Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Sjoe November 2026 Johann L -3 minutes ago
Sjoe November 2026 Geert -7 minutes ago
Nee wat, ... November 2026 Chris Boucher -29 minutes ago
ChrisB Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
misverstand!!! Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -11 hours ago

Skokkend

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike
Submitted by Slowstrike on
Forums

So lees ek vanoggend `n Maroela media berig oor misdaad in die polisie of eerder van misdadige polisiemanne.

Byna 5500 in hegtenis geneem seder 2019-20. Darm was daar net 383 ernstige misdade waarvoor lede in hegtenis geneem is (Dis nu ook maar net die wat gevang is)

84 Vir moord

109 Vir roof

79 Vir verkragting

29 Vir veediefstal

4 Vir transito rooftogte

78 Vir ontvoering

En dan die troosprys volgens die agbare minister geen polisieman was in hegtenis geneem vir betrokkenheid by plaasmoorde nie. Weereens dit beteken nie dat hulle betrokke was nie hulle is net nie gevang nie.

Vroeër jare sou jy jou kinners leer om hulp te vra van die polisie maar nou???? ek weet nie

Jammer om dit te sê maar die land is in sy moer !!!!

Ek voel so want dit vat aan my lyf want gister middag is by my ingebreek my 14 jaar oue Jack russel doodgeslaan met `n graaf en garage oopgebreuk vir fokkol want niks is gesteel nie..

Alarms kameras elekriese heinings reaksie alarm maatskappy niks help meer nie. Ek wil nie eers na die beeldmateriaal van die kameras kyk nie. Ek is moerig verby !!!!

 

Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Fri, 29/09/2023 - 11:07

Kan die Roboguard strale geïntegreer word met mens se bestaande stelsel

Ja dit kan en dit is ook wireless. Dit is wel duur maar blykbaar die beste.

Ek het ook een van die "Commander"op my Paradox stelsel wat jou toegang gee na jou stelsel via Wi-Fi en `n app op jou selfoon. 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 29/09/2023 - 13:56

Voor die werkloosheid in ons land nie drasties aangespreek word nie, sal misdaad nie onder beheer gebring kan word nie  -  in my leeftyd gaan ek dit ongelukkig nie beleef nie.

Hierdie is die wortel van die kwaad huidiglik. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus