Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -3 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -4 hours ago
Rona November 2026 Johann L -4 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -15 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -15 hours ago

Gesin uitmekaar geskeur

Secunda
Profile picture for user Sleep nou
Submitted by Sleep nou on
Forums

So hoor Berdien vanoggend by werk kollega van haar en die se vrou gestry met mekaar sy is  oorlede,hy weg gery en in myn skag afgespring nou is drie kleuters nog in laerskool wees dit is so so onnodig waar gaan ons wereld heencrying

Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 13:10

....verder as hulle eie onmiddellike probleem nie. Wie gaan nou vir daai 3 kinders sorg, hulle het nie gevra om in die bose wereld in te kom nie.

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/11/2023 - 18:37

Dit is bitter hartseer. Maar as jy nog nie in die ander man se skoene gestap het nie, kan jy hom nie veroordeel nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 19:33

Herman, jy is seker [beslis] korrek, ons mag nie oordeel nie, nog minder veroordeel. Ongelukkig mag ons ook nie mense vermoor nie, ons eie lewe neem nie, en sekerlik in die proses nie kinders te na kom nie.

My simpatie is met die familie en veral die 3 kinders  wat nou wees is. Hopenlik is daar 'n familie, oupas en oumas wat na hulle kan omsien.  

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 22:09

‘n Goeie vriend van my het amper ses weke gelede selfmoord gepleeg. Ek is nie kwaad vir hom nie. Al het hy ‘n tweeling van 3,5 jaar oud agter gelaat. En baie ander mense wat vir hom lief was. Maar ons het nie sy seer geken nie. En dit was die enigste uitkoms vir hom. 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 06:37

Môre Chris

Bedoel jy amper 6 weke gelede, of amper selfmoord gepleeg??

Ek lei af die laasgenoemde. Dit is so hartseer dat mens nie die tekens betyds raaksien nie, en ook dat so 'n persoon nie skree vir hulp nie. 

Dis deesdae so maklik dat weens baie faktore, dinge net ondraaglik te veel raak vir mense. My simpatie lê by die agtergeblewe naasbestaandes wat dalk finansieel nou in 'n moerse gemors is, afgesien van die sielkundige knou. 

0

Dit is baie hardseer as mens die goed hoor. Wat nog meer hardseer is dat iemand op 'n plek kom waar hy/sy voel daar is geen hoop of vooruitsig nie, Gods verlaate. Ek glo dit moet 'n baie donker en alleen plek wees en ek kan net hoop dat ek of die naby aan my nooit op so plek kom nie.

Vir die wat so malik oordeel, hoop en bid dit gebeur nie met jou geliefdes nie.

Groetnis

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 22/11/2023 - 08:15

Ek het ook hierdie jaar 'n baie goeie vriend verloor nadat hy selfmoord gepleeg het.   Sy naastes het dit weggesteek en het 'n ander storie vertel, maar iemand het gevoel dat ek die reg het om te weet wat werklik gebeur het en ek is dankbaar daarvoor, alhoewel dit 'n skok was en ek met baie vrae rondgeloop het, verstaan ek nou dat daar BAIE mense, veral mans is wat worstel met baie dinge waar selfmoord die enigste uitweg vir hulle is.   

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/11/2023 - 08:16

Dit was gister amper ses weke gelede. Vandag is dit ses weke gelede wat hy weg is. Nadat dit gebeur het, het ek moed bymekaar geskraap om te gaan praat met iemand wat ek ken, maar nie mee bevriend is nie, en voorheen vir my genoem het dat hy al selfmoord oorweeg het. Ek vertel hom toe wat met my vriend gebeur het, en dat ek dink dit dalk voorkom kon word.
 

Toe vra ek hom hoe dit gaan met sy geestesgesondheid, en gesels verder oor die moontlikheid om mediese hulp te kry. Hy het dit gelukkig ervaar as omgee (wat dit is) en nie inmenging nie. Hy het ook onderneem om anti-depressante te probeer, en te kyk of dit help. 
 

Die afsterwe van my vriend, en al die hartseer wat daarmee saamgaan, het my laat besef dat ons meer moet omgee oor mekaar se geestesgesondheid. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 22/11/2023 - 08:36

My suster se jongste seun het seker so 8 jaar terug ook selfmoord gepleeg. Sy 2 jong kindertjies (7 en 4 destyds ) ook agtergelaat. Dit was baie tragies maar niemand het ook sy hartseer raakgesien. Dit was so 3 dae nadat sy vrou vir hom gesê het dat sy hom vir iemand anders verlaat. Hy kon dit net nie hanteer nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/11/2023 - 08:36

Die kennis waarmee ek gaan praat het sê vir my dat selfmoord iets is wat lank vooruit beplan word. Dis gewoonlik nie ‘n impulsiewe daad nie. Soos hy dit stel, is dit vir die persoon wat selfmoord pleeg die enigste manier om van die pyn ontslae te raak. In sy geval het sy rasionele denke nog elke keer oorheers, omdat niemand wat hy sal agterlaat kan bekostig (soos hy dit stel) dat hy selfmoord pleeg nie. 
 

Selfmoord is dus waarskynlik nie so lafaardige daad nie. Dit is vir die persoon werklik die enigste uitkoms uit hulle situasie en die seer waarmee hulle sit. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 22/11/2023 - 08:52

My denke is dat selfmoord nie 'n lafhaard se uitweg is nie - dit vat baie moed om so iets te doen dink ek. My probleem is dat so 'n persoon net aan hom / haar self dink.

