Toe ek lees "Hennops Pride"…
Toe ek lees "Hennops Pride" toe weet ek sommer onmiddelik dat die slagoffers van die aaklige voorval tien teen een uit "kampeer onkunde" besluit het om die plek hulle romatiese kampeer bestemming te maak. Ek glo nie dat enigiemand wat gereeld kamp Hennops Pride as 'n kampeerplek opsie sal kies nie. Ek het so 'n klompie jare gelede die plek ondersoek as moontlike naweek wegbreek opsie omdat dit so naby aan my geleë is. Ek het nie nodig gehad om vêr te soek vir antwoorde nie en eenvoudige Google resensies het aangedui dat ek eerder moet verby hou.
Ek lees in die berig dat 'n projektor en skerm opgestel was vroeër die aand. Dit is iets wat mens van vêr af kan sien en adverteer dat daar waardevolle toerusting is om te steel.
Stem, my gesin se veiligheid…
Stem, my gesin se veiligheid is my prioriteit.
Soos voorheen genoem - ek vat myne maar saam. Gelukkig het ek dit nog nooit nodig gehad nie.
Anton en Johann
Dankie met hulp om weer op forum te kan gesels.
Anton: Ek het met voorgestelde password ingekom, en 'n nuwe ene geskep. Ek is 2 keer deur die oefening, want ek het nie die eerste "response" wat bo aan blad half versteek verskyn gesien nie.
Ek het nognie uit geteken nie, te bang dat ek nie weer met nuwe password sal kan aanteken nie.
Ek is ook uit my gmail se wagwoord. Dit wil voorkom dat as ek met vakansie op my vrou se skootrekenaar werk, en dan by die huis wil teruggaan na my PC, dan is alles verlore.
Ek het gewonder................
...............of jy die moer in is vir iemand of iets. Gelukkig was dit toe net 'n p/w probleem.
Dit maak my sommer heelwat…
Dit maak my sommer heelwat beter voel as ons Dok Wessel ook met sulke "eenvoudige" probleme sukkel. Dankie Wessel.![]()
Die onthou....
is die probleem. Ek skryf die goet neer, en dan is ek net daarsonder.
'n Rekenaar en alle verwante goet/instansies wat 12 karakter wagwoorde wil hê, maak my sommer skuins befoeterd. Dit is sekerlik vir kuber veiligheid, tot jy self dit moet herwin.
Ek moes 48uur wag net om google/gmail bevestiging te kry dat dit ekself is wat 'n nuwe wagwoord wil koppel aan my adres.
Tuin roete area
Ek sien op facebook die see stoot hoog op.....ongelooflik die krag
Tuin roete area
Ek sien op facebook die see stoot hoog op.....ongelooflik die krag
Jongensfontein
Die videogrepe wat versprei word is darem skrikwekkend. Ek weet nie of Wessel tydens hulle onlangse besoek die getypoel by Jongensfontein besoek het nie. Dis ‘n lieflike plek, en goed ingerig vir ‘n piekniek. Oftewel dit was tydens ons vorige besoeke. Die week was dit nie so lekker nie.
Kyk die skermgreep uit ‘n video wat daar geneem is.

Skermgreep
Môre Chris S
Nee, die nat hoenders het nie tot daar gegaan nie. Die wind en reën het ons lus vir buite wees effe geblus.
Ek het daai video gekyk en die huis op die punt van Jongensfontein, wat selfs in normale omstandighede, die see koggel, herken. Ek het gewonder waar die skermskoot afgespeel het.
Is daardie eienaars totaal onverwags betrap, of het hulle die risiko begryp toe hulle daar parkeer.
Stap roete tydens geval
Is daardie eienaars totaal onverwags betrap, of het hulle die risiko begryp toe hulle daar parkeer.
Soos ek verstaan het was daai karre van mense wat die oggend daar parkeer het en uit was op n staproete vir die dag
Ek is seker maar `n banggat…
Ek is seker maar `n banggat want selfs al kan ek feitlik op die strand kamp verkies ek `n staanplek verder agtertoe juis vir as so iets gebeur.
Ek het maar `n gesonde respek vir die elemente wind water en vuur.
Dit is baie skade daai maar ek glo daar in DA land sal dit spoedig herstel word en oor `n maand of twee sal daar geen teken van die verworsying meer wees nie.
As so iets hier bo gebeur sal jy vir jare in die verwoesting vaskyk. Kyk maar na sinkgate waar die staat en munisipaliteite hof toe gesleep moet word om gevaarlike skade te herstel.
Baie skade aan karevane en voertuie daai.
Ek ook, ....
verkies ek `n staanplek verder agtertoe
... maar om 'n ander rede. Ek het al te veel wind gevreet met 'n see-uitsig staanplek (dourie jare by Palmietkamp, Kleinmond - toe ek nog in Grabouw gewoon het en jy nog daar kon gaan kamp) en by ATKV Hartenbos. Gevolglik verkies ek by die see 'n staanplek agtertoe waar ek nie so bek in die wind staan nie. Ek woon mos darem by die see en sien dit daagliks as ek by die huis is.
Jongensfontein oord
‘n Kennis het vir my die foto gestuur van die karavaanpark by Jongensfontein. Dit lyk darem nie of die golwe en sand tot in die oord gekom het nie. Die grasperk tussen die pad en die strand is wel toe onder die sand.

Hollenbach swerwers
Ek bly vergeet om te noem, ons het die voorreg gehad om die bekende Hollenbach egpaar raak te kamp in Kamieskroon. Hulle staan toe daar met 'n padwa. Ek vra toe of dit beteken hulle is klaar met rowwe terreine, en hy het beslis ge-antwoord----nee. Hulle het nog steeds hulle boswa en is reeds aan die beplan en voorberei vir hulle volgende tog.





Die voorval is ontstellend…
Die voorval is ontstellend. Die oord was bleikbaar Hennopspride. Voorheen was dit `n baie aangename plek om te kamp maar vandat Attridgeville informele nedersetting feitlik die hele Schurweberg area oorgeneem het (Grens feitlik aan Hennopspride) is dit minder veilig.
Daar is vreeslike mooi staproetes vanaf daardie oord en selfs vir `n dagstap word aanbeveel dat mense in groepe stap.
Die oord was ook `n klompie jare gelede in die nuus toe die eienaar geweier het om sekere mense toe te laat.
Die dame is na Potchefsrtroom geneem wat `n uur en `n half weg is. Daar is die Kalafong staatshospitaal minder as 30 km weg hoekom is sy nie soontoe geneem nie. Selfs Steve Biko in Pretoria was nader en is `n puik fasiliteit vir trauma met een van die land se mees gevorderde ICU`s.
Dan ons debat oor vuurwapens vat jy hom saam as jy gaan kamp of nie