Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... November 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -13 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -14 hours ago

Kaapse draai - Geert

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

Oppad

Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/12/2023 - 05:48

Dis die foto wat ek geneem het daar toe hy net regs van foto uit bosse gekom het

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 06:06

...ek sou so sleg gevoel het as julle iets oorgekom het, want ek het jou van die brug uitsig vertel.

Gelukkig het die rampokker geskrik vir julle bluf. Het jy die insident by polisie aangemeld? Sal seker maar ook nie veel beteken nie.

Ek was September bo by die dam se stilhouplekke effe bekommerd, met enkele veiligheidswag wat daar gedrentel het. 

Einde goed, alles goed!!! Voorspoedige Kersfees vir julle, en geniet maar 'n paar volkseie skuimkoppe. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/12/2023 - 07:29

Weet iemand wat hierdie karavaan park se naam is? Hy is baie naby aan Vanderkloof dam se damwal

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 10:26

....ek dink dis Van der Kloof, maar jy sal moet gaan bevestig in Van der kloof dorpie, of by Orania inligtingskantoor. 

Ek is van mening dat Van der kloof dorp mooier op die oog is, as Orania. Part huise behoort lieflike uitsig oor die dam te he. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 25/12/2023 - 12:35

Geert, volgens soektog op Caravan Parks kry ek net 2 plekke by Van der Kloofdam, ene is Sandgat waar ons gestaan het, en dan Rolfontein.

Laasgenoemde toon geen gradering nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 26/12/2023 - 15:52

Middag Geert

As ek reg onthou is nr 3 daar in die doodloop hoek, agter/langs die kombuis. Dit is sekerlik die netjieste toegeruste kombuis wat ek nog ervaar het.

Is die woonwapark vol, en hoe lank gaan julle daar vertoef. Indien jy 'n 4x4 Hilux het, het jy lekker baie paaie om te verken. Klipspringer is 'n moet!!!

Ek hoop julle het by Kambro padstal aangedoen. Lekker eetplek en konfyte beskikbaar.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 26/12/2023 - 21:00

As ek reg onthou is nr 3 daar in die doodloop hoek, agter/langs die kombuis. Dit is sekerlik die netjieste toegeruste kombuis wat ek nog ervaar he

Ja Wessel....dis agter by kombuis. Heel regs agter. Stem saam, wat n netjies versorgde kombuis. Puik plek

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 26/12/2023 - 21:09

Is die woonwapark vol, en hoe lank gaan julle daar vertoef. Indien jy 'n 4x4 Hilux het, het jy lekker baie paaie om te verken. Klipspringer is 

Ja, Wessel, lyk of dit vol is, alhoewel dit lyk of baie net gaan oornag . Ons is ongelukkig net vir 3 aande hier. Ek dink as ek geweet het dis so nice, sou ek langer wou bly. Sal onthou van Klipspringer

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 26/12/2023 - 21:11

Ek hoop julle het by Kambro padstal aangedoen. Lekker eetplek en kon

Is dit die een 20km voor Britstown?

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 05:55

.... is 'n juweel. Jy moet oplet in die forum, ek, Len, Herman en Chris Boucher om paar te noem, het mos tot vervelens geskryf hoe lekker die plek is. 

Vind uit, as ek reg onthou is daar 'n gawe swembad by Doornhoek piekniekplek ook. Die ander ene is by die chalets.

Kambro is die ene so 20km voor Britstown, vanaf die Noorde kant.

Daar is mooi stilhouplekke in Meiringspoort ook, maar vertrou jou aanvoeling vir veiligheid. Ek het by die grootte sommer langs die pad gestop, en nie ingery na die binne parkering nie. Bloot omdat ek by ander woonwa-mense gestop het, om ook iets te eet. 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 27/12/2023 - 06:14

Kambro is die ene so 20km voor Britstown, vanaf die Noorde kant.

Ek het Kambro gesien toe ons verby ry. Ek sê toe vir my vrou dit lyk na oulike stop plek. Mens moet maar by sulke plekke stop want die locals in die dorpe is vreeslik lastig sodra jy daar stop. Hulle val jou toe soos aasvoëls sodra jy daar stop....hulle bedel en vat nie sommer nee as n antwoord nie....voel onveilig as so 4 of 5 op jou toesak

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 09:42

...is lief om onder voertuie in koelte te kom lê. Kyk maar elke keer voordat julle ry vir die knewels. September het hulle juis heerlik gesmul aan die gras om die kombuis en by die ablusieblik.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 27/12/2023 - 15:23

Bergskilpaaie....

...is lief om onder voertuie in koelte te kom lê. Kyk maar elke keer voordat julle ry vir die knewels. September het hulle juis heerlik gesmul aan die gras om die kombuis en by die ablusieblik

Dankie vir waarskuwing

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 29/12/2023 - 08:42

Môre Geert, waarheen skuif julle vandag. Onthou ons tuisblyers ry saam en hou saam vakansie.

As julle deur Klaarstroom is, haal jy die voet van die pedaal af, en geniet Meiringspoort.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 29/12/2023 - 09:16

As julle deur Klaarstroom is, haal jy die voet van die pedaal af, en geniet Meiringspoort.

Geen foto of video kan die MOOI van daai gedeelte uitbeeld. Ek verwonder my telkemale aan die natuurskoon daar. 

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 29/12/2023 - 10:00

Ek sien gister videos op FB, Geert hulle is net betyds daar uit die Noord Kaap weg met al die reën wat daar geval het. Die paaie in Upington wêreld het verspoel, met nog erge reën wat vandag voorspel is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus