Ek het vroeg in Januarie, toe besprekings oopmaak vir Desember, Sanparks gebel om see front staanplek te kry by Stormsrivier. Ek was gelukkig om met n agent te gesels 3 minute nadat skakelbord aangeskakrl is. Toe ek navraag doen oor seefront staanplekke, word genoem dat alles reeds geneem is. Ek dink toe al by myself dat dinge baaaaaaie vinnig moes gebeur het om alles in minder as 3 minute uit te verkoop. Met navraag toe by Ebb en flow....dieselfde. Ek het toe intussen n agterry staanplek bespreek by Stormsrivier. Nou sien ek op facebook n privaat maatskappy wat adverteer dat hy nog klomp staanplekke by Stormsrivier en Ebb en flow beskikbaar het oor die Kersfees en nuwe jaar tydperk....hulle is nie eers Sanparks gekoppel nie.
Sou dit wees dat hierdie maatskappy alle staanplekke uitgekoop het en dan privaat aan publiek herverkoop? Is dit toelaatbaar van Sanparks sou dit die geval wees?
Middelman dilemma
Ek stem saam met Chris S.
Dit wil nou voorkom of die middelman 'n klomp staanplekke seker teen Sanparke tearief bekom het, en kry dit nou verkoop aan publiek nie.
Ek wonder of middelman se tarief meer is as die gewone Sanparke tarief.
Blykbaar gebeur sulke besprekings ook in Kruger wildtuin.
Dalk gaan jy beter af wees met 'n "nie seefront" staanplek by Stormsrivier.





Rapporteer dit
Ek sou dit aan SANPARKE rapporteer.