Môre vriende
Ons finale toerprogram en datums is as volg;
Aldam oorslaap--------5 Mei
Mokala NP--------------6 tot 11 Mei
Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei
Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei
Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei
Aldam oorslaap----------27 Mei
Tuis------------------------28 Mei
Môre Wessel. Jy is 100% in…
Môre Wessel. Jy is 100% in die kol. Tot op daai stadium is die Defender nog nie van naby beloer nie. Eerstens omdat ek nie kennisse in die kaliber van voertuigeienaarskap het nie, en tweedens my voorkoms skrik mense af. Hulle verwag van my om iets te steel, en dus vermy ek liewers die verleentheid om geweier te word met ń onskuldige "mag ek loer", versoek.
Nou die dag skryf ń joernalis dat ons moet maar ophou om vasklou aan die ou Defender beeld. Een van die dae is daar net so min op die pad soos Volkswagen kewertjies, en daar was baie. Point taken.
Mahindra Karoo. Ek is dood ernstig. Al heel paar vergelykende toetse gekyk tussen Mahindra dubbel kajuit en die HiLux. en Cruiser, wat die Ausies gedoen het. Die slotsom was dat die verskil in prys, en dan wat die Toyotas meer bied, nie die baie duurder prys regverdig nie.
Vir my is die kaping en diefstals faktor amper heel bo aan die lys vir die wat hier in SA woon as kriteria.
hoor van mense wat nie van…
hoor van mense wat nie van Joeys se boerewors hou nie.
Len, dit is nie dat ek NIE van die wors hou nie. Dit smaak net anders waaraan ek/ons gewoond is. Sal dit seker maar moet gewoond raak. Ek het wel ook die dun worsie gekoop.
Diefstal van bakkies
Gister en dag tevore in Graaff Reinet sukkel ek oral om stuurslot aan te sit, waar ons stop. Seg die man by 1 museum===kom sluit hom sommer met ketting hier vas aan die outydse perde-paaltjies op die sypaadjie. Kan jy jou indink, hele straat met sulke paaltjies, met ketting, bring net eie slot
Ek dink dis vinniger om mamba aan stuur te knoop, as om daai slotte aan te sit.
Ek kyk na die Karoolammetjie en wag om nuwe Triton te kan bekyk.
Sal die dik Joey's .....
....dan anders smaak? Ek is seker die wat ek ge-eet het is die dunne, behalwe as Transvaal dun en Kaap dun verskil![]()
Lekker gelag
my voorkoms skrik mense af. Hulle verwag van my om iets te steel
Mahindra. Hier is twee Mahindra eienaars op die forum sover ek weet en hulle is albei tevrede. Kry mens regtig nog swak voertuie? Deesdae word die goed so oor en weer in mekaar se fabrieke gebou om kostes te bespaar dat ‘n Volksie eintlik ‘n Fordjie is en baie (almal?) van die kleiner Toyota motors word in elk geval in Indië gebou. Suzuki ook. So as mense nie hulle neuse daarvoor optrek nie, waarom dan vir Mahindra?
Smaak verskil
Smaak op boerewors verskil. Hier in Pretoria gaan die mense mal oor Groenkloof slaghuis se wors....vir my proe dit gewoon, maar die wors het nie aantreklikhede kleur vir my nie. Woolworths sin ook nie veel om oor huistoe te skryf nie....miskien populer omdat jy dit op skuld kan koop
Ek hou van wors waar coriander proebaar is
Camdeboo laaste dag
So kom ons kuier hier ten einde, moet nou begin afbreek en Grompie volstop, of styfstop. dis nog 31 c , daarom sit ek gou paar fotos op. Help maar reg, maar ek dink dis swart wildebeeste en blesbokke???
Leer maar moeilik, sien op borde dat Camdeboo twee "O" het.
Daar is baie min suiwer…
Daar is baie min suiwer Bontebokke in die land. Die Bontebok Park het so klompie. Daar sien mens duidelik die bles, en ook opmerklik is om die agterstewe ń groot wit area en die pens ook wit.
My Blesbokke het baie van die wit merke, maar die bles is in twee. Basters. Die op Wessel se foto het nie die wit pens en boude nie, so ek glo hulle is dus ook baster.
Wessel, jy moet mooi pak en lekker ry. Dit blyk of hier ń nattigheid kom van Vrydag af. Hoop dit hou by julle verby.
Ons maat Wessel, het…
Ons maat Wessel, het vanmiddag laat weet dat hulle die Bergkwagga N Park baie geniet!!! Sonder sein daar. So ons sal moet wag vir sy verslag.
Bergkwagga
Môre maters, vanoggend bietjie sein, so 2 kortes en ' n lange. Diewildtuin is lekker. Baie wild, troppe, die grondpaaieis heerlik rybaar in die park. Omtrent al die paaie is vir 4x2 voertuie, platkarre ingesluit.
Grondpad van teerpad na ontvangs is goeie grondpad, hier is beelwat padwaens, heelhuids hier binne. natuurskoon is ongelooflik, nog mooier as KarooNp, ek kan nie glo mens klim met teerpad tot 1900m en dan is dit plato vir etlike kilometers waar wild loop nie. vyf katjies in pad gekry
Staanplekke wissel van geplavei en groot, tot plavei opmekaar, tot baie skuins klein op rooigrond.
Mens kan nie die natuurskoon op kamers vasvang nie
Ablusie kombuis en waskamer is splinternuut
Dankie Wessel
Dit lyk pragtig - ons was 'n paar jaar gelede laas daar en dit lyk vir my dis weer tyd om daar uit te kom.
Bergkwagga dag2
Sit ek nou met 'n vol maag ontbyt en niksdoen. Ek plaas sommer nog fotos van kampterrein sodat julle ook die prentjie het. Soos genoem is paaie in wildtuin baie goed, en breed genoeg sodat voertuie oral maklik by mekaar kan vergaan.
Foto van MANS ablusie, nou dink net hoe netjies is dames se kant.
Soos genoem party staanplekke is erg vrot en skuins. hier word ook, volgens grootte onderskei tuseen woonwa en tent-staanplekke. Ons het onbewustelik op woonwa plek gaan staan, want dit is langs ablusie en het heeldag koelte
Bergkwagga dag 3
Behalwe die normale swart wildebeeste, by die honderde, darem klein wild ook gesien. Ek vermoed die park wentel/fokus op die wildebeeste, kwaggas en blesbokke[?]. Ons het 1 renoster gesien, maar nog nie buffels nie.
Dis met groot dronkverdriet dat ek die park bo KarooNP inskuif. Seker omdat die meeste paaie begaanbaar is met 4x2, die troppe wild en netjiese ablusies. Dis net die storthokkies wat vir dwergies ingerig is.
Let op die streeppatroon van die kwaggas.





Herman .....
Moenie bekommer, vry vertaal is daar 'n engelse gesegde "menige waarhede is grapperende gesê"
Jy is redelik in die kol met boswa en permanente bed en toilet, stort. Karoo lammetjie nie sommer nie, jy het mos gesien hoe styf prop ek Grompie se laaibak, en dan pak Marie nog die agtersitplek ook.
Jy was die ou wat daat daai nuwe Defender met reguit 6, 3liter gaan staan en nat kwyl het, terwyl die broekdra tante in die pad wil kom