Ons stoor met tye die Mercedes Avalon motorhome by storage vir lang tye, daar is nie kragpunte nie. Moet ek net die 3 groot batterye almal ontkoppel. Ek moes nou 2 vervang, vrek duur. Dankie
As jou batterye volgelaai is…
As jou batterye volgelaai is en jy ontkoppel hulle, sal hulle goed bêre vir n geruime tyd. Die Avalon het seker n alarm en ander goedjies wat oor tyd die battery drein.
Of kry n 12v Solar panel met charge controller en sit dit op die dak. Sal jou batterye springlewendig hou.
Hou eerder vol
Aangesien daar nie 220V is nie sou ek Oom Neef se tweede voorstel gebruik. Julle sal natuurlik toestemming moet kry om die sonpaneel vas te maak aan die gebou, en moet seker wees dit gaan nie voete kry nie.
Batterye hou nie daarvan om af te loop en so gelaat te word vir lank nie. Hulle het wel ‘n beperkte aantal siklusse, maar ‘n siklus is as hulle diep ontlaai word en weer gelaai word. Deur gekoppel te bly aan die regte laaier sal hulle nie diep ontlaai nie en gesond bly.
Die Snomaster in my Kavango bly altyd aan en werk op 12V van die wa se batterye af. Die wa bly ingeprop by 220V tussen toere (wat aan bly tydens beurtkrag). Sodoende bly die batterye by ‘n gesonde spanning en staan die yskas se kompressor nie stil nie. Dis blykbaar nie gesond vir die kompressor om vir lang tye stil te staan nie.
Sonpanele
Middag Chris S
Ek het juis vanoggend my 320 watt panele uitgepak en gekoppel. Kavango se batterye het 13 Sept laas kans gehad om te laai by Aldam, en daar was boonop beurtkrag.
Dis darem lekker om te sien hoe die stroom uit die panele opskiet na ongeveer 16Amp in Brits se somer volson. O ja, dit was omtrent om 08h15. Nounet gaan loer om seker ter maak alles werk korrek, batterye reeds vol gelaai tot net bo 14V, en stroommeter wys hoe die stroom wat na batterye vloei nou periodiek omtrent afgeskakel word. Dalk moet ek die oortollige 14amp aan die bure verkoop.
Dalk moet Jeanne ook los panele aanskaf. Dan net so elke 6 weke gaan en dit in die son uitpak en die batterye kans gee om te laai. Miskien is goedkoper opsie om dit uit te haal en by sy huis op 'n laaier te hou.
Beter voorstel....
....indien moontlik installeer die sonpanele bo-op die motorhome se dak. Dan moet jy net so elke 6 weke die voertuig by stoorplek vir 'n dag in die son laat staan.
Ek hoop die voertuig is reeds toegerus met die nodige laaiers en beheerpanele om sonpanele te akkommodeer. Boonop moet die garage deur hoog genoeg oplig om dit te kan doen.
Watter tipe batterye is dit?…
Watter tipe batterye is dit? AGM's hou daarvan, en kan as hulle vol is baie lank gestoor word. LiPo's hou weer daarvan om teen 50% gelaai te wees voor hulle lank gestoor word.
Geheue effek
Môre Anton
Ek dog dan dat die Lithium batterye juis geneig is om 'n geheue effek op te bou.
50% stoor lei nie dalk later na 'n verlaagde maksimum kapasiteit nie??
Wessel al wat ek weet is dat…
Wessel al wat ek weet is dat die LiPo's wat ek het ingeboude beheerders het wat self ontlaai as hulle nie gebruik word nie - omtrent so 5% per week tot by 55% en dan kan hulle lank lê. Dit is juis so ontwerp om die batterye te beskerm indien hulle vol gestoor word, en dan te verhoed wanneer jy na 'n jaar wil gebruik hulle nie skade gekry het nie...
Wat ek gekees het is dat die…
Wat ek gekees het is dat die Lithium batterye onder stress verkeer as dit vol gelaai gestoor word. Dit word aanbeveel om 50% te laai, en dan te shelf. Ek het dit spesifiek gaan opsoek omrede my sisteem net bystand is huidiglik, en so staan kan die battery lank vol as dit nie gebruik word nie.
Ook gaan lees
Môre vriende
Ek het ook gaan lees gister, en sowaar die Lithium batterye wil teen ongeveer 50% kapasiteit gestoor word.
Wys jou net hoe verskil die tipe batterye se gedrag en behoeftes van mekaar.
Lithium stoor
More almal.
As jy n' nuwe Lithium Ion Phosphate battery koop is hy altyd tussen 50% en 70% gelaai. Hy is nooit 100% nie. 50-70% gee die beste rak lewe vir LiFePo4.
Die handleiding se ook dat jy die battey moet vol laai voordat jy dit gebruik. Dit het ook kenelik te doen met die laaste gedeelte van die vervaardigings gemiese prosess?
Jy kan nou n' 108Ah LiFePo4 by blue Nova koop vir R4746 exc VAT.





Batterye lank stoor
Middag Jeanne
Jy het 'n probleem wat dit aanbetref.
Is daardie 3 batterye almal saam in parralel gekoppel. Indien wel behoort jy eintlik al 3 saam te vervang.
Dit gaan help om al die batterye te ontkoppel, maar mettertyd gaan dit tog afloop. Veral as ene swakker is as die 2 nuwes. Jy kan dit net sowel die 3 totaal uithaal, en by jou huis om die beurt periodiek volgelaai hou met 'n laaier.
Batterye wil eintlik heeltyd propvol wees, dan hou hulle.