Môre vriende
Ons finale toerprogram en datums is as volg;
Aldam oorslaap--------5 Mei
Mokala NP--------------6 tot 11 Mei
Karoo NP---------------11 Mei tot 16 Mei
Camdeboo NP----------16 Mei tot 22 Mei
Bergkwagga NP---------22 Mei tot 27 Mei
Aldam oorslaap----------27 Mei
Tuis------------------------28 Mei
Min dae kwadraat
Jip, al 3 hoedjies is gewas, maar nie gestryk nie.![]()
Wa staan voor die huis, net reg vir pak, MAAR dit is nou 32C buite. Ek gaan eers skuins lê op koue teelvloer, met waaiers ensovoorts.
Die vaste en vloeibare spyse kan later onder agterste bed, in die grotte, gepak word. Wa se koel/yskas sal Saterdag aangeskakel word, en volgelaai word. Gelukkig kan ek Grompie in garage, uit die son uit, pak.
Dis lekker in die bosveld
Ek beny julle die 32°, maar ek moet sê ons het aangename weer gehad in April, afgesien van die vreeslike afsny-laag toe die goed so van die brug af gewaai het.
Julle het darem nog twee volle dae om alles reg te kry, en aangesien julle afgetree is, is dit werklik volle dae. Geniet die voorbereidings.
Pakkery en jukskeie....
.... is gelaai. Grompie is gelaai, kort net die groot goed soos beursie, biltong, water en die woefie met 15 tande. Woefie se troetelnaam is Beretta.![]()
Spesiaal om saam met Herman te kuier, drie jukskeie versigtig in koerantpapier en swartsakke toegedraai. Hulle name gemerk, tewete, KWV Cabernet, Muratie Pinot Noir en 'n Hermanus Pinot Noir. Om saam met neef weer te kuier is groot gebeurtenis, en mens het paar swaargewig jukskeie nodig vir die geleentheid.![]()
Kavango se wieltjies sal bietjie stywer gepomp word, want ek bring maar so paar ekstra 440ml Windhoeke saam, want ek weet dit pas nie in Jurgie se selfvoerder nie. ![]()
So breek julle beurt ook aan
Ek dink hierdie gaan ook 'n baie interessante toer afgee - lekker plekke en dan nog 'n grooot kuier op die koop toe. Net nie seker of die parke troeteldier-vriendelik is nie...![]()
Chris sal ook trots wees op jou (dalk 'n bietjie jaloers) met jukskeie so uit die boonste rakke!
Ry veilig, geniet die toer, en moet asb. nie suinig wees met terugvoering nie.
Wessel
Julle moet veilig ry en geniet die toer van beplanning (wat reeds verby is) tot terug by die huis.
Moet nou net nie te swaar raak op daai troeteldiere nie, dit het glo aaklige nagevolge. ![]()
Onthou jy moet fotos van die groot kuier laai anders is dit 'n droom wat vertel word, natuurlik ook baie fotos van vertrek tot terug, ek is mos 'n Thomas![]()
Veilig reis
Veilig sleep Wessel....hoop julle gaan jul trip ter deë geniet. Onthou jou kamera en airtime....ons wil saam toer ![]()
Julle moet elke dag geniet…
Julle moet elke dag geniet Wessel. Sien jou maandag oor ń week. Het die Leeuknaters en Karoo- goud in ń flessie spesiaal vir die geleentheid.
Geniet dit Wessel
Veilig ry en lekker kuier. Klink my daar lê iets groots voor saam met Neef - veral as daar met die Karoo-leeus se knaters gespeel gaan word.
Geniet dit!
Dis ‘n heerlike vooruitsig. Ry veilig en hou ons ingelig asb.
Mooi ry Wessel. As julle…
Mooi ry Wessel. As julle toer klaar is het ons ook nog net iets soos 3 weke voor ons groot water se kant toe sleep!
Wonder self wat het van…
Wonder self wat het van hulle geword. Wou hom nie pla met ń WhatsApp nie, dalk wil hy so rukkie wegkom van die stoepsitters.
Mokala
Naand vriende, eindelik sein om te gesels. Veilig gesleep tot hier.
Klip op voorruit gekry naby Kroonstad, gelukkigregs onder hoek. Kraak sommer dadelik geloop, mooi reghoek gemaak, en onder vasgeloop. Kraak kan nie verder nie.
Maandag gesleep tot in Mokala, wat 'n pragtige wildtuin en staanplek. Gelukkig nie gesteur aan GPS, en eie kop gevolg, om by Mosu ingang in te gaan. Grondpad, 25km, was geheel skaflik, kon so 80km/hr handhaaf.. Dan gronpaadjie van hoofhek tot by ontvangs, en verder tot by Motswedi, redelik rybaar, maar padwa sal baie stadig moet ry. Dit moes onlangs hier gereen het, plekplek is pad erg klippe en slote.
Al ses staanplekke is in half sirkel, wat uitkyk op 'n suiping. Almal het lekker koeltebome, MAAR genoeg son vir panele.
Lyk my sein gaan nie laai van fotos toelaat nie
Bly om te hoor ....
... van die Strydoms. Geniet daardie wonderlike park.
Lekker Wessel. As ek reg…
Lekker Wessel. As ek reg onthou het ons die grootste Elandbulle ooit in Mokala gesien. Reuse bulle !! Vergelyk maklik met die Livingstone's.
Klink goed
Net jammer van die klip. Gelukkig kan die ruit nie verder kraak nie. Geniet dit daar!





Oornag
Wessel....skop jou toer een dag vroeer af en staan oor by Joos Becker by oom Len