Af gesien van my geloofs oortuigings, is daar regtig niks wat vir daai persoon gedoen kan word nie?

Moord is onaanvaarbar, maar selfmoord?

Ja dalk oordeel ek maklik volgens sommige, miskien is dit so, maar selfmoord kan mos nie voor vergifnis gevra word nie (hoe vra jy om vergifnis vir iets wat jy doelbewus gaan doen?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 08:56

...veral mans om nie met iemand oor probleme te praat nie. 

Deesdae is dit nie 'n skande om te gaan hulp soek by 'n predikant, sielkundige, pastorale berader nie. 

Dis tyd dat ons manne klaarmaak met die ouwyfse stories waarmee ons groot geword het, wat sê mans bespreek nie hulle probleme en gevoelens nie. 

Preek die ou nou wat ook maar dinge opkrop en soms wegsteek, en worry oor "wat sal die mense sê" sindroom.  

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 22/11/2023 - 09:14

Net meer as ń jaar gelede het my swaer selfmoord gepleeg. Die kanker het hom bittere pyn besorg, al was hy op morfien.  Ou plaasboer, vir my suster gesê hy het nooit n dier van hom laat ly nie...

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 10:16

... nou laat ek met 'n eie groot worsteling/vraag kom, en ek weet dit gaan erger debat ontlok as die verdomde All Black- Sprinbok saga.

Aangesien ons nou die sensitiewe onderwerp bespreek, wonder ek al geruime tyd oor die term "genade dood". Daar was al heelwat in die pers oor hofsake teen dokters berig,  wat gehelp het met die toepassing daarvan, en verskillende lande het uiteenlopende sienings hieromtrent.

Wanneer is dit geregverdig om jouself uit erge pyn/lyding te verlos? Doen mens dalk jou naaste, man, vrou kinders wat jou lyding moet meeleef, 'n guns dalk??

Weet julle wat is die ergste? Elke persoon wat selfdood oorweeg, beskou sy situasie as net so geregverdig as die persoon op sy kanker lydingsbed, as voorbeeld. Dit is mos maar die groot K wat iedere een op sy kniege kan/gaan bring. Tog is daar in sommige gevalle wel genesing.

Dis sulke worstelinge met vooropgestelde eie denkwyses wat my sommer na rooiwyn dryf. Grappies op 'n stokkie, laat ons bedag wees op die tekens, en waar nodig mekaar dra en gaan inmeng, soos Chris S. Dit vat 'n man om van die onkant af, betrokke te raak. 

Let wel, hierdie inset is nie ten doel om enige persoon te oordeel nie, ek deel maar net 'n siening. Julle is welkom om hierop te reageer, ek lees graag saam  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 22/11/2023 - 11:06

My oorle moeder het ‘n lewende testament opgestel. Ingevolge daarvan was niemand toegelaat om haar aan  masjiene te koppel om haar aan die lewe te hou nie. Ek en sy het vroeër saam bygestaan toe die masjiene wat haar ouer suster aan die lewe gehou het terwyl sy al in ‘n koma was afgeskakel is. 
 

Toe dit blyk dat chemo nie ‘n werkbare opsie vir my ma gaan wees nie, is sy so gerieflik en pynloos moontlik gehou tuis tot sy weg is. Daar kom tog ‘n tyd wat mens nie meer ‘n gehalte lewe kan geniet nie. Maak dit dan sin om iemand aan die lewe te hou? Dalk is dit hoe iemand wat besluit om selfmoord te pleeg ook voel…

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 22/11/2023 - 11:13

Ek nou mooi deur almal se komentaar gelees en ek wonder hoekom sulkke mense wat in so donker put is nie uitreik na hulp nie dit besluite los baie vra vir die wat agter is en ook hartseer mag dit my ook nooit oorkom nie of geliefdes , vriende na aan my 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 22/11/2023 - 11:53

Bejaarde vriend.........................................van my het paar jaar gelede homself geskiet op 85 jarige ouderdom.

Sy liggaam het begin ingee en na vele hart omleiding en knie operasies was hy afhanklik van ander mense om hom rond te ry. 

Trotse ou afgetrede boer wat dit baie swaar gevat het want sy verstand was nog baie helder. Baie goeie sin vir humor gehad en op die oog af gelukkig. Tog dae gehad wanneer ons saam rugby op TV gekyk het dat ek die "sad" gesig gesien het van nie meer regtig kon menswaardig lewe nie. 

In hierdie geval het hy sy mense finansieël baie goed agter gelaat.

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 22/11/2023 - 12:06

Ek wil nie godsdienstige debat begin nie, maar ons moet leer om ons probleme na Hom te neem....Hy is in beheer en Hy het n doel met elkeen van ons lewe. Of dit nou goed of sleg gaan, ons moet Hom as Meester van alles stel. Ons verstaan nie altyd Sy planne nie, maar eendag sal ons weet dat dit ten goede was. 

0

My 5 cent op Sleep nou se vraag. As jy op daardie punt kom voel jy daar is niemand wat jou kan help nie. Die wat tradisioneel kon help, soos die dominee het nie raad nie want hy homself weet nie of was nog nie daardeur nie. So persoon voel hy kan nie met sy famielie  en/of vriende praat nie want die wat hom nie oordeel nie sal teleurgested wees. Onthou, "Cowboys don’t cry" is hoe die meeste afrikaner mans groot gemaak is, en om vir hulp te vra is om te erken jy het nie die antwoorde nie of jy is swak.

Daardie persoon is nie 'n lafaard nie, hy weet nie meer nie en die las is net te groot, hy verloor sy gelooof en voel godsverlate.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus