Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

September maand algemene klets

Brackenfell
Submitted by HennieBo on
Forums

Goeie môre almal,

Die nuwe maand is al amer 'n week oud. Wessel sou seker die draad begin het, sou hy nie gekamp het nie.

Lekker dag.

 

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 28/09/2023 - 10:24

Wessel dit is wat gebeur het. `n Nuwe koper wat meer ingelig was het dadelik besef iets is verkeerd en het werk daarvan gemaak. Die probleem is dat die ontwikkelaar nog 40 van die eenhede besit en uitverhuur dus het hy die meerderheid stemme as besluite geneem was en het so daarmee weggekom. Dinge is nou blykbaar anders maar dit was ongelukkig te laat vir hom.

 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 29/09/2023 - 09:45

Interessante artikel vanoggned deur Dawie Roodt in die Daily Investor. Hy reken die buitelandse "eienaars" van SA se skuld is besig om dit te verkoop aan plaaslike banke...oor die algemeen is dit mos 'n vorm van disinvestering? Roodt reke die Rand kan vlakke van R25-R30 teenoor die VSA Dollar binne twee jaar sien. Skrikwekkende prentjie! Indien hierdie scenario homself uitspeel sal ons ook nog 'n paar karavaan vervaardigers sien ondergaan, behalwe nou dat ons ouens wat afgetree is ook nie juis meer sal kan bekostig om te kamp nie.

https://dailyinvestor.co…;

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 29/09/2023 - 10:17

Ons sal nie kan bekostig om te kamp nie maar ook heel moontlik nie eers meer om in ons huise te kan bly met die rates taxes ens ens.

Ek sien juis die mediese fondse se tariewe styg ook almal meer as inflasie.

Ai ek is so moeg vir slegte nuus enige iemand wat goeie nuus het om te deel ???wink

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/09/2023 - 12:05

Ek het die nare gevoel oor my dat die boerbokke se tjank weer afgetrap gaan word.

Ek is egter nie 'n rugby kundige nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/09/2023 - 12:50

dis maar reg so ook, onthou ek is nie 'n rugbykundige nie. Boonop klassifiseer Herman my as 'n "worry" gat.laugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 29/09/2023 - 12:59

Wessel die weirdo !! Lyk my ons sal vir  Vir jou moet pille kry.  Virwat wil jy nou sulke voorspooksels kwytraak. Jy ken die gesegde dat slegte gedagtes bring slegte invloede. So ek stel voor dat jy NIE die wedstryd kyk nie !!! Sit op die stoep en lees maar rustig aan n stukkie prosa. Sjees.

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/09/2023 - 13:37

Gaan ek mos vanoggend haarkapper toe, dis nou die unisex tipe, maar weet nie waar kom die seks in die prentjie nie.

Tref ek omtrent 'n halwe outehuis voor my in die tou. Sak my geduld moertoe, maar ek moet sit. Mag nie by die huis kom sonder 'n haresny nie, mammie skaam haar mos alte sleg vir my.

Nou is daar 2 manne ook met borselkopsnit, voor my. Dit word geknip, geborsel en dan van alle kante beloer. Dan word daar weer geknip, en so hou dit aan. Ek rek toe weer my bek en vra die omie of ek gou 'n waterpas in die bakkie kan gaan haal, want lyk my, jy kyk skeel na jou kapsel.

Gelukkig was daar by ongevalle nie 'n erge tou nie.laughSal nie weer op 'n Vrydag laat haresny nie, en as daar weer 'n borselkop voor my is, moet ek van beter weet en uitloop.. .  

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 29/09/2023 - 14:46

Ek kan dink daai plaas omies vat nie stooi nie......

Ek sny nog by `n regte Barber shop waar alles kort is die hare en die geselsies so dit gaan gou.

Eendag lank gelede saam skoonpa gaan hare sny nog in Klerksdorp. Nog gevry na sy dogter en lang hare het hy nie verdra nie. Daar sit so jong knaap met lang vuil hare en maak heeltyd aanmerkings. Skoonpa loop na die knaap toe en wikkel daai boskaas en sê so ewe "As die ding kleintjies kry wil ek `n tefie hê"

Almal het lekker gelag en die knaap het dadelik verkas.

Vandag is skoonpa 85 jaar oud en ek al 34 jaar met sy dogter getroud. Hy het wraggies nou se maandag nog self met sy Colt bakkie al die pad Kaap toe gery. Oorgeslaap op BFW. Sy metgesel feitlik blind en hy feitlik doof maar hulle het veilig daar aangekom. Korrelkop en vol strooi maar nog aan die gang.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 29/09/2023 - 15:15

..............hier doen ons dinge anders.  Ek bestel my haarkapster en sy kom hier na ons huis toe en sny my hare op die dae wat die salon nie besig is nie  -  beslis nie op 'n Vrydag nie en gewoonlik wel 'n Maandag.  Koste : R150, reiskoste ingesluit.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 29/09/2023 - 15:57

Ek bestel my haarkapster en sy kom hier na ons huis toe en sny my hare op die dae wat die salon nie besig is nie  -  beslis nie op 'n Vrydag nie en gewoonlik wel 'n Maandag.  Koste : R150, reiskoste ingesluit.

Sy woon sommer hier in my huis - inteendeel, sy deel 'n bed met my. Ek het haar sommer saamgeneem Roemenië toe. Sy's enige tyd beskikbaar (vir my) om my hare te sny en .... Wag, ek hou eerder my bek. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 29/09/2023 - 16:44

Neef is nog nuut met die hare sny besigheid. Verlede jaar noodedwonge die paar wat bly vasklou het afgesny. So gebruik ek CBD olie na die tyd, en werklikwaar groei dit redelik welig terug. Nou kry ek ń no 6 een keer per maand. En ons local Arabier, vir n barrier, met sy snaakse musiek, doen n puik job. R150.00. Hy noem homself Dubai cut. Miskien mag hy nog ook mense bloei. Soos die barbiere van ouds gedoen het.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 29/09/2023 - 17:03

Neef - is dit nie dalk beter om die oorsprong van die olie te rook nie?

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/09/2023 - 17:08

....waar koop mens dit, en wat is korrekte naam. Ek het ook so 'n kaal kol waar die scotch bright en chemico aangewend word.laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 29/09/2023 - 21:20

CBD olie is nie die skedule 6 THC nie. Albei van Canabis, maar nie dieselfde nie. Wessel die naam moet jy Google, ek spel te sleg om prontuit te probeer skryf. Die olie is laf duur, sowat R750.00 vir 10ml. 5 druppels onder die tong is genoeg.

So paar jaar gelede, net na dit aanvaar is dat daar n paar plante in die agterplaas mag wees, het oupa so strepie in sy tuin geplant. Die THC olie met n lekker sterk mampoer uitgewas en met Kokosneut olie vermeng. Die is uitstekend vir velprobleme.. of so mespuntjie vir lekker slaap. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/09/2023 - 11:03

Middag Johann

Is julle alreeds oppad Manyane toe, of maak julle nog reg vir die uittog.

Indien julle nog gaan, maak maar reg vir WARM weer. Skadu-dinge, sonbrandolie en swemklere. Ons brul van die hitte in Brits en Rustenburg omgewing.

Lekker kamp

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 30/09/2023 - 15:06

Middag Wessel, ons ry Maandag oggend so om en by 08:00, en alles is gereed, net die padkos maak en koeldranke more gaan kry. (Ek meet afstand mos in hoeveelheid botteltjiees Coke, nie tyd of afstand nie😂)

Penta is gewas, gepak en gereed om môre uit gehaal en om gedraai te word.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus